DIE SALIGSPREKINGE VAN JESUS EN DIE VAN DIE DUIWEL
Notes
Transcript
DIE SALIGSPREKINGE VAN JESUS
DIE SALIGSPREKINGE VAN JESUS
2 en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:
3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
DIE SALIGSPREKINGE VAN DIE DUIWEL!
DIE SALIGSPREKINGE VAN DIE DUIWEL!
1. Salig is hulle wat te besig, te moeg en te verstrooid is om een uur met mede Christene te spandeer – hulle is my beste werkers.
2. Salig is daardie Christene wat wag om gevra te word en verwag om bedank te word – ek kan hulle gebruik.
3. Salig is die wat liggeraak is en wat staak om kerk toe te gaan – hulle is my sendelinge.
4. Salig is hulle wat net probleme veroorsaak – want hulle sal my kinders genoem word.
5. Salig is die wat altyd kla – want dit is musiek in my ore.
6. Salig is hulle wat ’n lys hou van die predikant se foute – want hulle kry niks uit sy boodskappe nie.
7. Salig is die kerk-lidmaat wat verwag om altyd na sy eie kerk genooi te word – want hulle is deel van die probleem en nie die oplossing nie.
8. Salig is die wat skinder – want hulle sal trots en verdeeldheid veroorsaak wat my plesier.
9. Salig is hulle wat gou aanstoot neem – want hulle sal gou kwaad word en tou opgooi en vertrek.
10. Salig is hulle wat nie hulle tiende offer gee vir die werk van die Here nie – want om van God te steel is om vir my te steel.
11. Salig is hulle wat getuig dat hulle God lief het maar hulle broer en suster haat – want hy sal by my wees vir ewig.
12. Salig is jy wat hierdie woorde hoor van die prediker en dink hy praat van ander mense as jy – want dit is presies waar ek jou wil hê!
1 PETRUS 3:15 Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
1 PETRUS 3:16 met behoud van ‘n goeie gewete, sodat in die saak waarin hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, húlle beskaam mag word wat julle goeie lewenswandel in Christus belaster.
GEBED
Here, lei my deur U Gees om nooit die duiwel en sy wil aan te hang nie maar in U wil te lewe? AMEN