Die Asem van God

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 8 views
Notes
Transcript

Inleiding

Esegiël 37:9
Hy sê toe vir my: “Profeteer vir die wind! Profeteer, mensekind, en sê vir die wind, ‘So sê my Heer, die Here: “Wind, kom uit die vier windrigtings! Blaas in hierdie doodgemaaktes, sodat hulle kan leef.” ’
Johannes 3:8
Die wind waai waar hy wil en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.”
Johannes 20:21-22
21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. ” 22Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: “Ontvang die Heilige Gees!
Genesis 2:7
7het die Here God die mens met stof uit die grond gevorm, en in sy neus die asem van lewe geblaas. So het die mens 'n lewende wese geword.
Asem, Gees en Wind - woorde wat oorvleul in betekenis en in gebruik met mekaar in die wêreld van die Ou-en-Nuwe Testament. Daar was wysheid oor die verbintenis tussen hierdie.
Vandag dink ons anders oor asem, gees en wind as wat die mense wat geleef het in die Antieke Nabye Ooste daaroor gedink het. Waar dit vir hulle ‘n teken van God se teenwoordigheid was en die ding wat lewe gee en lewe onderhou het ons vandag aansienlike meer Westerse idees daaroor.
Asem word assosieer met tandeborsel, tic tacs, listerine en suurstof.
As ons dink oor wind dan sien ons dit al ‘n natuurlike element - dit waai of dit waai nie. Ons kort dit om Boeings in die lug op te vat of om te seil oor die see.
Gees… ???? Wat is Gees? Die teenoorgestelde van vlees? Gees is iets wat jy nie kan sien nie?
So asem stink, wind waai en Gees is ‘ietsie’ wat ons nie verstaan nie.

Inleiding: teks

Die wêreld het verander toe die Gees van God oor die mense gekom het tydens die eerste Pinksterfees na Jesus se kruisiging.
Hierdie is die getuienis van wat gebeur het (lees)

Pinkster

Een van die drie belangrikste feesdae in die Joodse kalender. Selfs Jode buite Palistina het hierdie fees kom bywoon. Pinkster het die ‘fees van die oes/fees van die weke’ gevier bv.
Eksodus 23:16
16
Onderhou ook die Fees van die Oes met die eerste vrugte van jou arbeid, met dit wat jy in die land gesaai het.
Eksodus 34:22
22
Die Fees van die Weke moet jy vier met die eerste opbrengs van die koringoes;
Sowat 50 dae na Pasga - vir ons het betekenis verander as Christene

Die Gees openbaar God se Woord

Dit is wat hulle nodig gehad het om die opdrag van Jesus uit te voer - nl. om na die nasies te gaan en te gaan verkondig. Let op hoe dit ooreenstem met die eerste teken van die krag van die Gees - dat elke mens in die taal waarin hy grootgeword het hulle hoor en verstaan - dit sluit aan met die opdrag om na die nasies toe te gaan tot in die uithoeke van die aarde -dit beklemtoon ook die openbaring van God se Woord
^Nie meer beperk tot sekeres nie. Toe die dissipels op aarde saam met Jesus was, hoeveel keer het hulle ‘nie verstaan nie’ hulle het die Woord van God gehad en tog het hulle dit nie verstaan nie. Totdat dit aan hulle openbaar was deur God self.

Die Gees kom oor almal nie net die 12 nie

4
En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander tale begin praat, soos die Gees aan hulle gegee het om hardop uit te spreek.
Almal wat daar was nie net die twaalf nie. Dit is in lyn met Lukas se tema van almal wat Christus volg sal die Gees ontvang:
Handelinge:
2:17-18
17“ ‘En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God:
‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort –
julle seuns en julle dogters sal profeteer,
en julle jongmense sal visioene sien,
en julle ou mense sal drome droom.
18Ja, ook oor my slawe en slavinne
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal profeteer.
2:38
28U het vir my die paaie
na die lewe bekend gemaak –
deur u teenwoordigheid
sal U my met blydskap vervul.’
4:31
31
Terwyl hulle gebid het, is die plek waar hulle bymekaar was, geskud en almal is vervul met die Heilige Gees, en het die woord van God met vrymoedigheid verkondig.
5:32
32
Ons is die getuies van hierdie gebeure, en so ook die Heilige Gees, wat God gegee het aan hulle wat aan Hom gehoorsaam is.”
10:45
45
Die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met •Petrus gekom het, was uiters verbaas dat die gawe van die Heilige Gees selfs op die heidene uitgestort is.
Die Heilige Gees openbaar en bemagtig die volgelinge van Christus om Hom te verkondig aan die Jode op die dag van die Pinksterfees

Asem en Taal

Wat maak taal so spesiaal - in die eerste plek is daar ‘n subtiele verbintenis tussen die Gees van God en die Asem van God en die taal waarin die mense praat wat die Gees ontvang het. Wat is die belangrikste bestanddeel vir taal om gepraat te kan word - asem. As jy nie asem kan haal nie dan kan jy nie praat nie.
Dit kan ook ‘n omkeer wees van Genesis 11:1-9 van die tale in Babel wat deurmekaar gemaak was omdat die mense soos die gode wou wees.
Wat NB is vir Lukas is die feit dat mense die verkondiging van Jesus in hulle ‘moeder-taal’ moes hoor.
“Moeder taal” - wat beteken dit?
Taal wat ons verenig want taal is ‘n merker van kultuur. Taal bind mense aan een of is dit die asem wat die mense bind - die asem van God wat taal laat spreek. (dink oor die krag van die tong - die krag van woorde en taal, dit het krag want dit het asem)

Die resultaat is toegang tot vrede

DIE ASEM VAN GOD SKEP VREDE WAAR DAAR KONFLIK IS
Maniere waarop ons probeer om konflik uit te wis? Hoe gebeur dit in die eerste plek? Wat is die enigste teenmiddel.
Vrede skep ‘n heilige ruimte waarin God se Woord openbaar word. Kan jy God se Woord hoor waar jy in ‘n ruimte van konflik is?
Uitnooi tot om te druk tot dit seermaak - waar is daar konflik in jou lewe? Waar het jy nodig om God se Gees te asem. Hoe ruik jou woorde? Stink dit of is dit aangenaam?
Related Media
See more
Related Sermons
See more