Hemelvaart 2024
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 5 viewsNotes
Transcript
Inleiding
Inleiding
Hoekom is die viering van Hemelvaart belangrik?
Dit merk die tyd in geskiedenis waar alles wat ons vandag het in terme van godsdiens - begin het. Die Hemelvaart is nie net die einde van Jesus se lewe op aarde nie, maar die begin van die res van alles.
2. Wat sou gebeur het as Jesus nie opgevaar het hemel toe nie?
Dit is eintlik ondenkbaar. Ek weet nie eers of ons vandag kerke sou gehad het nie. Jesus breek die gemaksone van die apostels. Soos wanneer ‘n pa vir ‘n kind wys hoe om ‘n spyker in ‘n stuk hout in te kap. As die pa nie gaan ophou nie, gaan die kind dit nooit doen nie.
3. Ons gaan weer die verhaal lees soos wat Handelinge dit vertel. Ons gaan na vier dinge kyk>>>
Dit wat die apostels van Jesus verwag
Dit wat Jesus van die apostels verwag
Die afwagting van die Heilige Gees
^Die implikasie van die Hemelvaart vir my en jou word saamgevat hierin
(Lees)
Wat verwag jy van Jesus?
Wat verwag jy van Jesus?
Die apostels se verwagting is self-gesentreerd.
Wat gaan Jesus volgende vir ons doen? Dit refelekteer die manier waarop mense na die wêreld kyk - hoe kan ek hieruit voordeel geniet?
Reflekteer die geloof wat mense het in wêreldse magte.
Wat verwag jy van Jesus?
Jesus verwag van ons om getuies te wees
Jesus verwag van ons om getuies te wees
Daar is ‘n verskil tussen om te getuig en om ‘n getuie te wees
‘n Wesenlike verandering impliseer om op ‘n spesifieke manier te wees. Hoe is jy besig om te wees? Beskryf jouself aan ander begin met: Ek is…
In Judea en Samaria
Ons kan nie oordeel en getuig nie
Tot aan die einde van die aarde
Selfs by plekke wat vreemd is vir julle - selfs die mense wie julle vrees en wie julle vyande kan wees. Jy kan nie verander wie jy is op grond van by wie jy is nie
Wanneer die Heilige Gees oor julle kom
Wanneer die Heilige Gees oor julle kom
Moet nie probeer om alleen ‘n getuie te wees nie
Dit is nie moontlik om sonder God hierdie roeping uit te leef nie. Kan slegs deur krag van God getuig van God.
God is nader as ooit deur in ons te woon met Sy Gees
Die plek wat ons bang is om God in te gaan soek is in die donker kamers van ons harte. Dit is ook die plek waarvanuit ons lewe ons diepste wese bepaal hoe ons is en hoe ons getuies kan wees.
Bevestig dat God nader as ooit is in die Hemel…
Die res van die storie begin met Jesus wat weggaan sodat Hy naby kan wees. Die Hemelvaart begin die era van die getuienis - die era van God in Gees met my en jou.
Die vraag is: Kan mense God se Gees in jou sien?
Dit wat volg na Jesus se Hemelvaart
Dit wat volg na Jesus se Hemelvaart
(Lees)
Die Apostels volhard in die gebed.
Ons moet begin by gebed - Gebed is die middel waardeer ons God se Gees in ons ontdek. Gebed is aanbidding, maar aanbidding is nie beperk tot gebed nie. Ons moet God aanbid deur die manier waarop ons leef - In wese.
Die Apostels bid saam - nie elkeen alleen nie.
Deel van daardie nalatenskap is die feit dat ons ook saam kan bid as ‘n gemeente.
(Uitnooi om saam te bid - 1 minuut stilte waarin ons bevestig dat ons hoorbaar is vir God se Woord)