Pinkster 2023 Week 1

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 2 views
Notes
Transcript

Karakter

Wat is dit wat ons definieer?
Elkeen van ons het ‘n opinie van iemand. Daardie opinie word gevorm op grond van dit wat die persoon uitstraal.
Wat straal jy uit?
Vertel hier die storie van die road rage
Dit wat ons uitstraal en dit wat maak wie ons is is ons karakter
Speel video van karakter
Karakter verwys na die etiese en geestelike eienskappe wat ‘n individu definieer. Soms kan dit selfs ‘n hele groep definieer. Só is daar sekere waardes en deugde wat ons as Afrikaners definieer en ons kan onderskei wanneer iemand in ‘n groep buite-karakter optree wanneer ons die waardes en deugde ken van daardie groep.
Sit op foto van die man met die appel
Verbeel jou jy is op ‘n appelplaas. Jy kry ‘n mandjie en jy kan appels gaan pluk - soveel as wat jy wil hê. Wie het dit dalk al gedoen?
(Vertel die storie)
Jy gaan hou vakansie in die Wes-Kaap, die wynplaas is toe wat jy wou gaan besoek het so nou moet jy iets anders kry om te doen. Jy haal jou foon uit en jy tik in Google in: Things to Do Near me.
Visit an apple farm kom op in Google. Dit is drie kilo’s weg en die reviews sê die mense dat om appels te pluk een van die lekkerste dinge is om te doen op hierdie plaas.
Jy is opgewonde en teleurgesteld op dieselfde tyd maar jy besluit jy gaan appels gaan pluk.
Jy kom by die plaas opgewonde en jy kry jou mandjie dit is net 20 rand vir die mandjie en jy kan soveel appels pluk as wat jy in die mandjie kan inpas.
Opgewonde gaan jy uit en jy kry jouself in die appelboort. Jy neem ‘n paar selfies en sit dit op jou WA status sodat almal kan weet jy het ‘n lekkerder dag as wat hulle het.
Jy kom by ‘n boom en jy sien ‘n klomp verskillende groen appels. Party is groot, ander is klein, sommiges is ryp en ander nog nie heeltemal so ryp nie. Jy sien party is groener as ander. Sommiges het gate in, party het selfs ‘n wurm of twee in. Ander le op die grond.
Watter appels gaan jy wil pluk? Jy wil die groenste, grootste, beste appels pluk
Terug na bril image
Dit is dieselfde met Karakter. Elkeen van ons sal die beste appels wil pluk vir ons karakter mandjie. Maar ons weet tog dat ons appel-karakter mandjies nie altyd die beste appels in het nie.
Wie het SIMS gespeel?
Die idee van die speletjie is dat jy ‘n mens maak en hierdie mens aan die lewe probeer hou soos ‘n tammagochi. Jy kan ook besluit watse tipe karakter die persoon moet hê. Baie mense bou ‘n refleksie van hoe hulle hulself sien. Die tipe klere wat jy aantrek, die kos wat jy eet die dinge wat jy kies om te doen - dit alles reflekteer iets van jou karakter.
Bloudruk
Wat as ons ‘n bloudruk gehad het van die beste karaktereienskappe. Wat ons kan gebruik om onsself te definieer of te herdefinieer?
In hierdie week se Pinkster reeks gaan ons kyk na net 2 verse: Galasiërs 5:22-23
(Lees)
Die vraag wat ons gaan probeer antwoord is hoe kan ek hierdie deugde deel maak van wie ek is?
Die Uitnodiging is dan dit: (sit bril op)
Jy word uitgenooi om jouself te hêr-definieer of om opnuut te ontdek wie jy is en wie jy wil wees. Die vrae wat ons gaan vra tydens hierdie proses van hêrdefinieering is dan dit:
Hoe kry ek toegang tot hierdie deugde? (jou toegang tot die appelplaas)
Hoe manifesteer hierdie deugde in die samelewing? (hoe word dit belliggaam)
Wat moet ek doen wanneer die appels in my mandjie vrot raak? (is daar hoop vir my wanneer ek in my mandjie kyk en nie hou van wat ek sien nie).
Bril>
Wat ek kan sê hieroor - Paulus kontrastreer natuurlik hierdie goeie deugde wat hy die vrug van die gees noem teenoor die teenoorgesteldes hiervan die slegte dinge wat hy die praktyke van die vlees noem. Hy noem ook dat die praktyke van die vlees die slegte dinge wel bekend is. Nou aangesien dit wel bekend is dink ek nie dit is nodig om te veel daarop te fokus nie.
So in plaas daarvan dat ons net fokus op die slegte appels en alles wat ons moet doen om dit te vermy gaan ons eerder fokus op die goeie appels. Die realiteit is dat elke appelboom goeie en slegte vrugte dra. Die doel hier is nie om perfek te wees nie, maar om die boom (wat ons siel is) te versorg. Hoekom doen ons dit? Doen ons dit sodat ons kan roem op watse wonderlike mense ons is? Nee want dit is ‘n sondige praktyk om te roem op jouself. Nee dit is nodig dat ons hierdie herdefinisie moet doen a.g.v. dit wat ons verteenwoordig.
Met die aanbreek van die Pinksterfees het die Heilige Gees oor die apostels gekom en hulle het die evangelie begin verkondig. Dit het die gevolg gehad dat toe hulle daar uit die bovertrek uit beweeg - dat hulle nie meer hulleself verteenwoordig nie. Hulle verteenwoordig die KVG. So ook verteenwoordig ek en jy as Christene die KVG. Daarom is dit nodig dat ons goeie appels vir mense moet uitdeel sodat hulle ook deel kan kry aan God se versorging.
Gebed - dat God ons sal lei in die week wat kom. Kollekte is by die deure
Related Media
See more
Related Sermons
See more