Geloof sonder voorwaarde

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript

Inleiding

Wie het die oudste kar in die gemeente? Iemand ‘n kar ouers as 2010? .... Al hoekom dit nog hou is omdat dit goed opgepas word - het al iewers gebreek! Hoekom hou jy aan met daardie motor? Persoon wat toegewy is aan hierdie motor - glo dat dit nog sal werk en doen wat dit moet doen - die voorwaardes is goed.
Ons moet dink oor hoe ons glo. Op grond van wat glo jy en op grond van wat is jy toegewei aan God? Want daardie voorwaardes van geloof bepaal uiteindelik die standvastigheid van jou geloof. Dit is nie iets wat God ooit wegneem van ons af nie, maar dit is iets wat ons moet ontwikkel - in gedagte en dissipline. Want anders verval dit (soos ‘n ou motor wat aan die gang gehou moet word)
Teksgedeelte - Palms 13 - klaaglied - ‘n klagtepsalm. Dit is ‘n teks wat ons eintlik sal vermei. Kom ons vat die sprong en laat ons gelei word deur God om die realiteit hiervan in die gesig te staar en miskien leer dit ons iets oor die manier waarop ons toegewei moet wees in God…

Jy hoef nie te maak asof alles okay is nie

Die Bybel gee ruimte vir mense met puin om met God te stoei - geloof wat sterk genoeg is om met God te stoei…
Wie is dit wat so voel? Iemand wat arm is en niks het nie? Nee dit is die Koning van Jerusalem - iemand wat gekom het vanaf ‘n skaapwagter tot by Koning.
Erken die menslikheid van die vraag: Hoekom Here!

Moenie dat jou persoonlike gevoelens die standaard word waarmee jy God se grootheid beoordeel nie

Hoe glo jy? Glo jy op grond van jou lewensstandaard? Selfs ‘n koning gaan deur donker tye van depressie
Die fout is dat ons die op-en-af van die ritmes van die lewe toeskryf aan die hand van God. Ons definisie van God se almag is ongelooflik selfgesentreerd.

Geloof is nie ‘n transaksie nie

Voorspoed, teenspoed, sonde en oordeel, seen en straf - nie ‘n transaksie waaroor ons beheer het nie.
Wanneer dit sleg gaan met jou en iemand vir jou se: Jy moet meer bid of meer glo of minder sonde doen? Is David se depressie ‘n oorsaak van een of ander sonde wat hy gedoen het? Was hy dan ongelowig gewees?

Daar is nie ‘n antwoord vir die vraag oor lyding nie - maar daar is ‘n God wat liefde, vrede en verlossing gee ten spyte van lyding

Is jou geloof in God ten spyte van leiding? Maak nie saak wat met jou gebeur of waar jy jouself bevind nie - dat jy gelowig bly?
Dat jou geloof nie op-en-af gaan soos wat die golwe van die lewe jou op-en-af gooi nie?
Die natuur van die lewe is op-en-af. Golwe, seisoene, lewe wat net kan gebeur wanneer daar sterwe is. Dit is nie perfek nie, dit is gebroke. Die gebrokenheid word nie weggevat nie - maar die gebrokenheid het geen meer mag nie - God is groter as die gebrokenheid van die wereld.
Mag dit vir jou vrede gee en hoop gee dat lyding nie ewig is nie, maar God is wel ewig. Dat jy goeie tye asook slegte tye gaan ervaar maar dat jy nie jou geloof sal meet op grond van dit wat met jou gebeur nie.
Related Media
See more
Related Sermons
See more