Bybelstudie - 1 Pet 1 - Oproep tot Lof

1 Peter  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 1 view
Notes
Transcript
Handout
Handout

Gebed

Skriflesing 1 Petrus 1:3 - 9

v3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het. v4 God het inderdaad ’n kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom. v5 En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word.
v6 Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry.
v7 Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.
v8 Hóm het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie.
v9 Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale verlossing, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry.

Agtergrond

Agtergrond: Petrus dikteer die brief aan Silvanus, met die hulp van Silas. Hulle is tans in Rome, waar Petrus die leier is van die Christen Kerk in Rome, waar hy later in die bewind van Nero (108aD) vermoor word deur die keiser. Die brief dateer omstreeks 64 - 68aD.
Die brief is ‘n algemene omsendbrief aan die verspreide Christene in verskeie streke, en geskryf met die doel om hulle te bemoedig en perspektief te gee op hulle geloof tydens verdrukking en slegte omstandigehede.

INHOUD

Erfdeel van God

Eer aan God omdat daar hoop is
1. Eer aan God: v3 Alle eer aan die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want sonder dat ons dit verdien, het Hy sy ontferming aan ons betoon deur die proses te begin wat op ons weergeboorte uitgeloop het. Nou het ons regtig hoop omdat Jesus Christus uit die dood opgestaan het.
Petrus open sy brief met lof aan God - baie interssant dat hy God as Vader van Jesus loof - hierdeur fokus hy die aandag op Jesus direk, want Jesus sal die sleutel wees om die res van hierdie brief te verstaan!
1.1 Petrus was een van die ooggetuies toe Jesus gekruisig was. Daar het sy hoop opgehou, omdat hy nog nie verstaan wat gebeur nie. Hy het gedink Jesus is vir altyd dood.
1.2 Eers toe Jesus opgestaan het uit die dood, het die waarheid deurgedring! God sorg vir die wedergeboorte, deur suiwer genade, vir almal wat in Christus glo! Hy het ons nuwe lewe reeds van die eerste ontmoeting met die mens beplan.
God gee die eerste profesie van Jesus se koms reeds in Gen 3:15 “ Van nou af sal jy en die vrou vyande wees. Dit geld ook vir jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop inslaan en jy sal hom noodlottig aan die hakskeen byt.”
1.3 Die opstanding - Jesus LEEF, vervul Petrus met onmeetbare blydskap, veral vir Petrus, wat waarskynlik met baie hartseer, agv sy verraad, moed verloor het.
Our old history ends with the cross; our new history begins with the resurrection.
Watchman Nee
1.4 As Jesus nie opgestaan het nie, sou die wêreld dood wees, geen hemel of Goddelike Koningkryk nie. En dit, Jesus se kruisdood en opstanding, het gebeur suiwer uit genade van Sy Vader, God Almagtig, en Sy geweldige liefde vir die mens!
Vraag: Wat beteken dit om “wedergebore” te wees?
Ant: Die ou sondige lewe het saam met Jesus aan die kruis gesterf, en daarom het ons saam met Hom uit die dood opgestaan as nuwe mens.
Vraag: Wat is die hoop wat ons het?
Ant: Die Ewige lewe; Verlossing deur Jesus; deel in God se Koningkryk
Vraag: Kan ons die ewige lewe verdien?
Ant: Nee, net deur geloof in Jesus Christus.
2. Bewaar deur God
God Bewaar: v4 God het inderdaad ’n kosbare erfporsie vir sy kinders. Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom. v5 En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word. v6 Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry.
2.1 God het ‘n wonderlike erfdeel vir Sy kinders wat in Jesus glo: Die verlossing van sonde en die ewige lewe!
2.2 Hierdie erfporsie kan nie verlore gaan, of deur sonde besmet word nie, omdat God, deur Sy mag, dit bewaar.
2.3 Meer as dit nog, God bewaar die gelowige, sodat hulle verlossing vir almal sigbaar sal wees met die wederkoms van Christus.
An inheritance is not only kept for us, but we are kept for it.
Richard Sibbes
2.4 Omdat jou verlossing in God se Seun vas gevestig is, moet julle onuitspreeklike vreugde ondervind, al moet julle vir Hom in hierdie wêreld swaarkry om Sy ontwil.
Vraag: Wat is die erfdeel wat God vir ons gereed hou?
Ant: Verlossing, en die Ewige Lewe.
Vraag: Noem ‘n paar dinge wat die Christen laat swaarkry?
Ant: Daar is baie dinge wat hier genoem kan word.
Vraag: Wat beteken die woord “bewaar” in hierdie verband?
Ant: Militêre term, oppas, beskerm, verhoed dat dit beskadig word. Veilig in God se hande. Die kiem van sonde kan dit nie besmet nie.
Our suffering is not worthy the name of suffering. When I consider my crosses, tribulations, and temptations, I shame myself almost to death; thinking what are they in comparison to the sufferings of my blessed Savior Christ Jesus.
Martin Luther (Founder of the German Reformation)
Vraag vir self ondersoek: Is jy werklik bly om in Christus swaar te kry, en indien jy twyfel, wil jy iets daaromtrent doen?

Beproewing vir Christus

Doel van beproewing
Beproewing: v7 Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word.
1.1 Die egtheid (nie hoeveelheid nie, maar die kwaliteit) word getoets deur daaglikse beproewinge. Slegs ware geloof lei na die verlossing.
1.2 Beproewing maak jou geloof suiwer, en gefokus op Jesus, net soos goud gesuiwer word deur vuur.
1.3 Jou geloof is baie meer werd as goud, of enige aardse besitting of plesier.
1.4 Egte geloof loop uit op die lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus aan die wêreld openbaar word.
Vraag: Wat beteken “egtheid van geloof”?
Ant: Hier word nie verwys na die hoeveelheid of grootte van geloof nie, maar of die geloof regtig en eerlik is, eg is in die ware sin van die woord.
Voorbeeld: ‘n Beeldjie van goud kan of totaal van 98% goud wees, of oorgeblaas met 75% goud in ‘n dun lagie, of geverf met goudkleurige verf - ‘n paar krappe met ‘n mespunt sal uitwys watter een dit is. So sal beproewing uitwys of jy regtig glo, of nie.
Vraag: Wat toets jou geloof in jou huidige omstandighede? Jy hoef nie persoonlike dinge te noem nie?

Liefde vir Christus

Hom het julle lief
Lief vir Jesus: v8 Hóm het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie. v9 Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale verlossing, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry.
1.1 Julle het Jesus lief, en vertrou Hom met julle lewe, al het julle Hom nie gesien nie.
1.2 Dit is egte geloof, en sal egte en die wonderlike vreugde van Christus tot gevolg bring. ‘n Vreugde te groot om in woorde te beskryf.
1.3 Julle ondervind hierdie blydskap OMDAT julle reeds deel is van die finale verlossing, wat inderdaad die hoofdoel van enige Christen se lewe is!
Vraag: Hoe kan ons in ons daaglikse lewe wys dat ons Jesus liefhet?
Ant: Verskeie dinge kan genoem word, bv deelname in Gemeente, lofsang, korrekte lewe en besluite.
Vraag: Wat is die hoof doelwit vir jou in jou lewe?
Ant: Behoort te wees om by Jesus te wees, of om hemel toe te gaan.

Opsomming

Gee eer aan God as Vader van ons Verlosser, omdat Hy deur die Opstanding van Jesus ons wedergeboorte laat gebeur. Hy het die proses in werking gestel omdat Hy ons liefhet, en uit genade vir ons.
God bewaar jou plek in die hemel, so bewaar hy jou ook sodat jy vlekloos kan wees met die wederkoms
Hieroor moet jy uitemate bly wees, al moet jy vir ‘n kort tydjie vir Chritus ly
Die doel van beproewing is om jou geloof se egtheid te toets en te suiwer
Jou geloof loop uit tot die ontvangs van jou erfdeel in Jesus, nl die Ewige Lewe
Al sien julle Jesus nie, het julle Hom tog lief en vertrou julle Hom, daarom moet julle onuitspreeklik bly wees - blydskap omdat julle reeds deel het aan die finale verlossing, die hoofdoel van julle lewens.

Toepassing

Dink aan jou persoonlike lewe vandag, en aan die dinge wat jou so versoek of laat swaarkry, dat jy nie kan bly wees nie, of twyfel jy aan die egtheid van jou geloof? As ek nou gaan bid, vertel dit vir God, en bid dan saam met my, as groep, vir almal se probleme en vrese.
ONTHOU - God weet ons kan nie volmaak wees nie, daarom was dit nodig dat Jesus aan die kruis moes sterf, en , belangrik, opstaan uit die dood, sodat jy gered kan wees, en daarom bly wees in moeilike omstandighede!

Gebed vir die groep se vrese

Luther, Martin (1483–1546). German Reformer, pastor, theologian, and translator of the Bible. Luther abruptly denounced a vocation as lawyer with a rash vow. Caught in the middle of a summer thunderstorm in 1505, he feared for his life and cried out for St Anne. If she would see him through the storm in safety, he would become a monk. This vow, so typical of medieval piety, set him on a slow but explosive path to reform medieval piety. Later, he would be released from his monastic vows (1518), excommunicated by the pope (1521), and declared an imperial outlaw (1521).
Luther is most well known as the first Reformer. He is the man who on October 31, 1517 hammered The Ninety-Five Theses to the door of the Wittenberg Castle Church in protest of the monetization of the forgiveness of sins. He is the man who stood before imperial and ecclesial elites at the Diet of Worms (1521) to boldly declare “my conscience is captive to the Word of God” rather than meekly retract his attack on Roman claims of superiority over Scripture (Luther 1958, 112). But these are just two peaks on the long road of reform that Luther embarked on as a pastor, professor, and translator, armed only with the word of God and a tenacious personality[1]
Luther had no illusions about who ran his household: his wife, Katharina von Bora. “I am the lesser lord; she the greater. I am Aaron; she is my Moses” (author’ trans.; Luther 1916, 576.17–18). In June of 1525 Luther and Katharina were married. Käthe (as he liked to call her) was the last of the nuns smuggled out of their convent in a herring delivery wagon (Brecht 1990, 100–101). She was a strong and sensible woman. Käthe ran a massive household of thirty to forty people—thirteen children (six her own and seven relatives whose parents had died) as well as house servants, guests, refugees, and numerous boarders (Brecht 1993, 235–40). In addition to the Black Cloister, formerly of the observant Augustinians, where the Luther family lived, Käthe also took care of two other properties filled with gardens of fruit, flowers, and vegetables. Her husband—who once cut a hole in his son’s brand-new pants to patch his own (Luther 1916, 365.4–7)—was of little help in the day-to-day of cooking and cleaning and collecting rent. He relished praying the catechism with the children in the morning and evening, pressing the question “what does this mean?” And he and his friends joyfully consumed Käthe’s homebrew over unbuttoned table talk.[2]
Luther’s career is defined by his conviction that Jesus Christ, the Son of God from eternity and the son of Mary in time, is a gift and example for us. Jesus became flesh to give us all that he is and has—his life, forgiveness, and salvation. As the Bible says, “faith comes from hearing, and hearing through the word of Christ” (Rom 10:17 ESV). The word of God gives us Jesus and all his gifts, including his Holy Spirit and faith. That is Luther’s reforming insight: God’s word alone justifies us. Only after we receive the gift of Jesus by his word can we strive to imitate Jesus in thought, word, and deed. To begin with good works is to compromise the pure gift of Jesus, which no one can merit and no one deserves. Luther saw trust in human ability and merit as the plague of church teaching and pastoral practice in his day. This gift-less theology Luther sought to reform according to God’s word. Whatever success Luther had, he chalked up to the might of God’s word, not his own strength and reason: “I did nothing; the Word did everything” (Luther 1959, 78).[3]
[1]Todd R. Hains, “Luther, Martin,” ed. Michael A. G. Haykin, The Essential Lexham Dictionary of Church History (Bellingham, WA: Lexham Press, 2022). [2]Todd R. Hains, “Luther, Martin,” ed. Michael A. G. Haykin, The Essential Lexham Dictionary of Church History (Bellingham, WA: Lexham Press, 2022). [3]Todd R. Hains, “Luther, Martin,” ed. Michael A. G. Haykin, The Essential Lexham Dictionary of Church History (Bellingham, WA: Lexham Press, 2022).
Related Media
See more
Related Sermons
See more