Hoe Groot is U
Kierieklub • Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 4 viewsGod as Creator made man to rule in Jesus
Notes
Transcript
Handout
Hoe Groot is U
Hoe Groot is U
Open met gebed
Open met gebed
Inleiding
Inleiding
Kom saam met my op 'n verbeeldingsvlug op soek na die Groot Waarheid, vol wonderlike dinge om te sien en beleef. Moenie bang wees nie, moenie huiwer om in jou verbeelding te sien wat ek beskryf tydens ons vlug nie - in teendeel, beleef die wonder wat kom.......
‘n Plaas in Oos Transvaal
‘n Plaas in Oos Transvaal
Verbeel jou jy is op ‘n plaas in Oos Transvaal rondom 1965, en die hele familie lê op komberse op die gras en kyk na die sterre. Dit is ‘n donker nag, en die sterre is helder en flikker soos kersies in die hemel. Hier en daar sien ‘n ou ‘n verskietende ster, dalk ‘n spoetniek wat verby vlieg. So, in verwondering, raak die kleintjies een vir een aan die slaap ......
‘n Koning se paleis dak
‘n Koning se paleis dak
Ons vlieg verder na ‘n dak van ‘n paleis in Jerusalem. Op die dak sit ‘n koning saam met sy sekretaris. Die olielampie teen die muur flikker dof, die koel luggie streel oor die koning. Die nag is ook donker, soos toe ons op die gras gelê en kyk het, en die sterre lyk asof hy daaraan kan vat.......
Soos ons staar Koning Dawid in bewondering na die sterre, die melkweg te groot om te beskryf. Dalk sien hy ook ‘n ster verskiet. Die omvang van wat hy sien oorweldig hom, met ‘n hees stem sê Dawid: “Skryf!”
Psalm 8:2 Here, ons Here, hoe vol majesteit is u Naam op die hele aarde! U heerlikheid is hoër as die hemele.
God se Majesteit - Lofprysing
God se Majesteit - Lofprysing
1. Dawid besing God se majesteit en mag, want hy is totaal meegevoer deur God se almag en glorie!
2. Sy glorie omvat alles soos gegee aan die eerste mens, Adam - en erken hiermee dat God alles geskep het. Hy het alles gemaak, en daarna ook die mens na Sy beeld! Loof God, Hoe groot is U, hoe groot is U!!
3. God het soewereine heerskappy oor alles in Sy Skepping. Die gebruik van die naam Jahweh dui op soewereiniteit van God.
4. Kom ons vlieg verder terug, waar alles begin het.
Gen 2:19 Toe het die Here God uit die grond al die verskillende soorte diere en voëls gevorm. Daarop neem Hy hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem.
5. Kyk na die botteltjie......
Verbeel jou jyself krimp so groot soos die speld se kop - aarde is dan so groot van hier tot by Waiuku, ongeveer 21km.
Krimp verder totdat jy op die punt van die speld kan staan - aarde nou 600m in deursnee.
Kom ons krimp aarde tot so groot soos die grootste swart saadjie - son nou so groot soos ‘n groot appel (140mm) ongeveer 12m weg van ons.
Die maan sal dan .333mm groot wees, 21mm weg van die saadjie aarde
Lig van son bereik ons in 8 minute, Pluto in 5,5 uur en Alfa Centauri, ons naaste buur sonnestelsel 4.3 jaar. (Lig trek teen ongeveer 300 000km/sek)
Lig sal 200 000 jaar neem om die melkweg te kruis.........
Wat is die mens dan, in hierdie skaal? Dawid kom tot die besef van die omvang en geweldigheid van God se skepping, en hoe geweldig almagtig en groot God is: “Skryf, Scribe:”
Dawid se insig - God in beheer
Dawid se insig - God in beheer
3 Kinders en babas besing u lof, want U het dié wat sterk is, bestraf, vyand en wreker stilgemaak.
1. God het die glorie van Skepping gemaak, openlik vir almal om te sien, om Hom te sien vir wat Hy is, en Hy stel Homself bekend deur Sy skepping, sodat die mens Hom kan ken as Skepper en Onderhouer van alles. (Die Bybel beskryf God se bekendstelling aan en verlossing van die mens; die natuur beskryf God as Almagtige Skepper en Onderhouer van alles)
2. God gebruik die kleinste in Sy skepping, nl kinders en babas, om Sy wonderlike werk raak te sien en te besing. Die kinders doen wat satan en die wat God haat nie kon doen nie, nl om God te sien, te erken en Sy lof te besing! Daarmee maak God Sy vyande se monde stil! Hoe groot is U!
3. Jy sien, broer en suster, voor ons ‘n klein bietjie kan verstaan hoe groot God se liefde vir ons is, moet ons eers besef hoe klein ons teenoor die skepping is. As ons dan besef hoe klein ons is, kan ons eers besef hoe lief God ons het.
4. As skepsel minder werd as ‘n 6 duim spyker, as God se eiendom, so belangrik dat Hy Sy Seun gegee het om in ons plek te sterf!
Die mens se plek - Wat is die mens
Die mens se plek - Wat is die mens
4 Wanneer ek opkyk na die naghemel en ek sien die werke van u vingers, die maan en sterre wat U in hulle plekke geplaas het, 5 wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee? 6 U het hom ’n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roem en eer. (Engelse vertalings praat van “engele”, hebreeus Elohim vertaal as engel, soms God)
1. Dawid se verbasing is maklik om te verstaan - teen die geweldige skepping van God, teen Sy almagtigheid, waar pas die nietige mensie dan in? Het die mens dan enigsins ‘n plek in God se skepping - die eerste onvolmaakte mens wat dit durf waag het om sy rug te draai op sy Skepper?
2. God het die mens so lief, dat Hy hom net bietjie minder as engele gemaak het! God het die mens so lief, dat Hy die mens as die toppunt van Sy skepping gemaak het - hom gekroon het met aansien en belangrikheid in Sy skepping.
3. Soos Adam, het Hy die mens spesiaal gemaak - en gered deur die volmaakte Adam, Jesus Christus, wat in ons plek gesterf, en opgestaan het uit die dood! Hoe GROOT IS U!
Die mens heers oor alles
Die mens heers oor alles
7 U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge: 8 skape en beeste, alles, en ook die wilde diere van die veld, 9 die voëls in die lug, die visse in die see, en alles wat swem deur die seestrome.
1. God gee ‘n mandaad aan die mens (die eerste Adam) in Gen 1 om oor alles te heers, net onder die hemel wesens. Die mandaad gee die mens die reg om te beheer, maar nie te besit nie. God het letterlik alles aan die mens onderwerp! (Dawid gebruik soortgelyke woorde as die in Gen 1)
Heb 2:Wanneer die Skrif sê “alles” is onder die mens se beheer geplaas, beteken dit werklik álles. Tog sien ons nou nog glad nie dat alles reeds onder die mens se beheer is nie. 9Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf.
2. Die mandaad sal uiteindelik vervul word in Jesus, die Volmaakte Mens, en sal ook vervul word vir Sy volgelinge. Jesus, die 2de, maar volmaakte Adam.
1 Kor 15:27 Die Skrif sê mos: “God het aan Hom gesag oor alles gegee.” (Natuurlik, wanneer die Skrif sê dat God aan Hom die gesag oor alles gegee het, is God wat aan Christus hierdie gesag gegee het self uitgesluit.) 28Wanneer die Seun dan alles aan Homself onderwerp het, sal Hy Hom ook self aan God onderwerp. So sal God dan, wat aan sy Seun die gesag oor alles gegee het, uiteindelik die absolute Koning oor alles en almal wees.
Man, in the person and glorious destiny of Jesus of Nazareth, the second Adam, the head and representative of the race, will not only be restored to his original position, but exalted far beyond it.
bio.robertjamieson; Andrew Robert Fausset (Anglican Scholar); David Brown
3. Hierdie Psalm is ‘n uitspraak en lofprysing in verwondering oor die glorie en grootheid van God, die mens se plek in die skepping, maar Jesus bly bo alles steeds die middelpunt van alles. Jesus sal die wêreld, die heelal, ons, met God vereenig, en saam met God sal almal heers in die glorie en mag van God.
4. Kom ons kyk weer na ons botteltjie - hou dit waar u gereeld daarna kan kyk, en onthou dan:
Die punt van die speld wys hoe bitterklein ons is in terme van die skepping
Die spyker wys dat ons sonder God niks werd is nie, maar omdat ons aan God behoort deurdat ons sondes saam met Christus aan ‘n kruis vasgespyker is, is ons oneindig belangrik vir God
Die bottel dui daarop dat ons binne in God se Koningkryk is, en Sy beskerming geniet
Die lug in die bottel dui daarop dat God binne Sy skepping aktief is, en dieselfde lug aan die buitekant dui daarop dat God soveel groter en magtiger is as die skepping
Die proppie - Jesus Christus, waarom alles draai. Hy bring eenheid, vrede tussen die skepping en God, die mens en God. Sonder die prop is die bottel ‘n nuttelose kruik, met die prop is dit volmaak, soos wat Jesus ons ook eendag volmaak sal maak as ons saam met Hom in die hemel is. Jesus, alles draai om God se Seun, Jesus Christus. Ook ons lewe.
5. Daarom dan dat Dawid begin, en afsluit, met lofprysing en erkenning van die wonderlike Naam van God!
10 Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde!
10 Here, ons God, hoe vol majesteit is u Naam oor die hele aarde!
En ons be-aam: Hoe groot is U, ja Here, hoe GROOT is U!!!
En ons be-aam: Hoe groot is U, ja Here, hoe GROOT is U!!!
Amen
Amen
Stilgebed en afsluiting met gebed
Stilgebed en afsluiting met gebed