Bly by Jesus

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 6 views
Notes
Transcript

Inleiding

Waar is die plek waar jy die langste al gebly het?
Jy ken hierdie plek baie goed. Jy kan daar rondry sonder om ‘n GPS te gebruik. Jy weet ook hoe om terug te kom as jy weggaan daarvan af. Jy ken die mense wat al vir jare lank daar is - die winkels wat vir jare al daar is.
Wat maak dit anders as plekke wat ons nie ken nie?
Jy weet nie wat om te verwag nie, hoe die pad soontoe lyk nie. Jy sal iemand wou vra wat alreeds daar was of wat daar gebly het van tevore. Jy sal navorsing probeer doen sodat jy in ‘n mate sekerheid kan kry want die ding wat ons almal ewe veel vrees is: Die onbekende. Wanneer daar vir ons min sekerheid is oor die toekoms - dan is dit vir ons moeilik om vorentoe te beweeg. Ons beweeg ook stadiger want ons weet nie wat om te verwag nie.
Wanneer ons na onbekende plekke toe gaan dan help dit as ons ‘n goeie gids het
Of die gids nou is in die vorm van navorsing wat jy vooraf gedoen het - inligting wat jou help om te beweeg en of dit nou ‘n persoon is - ‘n gids is iemand wat alreeds by die plek was, wat die paaie ken en weet wat om te vermei. Toe ons in Ethiopie was, was ons totaal afhanklik van ‘n gids gewees (Arba Minch stap met beskerming)

Inleiding tot teks

Jesus was die dissipels se gids gewees
Hy het altyd saam met hulle beweeg na verskillende plekke toe - plekke wat Jesus natuurlik geken het. Hy het die risiko geneem ook op Homself - Hy was die een wat gepreek het en genees het. Hy was die een wat vreesloos was.
In Johannes 14 is Jesus besig om ‘n afskeidstoespraak te gee
Hy vertel vir Sy dissipels dat Hy weg gaan gaan van hulle af (voor sy kruisiging). Maar Hy gee vir hulle instruksies vir hoe hulle kan seker maak dat hulle op die regte pad bly en nie verlore sal raak nie, en dat hulle nie alleen sal wees nie, al is hy nie meer fisies, ligaamlik by hulle nie
(lees)

Menein

Jesus gaan weg met goeie rede
Die plek wat voorberei word vir die dissipels - dit help om te weet dat mense vir jou wag. As jy weggaan en jy kry nie ‘n bevestiging nie (swaziland toe ons plek nie voorberei was nie).
Die ‘monai’ - werkwoord menein
Om by iemand of iewers te bly. ‘n Bekendheid, ‘n rustigheid, gevoel van veiligheid en intmititeit. Dit beklemtoon die belangrikste waarde van Johannes se evangelie en die belangrikste waarde vir ons vandag: Om by Jesus te bly.
Jesus is die gids vir ons lewens en as ons nie by die gids bly nie, sal ons verlore raak

Hoe bly ons by Jesus?

Daar is baie verskillende gidse wat verskillende paaie vat en wat by verskillende bestemmings uitkom.
Daar is baie gidse wat ons op die pad van selfverryking kan lei. Meeste van ons het daai gids binne in ons - die sonde wat van nature kom. Wanneer jy iets doen net vir jouself - ten koste van iemand anders…
Jesus is die enigste gids wat ons op die pad lei wat waarheid en lewe gee.
Wat het Jesus ooit vir Homself gedoen? Alles wat Hy gedoen het, het Hy gedoen om die lewens van mense te verlig. Om verligting te bring vir die ganse skepping.
Ons bly by Jesus wanneer ons doen wat Hy gedoen het
Hy het nie mense geoordeel nie, maar eerder sy tyd en liefde vir hulle gegee.
Oordeel minder en gee meer liefde

Die Hemel is nie net eendag nie

Jesus het ons kom wys dat die Hemel is waar God is (daarvan getuig Openbaring).
Alhoewel Jesus hier vertel van ‘n toekomstige bestemming, gee Hy ook vir ons reeds al toegang tot die hemel. Dit is nie ‘n plek wat ruimtelik gedefinieer word nie - dit is waar God is, waar God beweeg.
Is God in die wereld of verwyderd daarvan af?
Wanneer ons naby aan Jesus bly deur die werke te doen wat Hy gedoen het (om ander lief te he en nie te oordeel nie) dan sal ons die Vader ken en by hom wees. En waar die Vader is, daar is die Hemel. So nie net eendag nie, maar hier-en-nou.
Watter ruimtes skep jy? Skep jy hemelruimtes of nie? Mag jy leer om God te volg, by Hom te bly in wat jy doen en deur dit die openbaring van die Vader in jou lewe realiseer sodat jy ruimtes van hemel op aarde kan skep vir die wat verlore voel.
Related Media
See more
Related Sermons
See more