Wees 'n refkleksie van God

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 18 views
Notes
Transcript

Inleiding

Het jy al agter gekom hoe kinders lyk soos hulle ouers. Veral met babatjies se ons gereeld die kind het die ma se oe of die pa se neus. Dan as die kinders bietjie ouer word, se ons: Hy hou van Sport net soos sy ma of hy is stil net soos sy pa. Op ‘n stadium word die kind ouer en dan vra ons vir hom of haar sommer self: Soos wie is jy meer, is jy meer soos jou pa of meer soos jou ma?
So dink ons soms oor ons identiteit in terme van ons ouers. Maar het jy al ooit oor jou identiteit gedink in terme van jou verhouding met God? Op watter manier is jy ‘n refleksie van jou hemelse Vader? Se mense van jou jy het jou hemelse pappa se oe want jy kyk na ander sonder oordeel. Of jy is net so vergewig soos jou hemelse Vader.

Uitbreiding van tema

As dit die ideaal is, om ‘n refleksie te wees van God, hoe kom ons daar uit? As dit die ideale bestemming is, wat is die roete, watse kar het ons nodig om daarby uit te kom en hoe maak ons seker dat ons op die regte pad bly?
Hoekom kan ons nie wees soos die res van die wereld nie? (Jy reflekteer of God of die sondige wereld)
Hoe meet ons die lengte van ons refleksie? (Waarop moet ons fokus en hoe maak ons seker ons reflekteer God reg)
Hoe is dit enigsins moontlik om dit reg te kan kry om God te reflekteer? (Waar kry ons die krag om daarin te kan slaag)

Inleiding tot teks

Daar was op ‘n tyd ‘n groep mense wat hulle lewe lank presies gelyk het soos almal anders rondom hulle. Ons lees van hulle in die Bybel en hulle word gebrand as “Heidene”. So was daar ‘n groep Heidene wat geleef het soos al die ander Heidene maar wat tot bekering gekom het. Toe hulle tot bekering kom was die implikasie dat hulle nie kan aanhou om soos die ander mense rondom hulle te leef nie. Maar, wat dit moeilik gemaak het was die verwerping wat hulle deurgegaan het omdat hulle nou skielik anders leef as wat die wereld van hulle verwag.
Vir hierdie groep mense is die brief van 1 Petrus geskryf - om hulle te bemoedig en te verduidelik hoekom hulle nie kan leef soos hulle altyd het nie. Om ook vir hulle ‘n maatstaf te gee van hoe hulle moet leef as kinders van God en hoe dit moontlik is - waar hulle die krag kan kry om wel te slaag ten spyte van die verwerping van die wereld.
Lees

Hoekom ons nie kan wees soos die res van die wereld nie

Wees Heilig omdat God Heilig is

Die gelowiges vir wie hier geskryf word word in die eerste plek herinner aan wie hulle was voordat hulle kinders van God was. Die leefstyl wat hulle geleef het en die keuses wat hulle gemaak het was in pas met wie hulle voorheen was, maar nadat hulle tot bekering gekom het, het iets baie belangrik verander - hulle identiteit.
Die verandering is nie oppervlakkig in terme van dade nie. Dit is nie die dade wat moet verander nie. Nie ‘n lys van dinge wat julle voorheen gedoen het wat vervang word met ‘n lys van nuwe dinge wat jy nou moet doen nie. So wat het verander:
Die identiteit - hulle het ander mense geword. Kinders van God is Heilig omdat hulle Vader in die Hemel Heilig is. Om Heilig te wees is ‘n “state of being” nie ‘n klomp uitvoerende take nie.
Die beginpunt is dan ‘n proses van innerlike introspeksie - om in jou eie siel in te kyk. Wat is die vrug - die sigbare resultaat van iemand wat Heilig is?
Dit word gemeet aan hoe jy optree teenoor ander mense
Next slide

Hoe meet ons die lengte van ons refleksie?

Hoe jy ander behandel/oordeel is die maatstaf van jou geloof

As julle die een wat nie uiterlike oordeel nie, maar optrede as Vader aanroep - tree dan met ontsag op (Lukas 6:36 - Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is)
Die rubriek vir ‘n gesonde geloof is jou optrede teenoor ander. Is jy vyandig, is jy vinnig om te oordeel. Is jy hard of is jy sag? Dit is nie genoeg om slegs die ‘label’ te dra van Christen sonder dat jou lewe dit reflekteer nie. As jy iemand in scrubs sien rondloop in ‘n winkelsentrum en skielik val daar ‘n persoon vlou - sal jy verwag dat die persoon wat die mediese uitrusting dra moet optree en help? Natuurlik sal jy dit verwag - maar dit is nie die klere wat sy dra wat haar die dokter maak nie, dit is die tyd, en energie en opoffering in toewyding wat sy gegee het vir daardie beroep wat haar die dokter maak. So ons kan nie net die klere dra nie, dit gaan nie oor die uiterlike nie, dit gaan oor wat ons doen.

Hoe is dit moontlik om God te reflekteer?

Die bron van ons geestelike krag om heilig te leef

Die woord losgekoop is die sleutel tot die sukses van ‘n lewe wat God reflekteer. Die lewe wat voorheen geleef was was ‘n lewe van slawerny. Dink aan die beeld van Israel wat as slawe in bande gehou was in Egipte en dat dit die bloed van die lam aan die deurkoesyne was wat hulle vrygespreek het van God se oordeel. Om los te koop is om letterlik die ‘ransom’ te betaal vir iemand. Die losprys. Nie meer slawe van sondige natuur nie, maar vry om te lewe as heiliges.
Wie is jy? Sien mense dat jy is soos jou hemelse pappa?
Hoe meet jou lewenswandel op teen dit wat God van ons verwag? Hoe moet jy ander hanteer?
Hoekom sukkel jy? Waar gaan soek jy jou krag?
Die een ding wat ons almal beter kan doen: Om selfloos te wees is om na ander te kyk, aan die behoefdes van ander te dink en iets te doen wat Jesus sou doen - wie is die randfigure wat jy nie as mense hanteer nie? Die kassiere en die petroljoggies - gesels met hulle, vra hulle naam en gee ‘n kompliment. Mense kort sagmoedigheid. Mense kort iemand wat omgee oor hulle. Gee om oor iemand wie nie jy is nie - miskien kan jy vandag aan iemand spesifiek dink oor wie jy meer kan omgee. Reik en en wees Heilig soos wat jou Vader Heilig is
Stilte
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.