Die belangrikste keuse
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 1 viewNotes
Transcript
Inleidend
Inleidend
Hoekom word hierdie briewe geskryf?
Daar is dwalleer - mense wat nie glo in Jesus se menslikheid nie, wat glo dat Sy Gees Hom verlaat het toe Hy gesterf het. Wat glo dat Hy nie gely het nie. Die gevolge daarvan was ‘n skeur in die gemeentes. Die ouderling skryf om die Godheid van Christus te beklemtoon en die gevolge daarvan vir die wat kies om te glo en die gevolge daarvan vir die wat kies om nie te glo nie.
Om te getuig dat Jesus, God is.
Die geloofwaardigheid van hierdie getuienis te bevestig.
Die implikasies of gevolge van dié wat kies om hierdie getuienis te glo en by implikasie die wat kies om dit te verwerp.
Hoekom is hierdie brief relevant vir ons vandag?
Die brief is tydloos want dit wat daarin opgeskryf is, is geldig en waardig vir ons wat vandag ook daardie keuse moet maak. Daar is ook vandag nog mense wat twyfel en wat woorde van twyfel wil saai. Die brief kom gee vir ons die fundamentele elemente van ons geloof wat ons help om die belangrikheid te verstaan van die keuse wat ons moet maak.
(Lees 1 Johannes 5:1-13)
Die implikasie van geloof is oorwinning
Die implikasie van geloof is oorwinning
As jy geloof het het jy alles al het jy niks.
As jy nie geloof het nie het jy niks al het jy alles anders.
Jy het die grootste oorwinning behaal in geloof.
Daar is niks wat daarmee kan vergelyk nie - geloof van gelowiges is die belangrikste ding in hierdie lewe.
Wat is vir jou die heel belangrikste ding?
Al het jy gesondheid - almal sterf een of ander tyd so die ou wat 400 jaar geleef het op aarde en nooit geloof gehad het nie se tyd het niks beteken nie.
GELOOF GEE DOEL AAN ONS LEWENS - sonder geloof het jou lewe geen doel nie. Sonder geloof beteken alles wat jy doen absoluut niks nie. Want geloof is al wat ewig is - alles anders sal vergaan.
Waarin belê jy jou tyd?
Wat beteken die water en die bloed?
Wat beteken die water en die bloed?
Ons kan nie die outeur gaan vra nie en dit word ook nie in ‘n voetnota verduidelik nie so ons moet dit interpreteer. Dit word verskillend interpreteer
Tertulianus:
Water = doop van Jesus en bloed = Jesus se bloed wat gevloei het op die kruis
Ignasius (hierdie is almal van die eerste kerkvaders gewees)
Beklemtoon dat die bloed Jesus se lyding bevestig. Dit is belangrik want as Jesus nie gely het nie het ons lyding ook geen betekenis nie, maar ons lyding verbind ons juis aan Jesus. a
Verwysing het na die Triniteit
God openbaar Homself as Vader, as Seun en as Gees. Waarop dit neerkom is dat daar drie is wat getuig. 2 of 3 is nodig vir ‘n lofwaardige getuienis (Deut 19:15)
Clement van Alexandria sê:
Gees wat lewe is; water wat geloof is en bloed wat insig is getuig.
^Dit gaan hier oor die lofwaardigheid van die getuienis: Dat Jesus die Seun van God is en dit word deur drie getuig sodat die getuienis se lofwaardigheid nie betwyfel kan word nie.
Dit gebeur mos as iemand nie ‘n argument kan wen nie dan val hulle die persoon aan en die persoon se integriteit. So die integriteit en die waarde hiervan lê in wie die getuienis bring - God self in Vader, Seun en Gees.
So hierdie geloof is nie iets wat mense ontgin het nie en omdat dit God self is wat dit aan ons openbaar kan dit nie vernietig word nie - nie eers tyd self kan dit vernietig nie. Dit is ewig en dit is omvattend en niemand het die outoriteit om die lofwaardigheid van die getuienis dat Jesus die Seun van God is kan betwyfel nie
Hoe kry ek geloof en hoe onderhou ek dit?
Hoe kry ek geloof en hoe onderhou ek dit?
Jy kry dit deur net 1 keuse te maak. Die belangrikste keuse van jou lewe… Gaan jy jou hart vir die Here gee?
Die goeie herder - die Shepherd of Hermas is ‘n boek wat deur Hermas ‘n slaaf wat vrygekoop was en toe in omtrent 90nC ‘n boek geskryf het oor visioene wat hy gehad het. Ook beïnvloed deur Johannes se evangelie en die briewe hy sê:
Die een wat God in sy hart het (hart as die diepste plek van jou wese - of die plek waar alles vanuit kom jou denke, jou dade jou woorde die manier selfs waarop jy kyk na die wereld, ander en jouself - daardie een plek waar al hierdie dinge vandaan kom die plek waarvanuit jy lewe die ding wat jou jou maak waar jou diepste plek is). Die een wat God daarin het… Kan alle dinge bemeester, die wêreld oorwin en is in staat om die wil van God met gemak te kan doen. MAAR die een wat God op hul lippe het maar nie in hulle harte nie gaan sukkel om in die wil van God te loop. So as jy kies om God in jou hart in te laat sal jy tot die kennis kom dat daar niks beter is as om God se wil te doen en dat daar niks beter is as dit nie.
Wanneer: Die heeltyd en in alles want daar is dinge wat ons wil keer om dit te doen - soos ‘n sement trok wat ophou beweeg - jy word hard… As jou hart hard is kan jy nie God in dit hê nie.
Alles kom neer op een keuse: Lewe of dood. Wat jy se, dink doen - getuig dit van lewe of van dood.
Elkeen van ons het iewers opgetree in ons denke of woorde of dade - vanuit ons harde mense harte. God kom gee vir ons die geleentheid om te bely dat ons hard geword het. En om opnuut Sy liefde te aanvaar.
Ons stilte is vandag ‘n ruimte wat spesifiek gerig is om ‘n geleentheid vir elkeen te gee om jou hart oop te maak vir God en jou afhanklikheid te bely.