Leef in vreugde en vrede van Christus V2
Notes
Transcript
Handout
Leef in die Vreugde en Vrede van Christus
Leef in die Vreugde en Vrede van Christus
Opening Gebed - vra om Woord te open vir almal
Opening Gebed - vra om Woord te open vir almal
Inleiding
Inleiding
Onthou u toe u klein was, en u het gewag vir iemand, miskien ‘n oupa en ouma wat kom kuier? Die afwagting wat so groot is, so opgewonde u kan byna bars daarvan?
Ons Verlosser, Jesus Christus, is oppad......nie meer lank nie, dan sal ons die wonderglans van Jesus op die wolke sien, en ons sal oorloop van vreugde!
Skriflesing
Skriflesing
Filippense 4:4 - 9 (NLV) 4Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!” 5Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort!
6Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. 7En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.
8Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. 9En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.
Inhoud
Inhoud
1. Vreugde (Rejoice in the Lord)
1. Vreugde (Rejoice in the Lord)
God wil hê dat Christene in vreugde moet leef, ongeag die omstandighede waarin hulle hulleself bevind. Paulus is in huis arres in Rome, tog skryf hy hierdie woorde: “Wees altyd bly” Waar kry ons die vreugde?
Paulus begin vers 4 met die woorde: “4Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!”
Hoekom kan ons in vreugde leef - die antwoord is eenvoudig: Jesus se wederkoms is nie meer vêr nie, inteendeel, dit kan vandag of more wees - en ons as Christene wag opgewonde op die dag wanneer Hy weer kom!
Maar die Here is ook by ons elke dag, in ons deur die Heilige Gees wat in ons woon. Wonderlike rede om bly te wees nè! Sal jy gereed wees as Hy nou kom?
Petrus sê nie verniet die volgende nie: “.. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap.” DIE BYBEL: Afrikaans 1983-vertaling (1 Petrus 1)
Jy vind vreugde as jy besef dat jy reeds in besit is van die enkele, mees belangrikste ding in jou lewe, nl die Ewige Lewe in Christus Jesus. Dit is na alles die einddoel, die hoof doel van elke Christen se lewe, en as jy regtig besef dat jy dit reeds HET as jy in Christus glo, sal volkome vreugde in Christus na jou toe kom!
En watter beter manier om dit te wys as om die vreugde uit te leef teenoor ander mense. Laat die hele wêreld weet, juig en laat die wêreld hoor hoe Christene leef!
2. Bekommerd
2. Bekommerd
Wat bekommer jy jou oor so baie dinge, dra jy die laste van so baie om jou, laste waaraan jy niks kan doen nie? Paulus beveel hulle om oor niks bekommerd te wees nie, maar om hulle versoeke deur gebed en smeking van God te vra, en om God te dank daarvoor. LW, hier staan “besorg wees” nie “wil graag hê nie”!
Lukas 12 sê die volgende:
“Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. 23 Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere. 24 Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls.” DIE BYBEL: Afrikaans 1983-vertaling (Lukas 12)
God WIL graag hê dat ons Hom moet vra as ons iets nodig het, of met iets spesifieks spook in ons lewe. Baie dieper as net ‘n algemene gebed, doen dit met hartstog want dit wys dat ons:
totaal afhanklik is van God
ons self oorgee aan Sy wil en genade
Hy weet reeds wat ons van Hom gaan vra, maar steeds verlang God, soos ‘n ouer van sy kind, om te HOOR dat ons Hom nodig het.
Jesus sê in Johannes 16: Dít verseker Ek julle: Wat julle die Vader ook al in my Naam sal bid, sal Hy vir julle gee. 24 Tot nou toe het julle nog nie in my Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.” DIE BYBEL: Afrikaans 1983-vertaling (Johannes 16)
Leef in Sy vrede en vreugde, rejoice in Christ our Lord!
3. Vrede
3. Vrede
Paulus is ‘n meester met woorde! In die volgende dele gebruik hy die woord “vrede” op twee maniere, en tussen die twee, gee hy die belangrike deel - so moet julle doen, met Jesus as voorbeeld, maar hieroor bietjie later. Eers kyk ons na wat Paulus bedoel met “vrede”:
In vers 7 sê hy: “7En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.”
Waghou soos ‘n soldaat waghou by ‘n skatkamer. Oppas, maar ook uitdeel soos nodig. Waghou sodat jou siel nie kan sterf agv sonde nie, jou gedagtes nie kan ontsnap terug na jou sondige natuur nie.
Uitdeel soos Hy dit nodig ag vir Sy werk!
Vrede met God, in die eerste plek, vrede met jouself en jou naaste, omdat jou sondige natuur aan die kruis saam met Christus vasgespyker is, dood is in Hom wat vir jou gesterf het.
Hierdie vrede is ‘n diep, heilige vrede, en hy wat vrede het, leef daarin, en vergeet wat agter is.
As jy vrede het, kan jy ook vergewe!
Hoe kry ons dit reg - deur Jesus se voorbeeld te volg!
In vers 9 sê Paulus: “Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.” God van vrede, God self, sal met julle wees as julle Jesus se voorbeeld volg, as julle poog om soos Christus te wees. Onthou, jy het reeds die ewige lewe deur jou geloof in Jesus, nou moet jy absoluut poog om soos Hy te wees!
Die Heilige Gees is aan jou gegee om jou te leer, te ondersteun, te dra indien nodig, om teen satan staande te bly, vandat jy in Christus glo - is dit nie alreeds genoeg rede om in blydskap, in Sy vrede te leef nie! Sal jy sê en doen soos jy doen as Jesus langs jou staan - wel, die Heilige Gees is by jou.......
Daarom dan dat die voorbeeld van hoe om te leef, so van praktiese belang en betekenis is. Daarom beklemtoon Paulus dit met sy woordespel!
4. Voorbeelde
4. Voorbeelde
Paulus gebruik Jesus as voorbeeld, baie soos in Galasiers 5:22 - 24 met die Vrugte van die Gees, en dan verwys hy ook na homself, in nederigheid.
Doen soos Jesus gedoen het toe Hy op aarde was:
Vers 8: Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.
Dink gedurig aan die dinge, dan sal jou gedagtes nie afdwaal en aan jou sondige natuur oorgee nie, doen die dinge sodat jy gefokus kan bly op die goeie.
Belangrik: Dit wat jy dink, doen jy! As jy aan die goeie dink, sal jy goed doen, maar ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar - as jy aan die slegte dinge in die lewe dink, sal jy skegte dinge doen, as jy negatief dink, bly jy altyd swaarmoedig en ongelukkig.
Leef altyd so dat dit wat jy doen, lofwaardig kan wees, gebruik die gawes tot eer van God en Sy Kerk, moet dit nie wegsteek nie. Doen wat jou hande vind solank as wat dit prysenswaardig geag sal word deur God.
Paulus pleit by Christene: “Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het: hou aan om dit te doen.” Volhard, volhard, voltooi die wedloop, moenie halfpad uitval nie!
Opsomming - Leef in die vreugde van Christus, sodanig dat die wêreld dit kan sien en hoor, want die wederkoms van ons Verlosser is naby. Vertrou God met jou behoeftes deur gebed en smeking met danksegging en leef soos Christus geleef het: Dan sal die God van Vrede met jou wees!
Opsomming - Leef in die vreugde van Christus, sodanig dat die wêreld dit kan sien en hoor, want die wederkoms van ons Verlosser is naby. Vertrou God met jou behoeftes deur gebed en smeking met danksegging en leef soos Christus geleef het: Dan sal die God van Vrede met jou wees!
Toepassing
Toepassing
Een laaste woordjie deur ‘n dokter met die naam Lukas, aangaande die eerste gemeente, en wat daar gebeur het nadat die Gees van Vrede oor hulle uitgestort is - die Gees wat ook in jou en my is:
'Hulle het eensgesind volhard om die tempelterrein daagliks te besoek, aan huis die brood te breek en hulle maaltye met uitbundige blydskap en met opregte harte te geniet. ' Handelinge 2:46
Amen
Amen
Sluit met lof gebed
Sluit met lof gebed