Wanneer God ons verlaat
Sermon • Submitted
0 ratings
· 65 viewsNotes
Transcript
Openingslied 195 Verlos (Giel)
openings Gebed. (Jaco)
Skriftuur (Jaco)
offergawe (Giel)
Hoofgebed (Giel)
Ettiene Marais. Verordening (Jaco)
lees 1 tim 3:1-7
praatjie
gebed
lied 235 - nader (Giel)
Preek (Jaco)
13 Geloftes (Jaco)
Doop - gehoor sing (Giel)
uitdeel van doopsertifikate (Jaco & Erika)
Gebed ( Jaco)
Instem van doopkandidate (Jaco)
Slotlied 212 - My lewenshoop het k gegrond. (Giel)
1 Timothy 3:1–7 (DIEBYBEL:A19331953)
1 DIT is ’n betroubare woord: as iemand na ’n opsienersamp verlang, begeer hy ’n voortreflike werk.
2 ’n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;
3 geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;
4 een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.
5 Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
6 Hy moet nie ’n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.
7 Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.
God het jou geroep tot die werk van die bediening, en die kerk het jou, deur die roeping te erken, opsy gesit deur handoplegging. Geen hoër amp het Jesus daar gestel, as om ‘n dienaar te wees vir jou medemens nie. Nederigheig is nie ‘n deugte wat hoog geag word in die samelewing nie, maar God vereis dit vir leiers
Moses was naas Jesus die grootste leier wat die aarde nog gehad het. En Moses was die nederigste man op die aarde. Mag jy nedirheid nastreef met alles in jou. Mag jy die kerk en sy mense bedien.
Gebed: Roep die ouderlinge en leraars na vore. Vra vir Heino om ook te bid.
Ek order jou tot ouderling en as dienaar, wat die Meester jou lewenslange Studie maak. Deur tyd saam met Jesus deur te bring, sal jy soos Hy word. want dit is deur te aanskou dat ons verander word. 'n Dissipel is nie bo sy leermeester nie, ook nie 'n dienskneg bo sy heer nie. Dit is genoeg vir 'n dissipel dat hy soos sy leermeester is, en 'n dienskneg soos sy heer word. Mag jy ‘n mede herder van die gemeente wees.
Ettienne Marais.
DIE BYBEL: Afrikaans 1933/1953-vertaling (Hoofstuk 54)
54 JUBEL, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.2Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.3Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.4Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.5Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
Die Belofte is vas.
Isaiah 43:1–3 (DIEBYBEL:A19331953)
1 MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
3 Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Wat gebeur wanner jy deur trane is. Wat gebeur wanneer jy in daardie rivier is. wat gebeur wanneer jy in die Vuur is.
Ettiene, Jc. Lourich, Simone. Julle gaan dae beleef wanneer julle bid en God is daar. Julle gaan nog nie eers gevra het nie en Hy gaan skenk. Julle gaan julle oe oopmaak en die antwoord het klaar gekom. Daar gaan tye wees wat jy getuig en Bybelstudies gee en die wysheid gaan na jou toe kom. Daar gaan tye kom wat jy kan koop wat jy wil, want die geld is daar. Jy gaan voel of jy die wereld besit. Jy het oorvloedig...
Jy het vriende, jy is die coolste, slimste, sterktste, vinnigste, mooiste, skerpste podlood, Jy is geliefd, jy is die meneer jy is die mevrou…
En dan skielik, in een dag is jy van alles tot niks vinniger as wat jou pa die skaal van 0 tot 100 kan druk.
Ek het al sulke golwe gery in my lewe.
Storie van Dale Goodson. The Stuck truck… Resources » Videos » The ‘Stuck Truck’ Story | Adventist Frontier Missions (afmonline.org) https://afmonline.org/resources/videos/the-stuck-truck-story
Hy en sy vrou was gevra om te gaan werk in Paponogweni.
So hier vertrek Dale en sy vrou na paponogweni. Hulle gaan nou sendelinge wees. heel opgewonde. Ons gaan vir God werk en Hy gaan ons paaie gelyk maak en ons gaan vir die mense in die vreemde land vertel dat Jesus is lief vir jou en het vir jou gesterf. Alles gaan goed gaan, want Hy sorg vir my en daar sal nooi iets verkeert gaan nie.
Jy lees die stories van Paulus wat skipbreek gely het, hy was gestenig, geslaan met stokke, honger gelei, in die tronk ‘n paar keer, siek, kout… Maar dit was lank terug en as so iets met my sou gebeur sal ek ook gelowig aan God vashou. Geen probleem.
Meeste disiepels van Jesus gaan nie deur vervolging nie, maar die vervolging is meestal hier in jou kop. Die groot stryd vind hier plaas...
So Dale hulle se sendingstasie was doer diep in ‘n reenwoud. Jy ry vir ure en ure om by die naaste dorp uit te kom waar jy kos, voorraad kan koop. So hulle gaan net so 4x ‘n jaar dorp toe. Werklik eenmaal in 3 maande. Dit vat so week om dorptoe te gaan. So een van die kere, besluit hy om sy seun saam te vat. Hy vat toe sy bakkie en hy ry toe so 50km, waar jy dan reel om met ‘n boot verder te ry. Die bootrit is so 9 tot 12 ure lank. Af met die rivier oor die osean en dan ry jy tot by ‘n strand van ‘n eiland en jy klim af op die strand en dan is daar trokke wat jou daar kom haal en jy staan agter op die trok verder aan tot by die hoofstad waar ons ons voorraad gaan koop. So toe kom ons by die strand aan.. Ons wag toe 2 dae vir die trokke om ons te kom haal. Daar was al baie mense wat wag. Die 9 tot 12 ure wat die storie gewoonlik neem om tot by die hoofstad te kom, verander toe na 39 ure. ons het 11 tyres gehad om te vervang. In die stad probeer jy om al die voorraad bymekaar te kry van baie winkels. Jy laai die klom sakke rys en kos.. honderde kg. Op die einde huur hy toe ‘n bakkie om hom terug te vat na ‘n ander punt toe waar jy die bote kan kry. Oppad na die ander punt toe was dit lock down. Daar was raids/optogte. Polisie het probleme gegee. Dit het baie begin reen. Die bood wat hulle toe kry was oorlaai. Die boot kon nie by die mond van die rivier inkom nie. Die aanboort moes van die bood afspring en kant toe swem. Ons het 60 sakke van 50 kg sakke rys en 20 kg sakke meel. Uiteindelik het Dale by sy bakkie uitgekom. Die agterkan was vol. Die agter sitplek was vol.
So 20 km gery toe sieze die wheel bering van die voorste regte wiel. Hy het te warm geword. So ons gooi toe water op die bearing en hy kom toe weer los. Ons ry toe so 18km terug na ‘n ander vriend. Laai alles oor na sy bakkie. Jy koop nie ‘n wheel bearing onder een van daai palm bome nie. So hier ry ons met die vriend se bakkie. Ons het 5x vasgesit. Elke keer moet jy alles aflaai en weer oplaai. op die einde loop ons toe 18km om by die huis te kom. Ons het deur die nag geloop. so 3am se kant. Voete is gedaan.
Jy slaap so paar ure.
Mense van die stat/dorpie waar hy bly is gevra om te kom help met die bakkie wat vassit. In die hele proses het ‘n panga, waarmee hy ‘n boom probeer afkap het, hom gesteek in sy been. Die ding het begin sweer. Vir 2 maande loop alles skeef. Alle hel bars los en niks loop reg nie. Amper te bang om op te staan in die oggend.
En toe kom ‘n ou daaraan en se daar gaan ‘n sendings kongres wees, die volgende Sondag.
Die Sabbat is on besig. Ry weer met die bakkie wat bly vassit. Hou kerk hier. doen ‘n diens. doen ‘n diens by volgende en nog ‘n volgnde plek. En in die tyd kry hy nog malaria ook. Nou is hy siek, hy het koors. Dis net miskiete oral en hy moet nou na die sendelinge byeenkoms gaan.
Hy was so moeg en swak en sy been was besig om te swel. Infeksie. Hy is moeg. En nog ‘n ouma van die stat/dorpie wil saam ry want sy wil wartlemoene in die dorp waar die vliegtuig hulle gaan kom haal gaan verkoop. Ja ok. Ouma is in die kar. Hy en sy vrou en kinders en die ouma se babba. en nog wartlemoene agterop. Daar gaan hulle dorp toe.
En ons ry nou af met die een berg en daar onder ‘n ‘n groot modder gat. Ek ken die modder gat. Hy het my naam op. Ek ken hom persoonlik. het al baie daar vasgesit. Hy bid toe. Here ek voel nie goed nie, ek is moeg , ek is siek. ek is swak. ASB hoor my gebed. Help my net deur die moddergat. U weet tog ek moet by die kongres wees. Die president van die sendelinge wil he ek moet daar wees. U weet waardeer is ek die laaste paar weke. ASb. U weet tog my been is opgeswel, besmet… gesweer, vol pyn. malaria in my bloed. Eks op my einde Here help. Met daardie gebed agter my, sit ek die bakkie in ‘n lekker hoe rat en gaan vol vertrou die modderbat tegemoed.
Wel. 5 sekondes later le die bakkie se magie plat op die modder en die wiele draai glod in die modder.. Nou is Dale totaal terleurgesteld. Toetaal flabegastelik. Hoekom help die Here nie? Hoekom, dis so maklik om net my ‘n hupstoot te gegee het.. Klim uit. wonder hoe gaan ek die bakkie uit die modder kry. Ok, loop na die bak toe. O jette in sy moegheid het hy vergeet om die graaf op die bak te sit. Ok dis nie ‘n probleem nie hy sal die byl gebruik. O nee ek het ook nie die Byl gevat nie. Ok die panga… Nee hy het dit ook vergeet. m Hy het alles vergeet. Ag nee. Hy voel soooo moedeloos. Hy voel heeltemal verwerp . Sy hele liggaam lyk sommer pateties… pateties van moedeloosheid. Weke van toetale sukkel, net om te leef. God het hom verwerp…
Die ouma kyk hom so, sien sy moedeloosheid, en haal so lang mes uit haar sak. Sy wou seker die wartlemoen met dit sny. en gee die mes vir hom.
Hy loop toe daar rond en soek ‘n plan. Hy het net ‘n mes en ‘n paar tons modder. en die bakkie. Hy sny toe so groot (15cm deusnee) boompie af. . Maak ‘n V op die punt. Druk dit onder die bakke in. nou probeer hy op die ander kant klim. Hy is te lig. Kry sy vrou op die ander punt… Sowaar not te lik. Toe die kinders by. Die ouma by die babba by. Uit eindelik.. shhhhhhhhlllllllk en die wiel lig uit die modder op. Harkloop na die bakkie toe om takkies en houd onder die wiel te sit… maar as hy afklim dan sak die trok. Uiteindelik, almal is op die ende van die boom… daar by die verste end… en die bakkie se een wiel is in die lig. Doen dit toe met al 4 wiele. Sjoe dis gedoen…
Nou bid hy weer so kort gebed. Sy deel is gedoen… En soos hy krag geee.. skryf al die hout pragtig kant toe en die wiele skuif tussen die paaltjies in en daar le die onderstel op houte pragtig en die die wiele spin in die lig…
Nou moet hy weer van voor af begin. ...... wel paar ure in die proses in… van stokke, modder, bome kap.. optel.. Begin hy net totaal onmenslik moedeloos voel. God het werklik Sy rug op my gedraai… Ek vra Hom vir hulp, maar niks. Ek was Sy sendeling, ek was siek, moeg, sepsitese been.. Hy was op die pad omdat die sendeling president dit gevra het. Ek het dit gedoen oor sy versoek. Ek het nie gevra om op die trip te wees nie. Ek was nie op vakansie nie, ek was op die Here se werk uit. Hy was besig met die Here se werk. Hy moes tog kon help. Hy was tog die Here se kind. Hoe draai Hy nou Sy rug op Dale? Hoekom help God nie. Hoekom verwerp Hy my? Wat is my sonde.. Wat het die skeiding gemaak. Hoekom?
In die hele groot stryd in sy kop, beging hy dink. Hoe werk die verhouding tussen God en die mens. Waar is die engele? Het hulle ‘n rol in die storie. hoekom help hulle nie? Gee God werklik om?
ABC Toe ontdou hy die ABC van gebed. ASK Believe in the promice Claim the promise. Op een of ander manier draai dit God se arm. Ja, God moet nou luister want kyk U het dit belowe, U moet dit doen.... Al wat hy nou nodig het is ‘n versie wat se dat as die sendeling se trok vassit sal God dit uistoot. Dit sal nou regtig fantasies wees… Maar hy kon nie so versie onthou nie… Al waaraan Hy kon dink is. Die wat op die Here wag kry nuwe krag. Hy dink toe, nee, hy wil nie krag he nie, Jesus moes net kom stoot het..
Hy dink toe wat doen ‘n sendeling. Hy se kom neem Jesus aan.. Hy is jou God en Hy sal daar wees vir jou. Jy sal nooit alleen wees nie, Hy sal saam met jou loop. So Dale wonder toe.. nou hoe lyk dit? Hy is nie hier nie.. Is dit werklik hoe dit is. Jy is in die nood en Jesus se nee? Hy preek dan as ‘n sendeling dat lewe gaan beter wees wanneer Jesus saam met my loop. Maar nou, loop alles skeef. En dit voel soos, ek is alleen..
Nee ek moet ophou jok vir mense. Ek kan nie so aanhou en jok nie. Ek moet net opgee. Ek moet huistoe gaan.
So hoe sal my lewe dan wees dink hy. Hy sal seker nie meer kerk toe gaan nie. Hy sal niks met die sendelings organisasie te doen wil he nie. Hy sal heeltyd begin tv kyk. Net wat hy wil kyk sal hy kyk. Hy sal begin rook… en drink… Sy huwelik sal sekerlik nie meer hou nie… Hy dink toe aan sy wonderlike lewe wat net sal uitmekaar val..
Dalk is daar meer in die Christelike lewe as net die probleem van vassit. Dalk is die Christelike lewe grooter as net die modder. Sy lewe was tog ‘n gelukkige lewe Hy het tog wonderlike kinders. Pragtige vrou.
Dalk is hierdie ‘n Job ding. Waar alles net skeef loop.
Dalk gaan daar ‘n oordeel eendag wees. En God gaan sy boek vat en kyk na die boek. En die engele gaan daar wees en se ja ek het die boek geskryf. Ek was daar. En die sonde en daardie sonde. Maar God sal wys ek het hom skoon skoon gewas. hy het vir alles vergifnus gevra en hy het gebid die een dag, hy het in modder vas gesit. En ek het hom nie gehelp nie, en hy het nogsteeds getrou gebly aan my. Dalk het God net getuie nodig vir die oordeel eendag?
Hy se ek weet nie, ek is nie God nie. Ek lewe net ‘n paar jaartjies. Ek het nie Sy wysheid. VAn ewige lewe nie. Ek weet nie wat die toekoms inhou nie. Ek het nie God se alwetenheid nie.
Toe kry ek meer perspektief. Hierdie was nie vervolging nie. My liggaam was nie besig om uit mekaar getrek te word of ek hang aan my tone nie. Hierdie is nie so sleg nie. Hierdie is net ‘n bakkie wat vassit.
Hierdie is net ‘n bakkie wat vassit. kom ons fokus nou en kry die ding net uit. As God bewyse soek vir die oordeel, dis ok. Ek het in elkgeval nie die kennis van die groter prentjie soos Hy nie. Kom ek vertou Hom net. En vertrou Hy sal help soos Hy goed dink. Hy weet tog die beste. Wie is ek om te stry.
Toe begin ek aan Jeremia dink. Hy het getrou God gevolg en God gedien. Tog het hy soooo hard gewerk en geen sukses gehad nie. Niemand wou vir hom luister nie. Hy het al die jare gepreek.. moenie op Egipte vertrou nie, maar nee hulle vertrou op Egipte. Saam het hy in balingskap gegaan. Saam het hy gesuffer. Al sy werk verniet. Sy hele lewe lank, niemand het bekeer nie. In sy lewe het hy geen vrug gesien van al sy harde werk nie. Sy vrug het eers gekom laaaank nadat hy dood was. Dale dink toe dis seker sy storie. Sy sukses sal kom laaaank na hy dood is.
Toe se hy jammer vir God en herbevestig sy lewe vir God. Hy gee alles weer oor aan Jesus.
Letterlik minute later was die bakkie uit die modder. Hy wonder, wat op die aarde het nounet gebeur. hier sit ek bo op die ander berg. uit die modder, weg van die miskiete. Hoe het dit gegbeur.. 5 ure gestoei in die modder en nou minute later is ek uit>>>>>??????? Wat het nou gebeur. Ek het net weer my lewe aan die Here weer gegee en toe gebeur dit alles.. Hoekom wat het nou gebeur????
Wel daar ry ons. ons kom by die dorpie aan. Ry na die leraar toe wat daar bly. Jammer ek het die vlug gemis. Net toe ek dit se, daar kom die vliegtuig aan. Tel ons op en daar vlieg ons na die Mission convention toe.
Die storie van dy been as daar tyd is
Vertel die res van die storie oor
Hou aan, hou uit, hou vas.
Isaiah 43:1–3 (DIEBYBEL:A19331953)
1 MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
3 Want Ek is die Here, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Partykeer loop jy deur die rivier op droe grond.
