Gelowiges se lewenservaring

Psalm 23   •  Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 3 views

God is aan die werk in alles wat met gelowiges gebeur, hetsy om hulle te waarsku, om hulle na Hom toe te trek of om aan hulle goed te doen.

Notes
Transcript

God het 'n doel met al die ervarings wat gelowiges in die lewe het

Romans 8:28 DIEBYBEL:A19331953
28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Ephesians 1:11 DIEBYBEL:A19331953
11 in Hom in wie ons ook ’n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Verwerping van hierdie oortuiging lei tot wanhoop

Ecclesiastes 1:16–17 DIEBYBEL:A19331953
16 Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk, ék het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien. 17 Maar toe ek my hart daarop gerig het om wysheid en kennis, onverstandigheid en dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook ’n gejaag na wind is.

God gebruik elke ervaring in die lewens van gelowiges ten goede

Om te waarsku en reg te stel/korrigeer

Psalm 119:67 DIEBYBEL:A19331953
67 Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord.

Om gelowiges se vertroue in God te toets en uit te oefen

Deuteronomy 8:15–16 DIEBYBEL:A19331953
15 wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ’n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; 16 wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen —

Om gelowiges te reinig en voor te berei vir heerlikheid

2 Corinthians 4:16–17 DIEBYBEL:A19331953
16 DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. 17 Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;

Om ander te bevoordeel

2 Corinthians 1:3–6 DIEBYBEL:A19331953
3 GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, 4 wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word. 5 Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus. 6 Maar of ons verdruk word, dit is julle tot troos en redding; en dit laat sy werking blyk deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan; en of ons getroos word, dit is julle tot troos en redding.
2 Timothy 2:10 DIEBYBEL:A19331953
10 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.

In al die lewenservarings moet gelowiges dankbaar en vertrouend wees

Philippians 4:6 DIEBYBEL:A19331953
6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

Gelowiges verdien nie die seëninge wat hulle ontvang nie

Psalm 103:10 DIEBYBEL:A19331953
10 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
Related Media
See more
Related Sermons
See more