Dra jou plakkies op die warm strand
Sermon • Submitted
0 ratings
· 3 viewsNotes
Transcript
Inleiding
Inleiding
Metafoor van ‘n strand:
Meeste dinge kan skade doen aan jou liggaam: sand, sout, blou blasies, die son
Tog kan al hierdie dinge ook geniet word
Watter voorsorgmaatreels moet jy tref sodat jy hierdie dinge kan geniet sonder om daardeur beskadig te word?
By die see is jy blootgestel, kwesbaar vir hierdie elemente wat skade doen aan jou en jy moet jouself daarteen beskerm
Ons word blootgestel aan dinge in die wereld wat sleg is - wat boos is, ongeregtig is, verkeerd is
Hoe kan ons ten spyte van hierdie blootstelling steeds die goeie dinge van hierdie wereld geniet?
Hoe kan ons seker maak dat ons nie slawe van die duisternis van hierdie wereld word nie, maar eerder dienaars van die lig wees dat ons nie besmet word deur die dinge waaraan ons blootgestel word nie?
Johannes 3:1-8 help ons met hierdie vraag (lees)
Nicodemus se koninkryk
Nicodemus se koninkryk
Nicodemus verteenwoordig die koninkryk van die wereld:
Johannes gebruik die ‘nag’ as ‘n metafoor om dit te verduidelik (Judas) - die koninkryk van die duisternis
Kenmerk van daardie wereld: status - wil nie gesien word in die publiek nie
Jesus se koninkryk
Jesus se koninkryk
Jesus verteenwoordig die koninkryk van die lig
Koninkryk van God in die O.T (Psalm 103:19)
Koninkryk van die nuwe wereld (Isa. 9:1-7; Zech. 9:9-10) (Isa. 42:1-9; 49:1-26)
Jesus kondig die koms van ‘n nuwe era - hoe kan ons deel he aan daardie era in daardie koninkryk leef? Wat is die sleutel vir hoe ons toegang daartoe kan kry (dit wat ons nodig het om ons blootstelling aan die koninkryk van die duisternis teen te beskerm)
Toegang tot Jesus se koninkryk
Toegang tot Jesus se koninkryk
Word gebore van bo:
Water en Gees in O.T terme (tekste)
Beweging is die kenmerk van die koninkryk van God (beweeg deur mense)
Slot
Slot
Albei werelde bestaan vandag…
Om gebore te word vereis om te sterf - kan nie die een he sonder om die ander te laat gaan nie
Nie eenmaal gebeur nie maar konstante keuse tussen 2 werelde waarvoor jy moet gee:
Jou denke
Jou woorde
Jou dade
Maar hoe Nicodemus?
Geboorte gebeur met jou, nie iets wat jy doen nie
Jy moet jou hart vir God gee sodat hy dit nuut kan maak
Jou ‘hart’ is jou alles - dit waarvanuit alles kom ALLES moet jy gee vir God.