Bybelstudie - 1 Pet 1 - Oproep om heilig te leef
Notes
Transcript
Handout
Gebed
Gebed
Skriflesing 1 Petrus 1:13 - 21
Skriflesing 1 Petrus 1:13 - 21
v13 Sien daarom met verwagting uit na die genade wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe.
v14 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. v15 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. v16 Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!”
v17 En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders.
v18 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. v19 Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. v20 God het Hom lank voor die skepping al hiervoor bestem. God het Hom egter eers in hierdie eindtyd vir almal sigbaar gemaak. En Hy het dit vir júlle gedoen. v21 Christus maak dat julle al julle vertroue op God stel. God het Christus uit die dood opgewek en heerlikheid aan Hom gegee. Daarom stel julle al julle vertroue en hoop op God.
Vooraf
Vooraf
Vooraf: Die profete van die OT het probeer om te verstaan wat hulle profesieë dan sou beteken, maar God het aan hulle openbaar dat die kennis nie vir die profete se tyd bestem was nie, maar wat eers in die eindtyd bekend gemaak sal word: Jesus Christus is die Verlosser.
INHOUD - Petrus se Oproep
INHOUD - Petrus se Oproep
Lewe in toewyding, want julle is losgekoop
Lewe in toewyding, want julle is losgekoop
Wees gereed vir die reis
Wees gereed vir die reis
Wees gereed: v13 Sien daarom met verwagting uit na die genade wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe.
In Bybelse tye het mans lang togas gedra, en om gereed te wees om te werk of vêr te reis, is die toga opgebind met ‘n leer belt - hierdie gebruik word as metafoor gebruik om siel en verstand gereed to kry.
Wees gereed deur helder en nugter te leef, in afwagting op die wederkoms van Christus.
Wees opgewonde en gereed vir die openbaring van hoop en genade wat sal kom met die wederkoms van Jesus.
First, gird up your minds—get ready to think on God’s works and obey him at once. Then, while continuing to be spiritually alert, begin to expect eagerly and confidently that you will receive from God great blessings when Christ returns.’
bio.waynegrudem
Vraag: Waarvoor kan ons as Christene uitsien as Jesus weer kom?
Ant: Die ewige lewe!
Vraag: Wat is die eerste vereiste om te kwalifiseer vir die “genade wat gebring” sal word?
Ant: Slegs geloof in Jesus as die Christus kan ons red.
Vraag: Self ondersoek - sien jy met verwagting uit na die wederkoms, of het jy nog dinge om met God reg te maak?
Wees gehoorsaam
Wees gehoorsaam
Wees gehoorsaam: v14 Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. v15 Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees. v16 Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!”
As Christene moet ons gehoorsaam wees aan die Christelike leer, soos deur Jesus aan ons oorgedra.
Ons moet wakker wees sodat die sondige natuur, wat saam met Christus aan die kruis gesterf het, nie weer die oorhand oor ons kry nie. Voor ons bekering het ons nie besef of geweet van beter nie, toe het ons onself oorgegee aan wêreldse luste en begeertes. Nou moet ons leef soos Christus geleef het toe Hy op aarde was.
Leef heilig, in lyn met God - God is Heilig, en Hy verwag dat Sy kinders Sy voorbeeld volg en ook heilig moet leef. Hy het baie hoë verwagtinge van Sy kinders.
Vraag: Wat beteken dit om “heilig” te leef en wees?
Ant: Morally pure. Leef soos Jesus geleef het, bly weg van die sonde van hierdie wêreld. MAW wees soos Jesus!
Vraag: Bespreek die alledaagse dinge wat die Christen terughou om nie ten volle heilig te leef nie.
Ant: Hier kan verskeie dinge genoem word - die omgewing en menslike faktore, eie swakhede en begeertes.
God trek niemand voor nie
God trek niemand voor nie
God is regverdig: v17 En onthou dat die Vader tot wie julle bid, niemand voortrek wanneer Hy beoordeel nie. Hy beoordeel elke mens volgens sy dade. Daarom moet julle julle eerbied vir Hom wys met julle leefstyl, al is julle uitlanders.
God is totaal regverdig, en daarom gee Hy elke mens dieselfde kans om Hom aan te neem of te verwerp.
God oordeel dan ook met dieselfde regverdigheid oor elke mens se doen en late, en trek niemand voor nie.
Omdat God almal dan oor een kam skeer, moet ons in respek en eerbied vir Hom leef. Geen mens kan totaal regverdig wees soos God is nie. Dit is voorwaar ‘n eer om God te dien!
4786 There is nothing you can do to make God love you more! There is nothing you can do to make God love you less! His love is unconditional, impartial, everlasting, infinite, perfect! God is love!
Anonymous
Vraag: Hoekom gee God elke mens die keuse hoe hy / sy wil lewe?
Ant: God is totaal regverdig, so elke mens het presies dieselfde kans om die regte besluit te neem.
Vraag: Wat sou die situasie wees as God nie totaal regverdig is nie?
Ant: As dit nie so was nie, sou ons Godsdiens verniet gewees het, as God nie regverdig oordeel nie, wie of hoe sou Hy kies - mooi, lelik, vet, maer? Verder, as God nie regverdig ge-oordeel het nie, sou Hy Sy Seun tot die dood veroordeel het - nee, waarskynlik nie!
Vraag: Wat word bedoel met “uitlanders”?
Ant: Ons as gelowiges woon tydelik op die aarde, dus is ons vreemdelinge vir die ongelowiges. Ons is burgers van die Koningkryk van God.
Jesus het betaal
Jesus het betaal: v18 Julle weet mos dat God betaal het om julle los te koop van die sinlose leefstyl wat julle van julle voorouers oorgeërf het. En dié losprys was nie dinge wat vergaan, soos goud of silwer nie. v19 Inteendeel, dit was die kosbare bloed van Christus, soos dié van ’n lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.
Die losprys vir ons sonde, die hele mensdom se sonde, was die bloed van ons Here Jesus Christus!
Hierdie sonde het ons oorge-erf van Adam af, en het ‘n sinlose jammerhartige lewe tot gevolg, ‘n Lewe wat tot die ewige dood sou lei.
Jesus is die Lam, totaal ongeskonde, vlekloos en sondeloos, wat in ons plek tereg gestel is, aan die kruis gehang het en ons sonde saam met Hom, sodat ons kan leef in die Koningkryk van God - nou reeds deel daarvan kan wees.
Geen aardse ding, besitting, goud, silwer of wat ookal, kon die prys betaal wat die Lam betaal het nie.
Vraag: Kon Jesus vir ons sterf as Hy ook sondig was?
Ant: Nee - Jesus moes, en was totaal sonder sonde, sonder vlek of merk. Hy sou nie kon betaal vir ‘n ander se sonde as Hyself sonde gehad het nie, want dan sou Hy vir sy eie sonde moes boet.
Vraag: Kon God nie maar net almal vergewe het nie?
Ant: Nee, want dan was Hy nie regverdig nie.
God het bestem
God het bestem
God het bestem: v20 God het Hom lank voor die skepping al hiervoor bestem. God het Hom egter eers in hierdie eindtyd vir almal sigbaar gemaak. En Hy het dit vir júlle gedoen.
God se plan met die mens is reeds voor die skepping in werking gestel. Sy plan vir die redding van Sy volk het dus reeds duisende jare gelede begin, en Hy het die proses deur die hele OT aangkondig en verduidelik, alhoewel niemand dit toe kon verstaan nie. Selfs die profete het hieroor gewonder!
Die werklikheid het eers werklik sigbaar geword toe Jesus uit die dood opgewek is, en die Gees uitgestort is.
God het die mens, jou en my, so oneindig lief - ons kan dit nie werklik verstaan nie, alhoewel ons dit eendag sal verstaan! Dit is te groot om te verstaan!
Joh 3:16 (NLV)“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Vraag: Wie weet wat die 4 pilare is waarop die Christelike gelof staan?
Ant: God het geskep en onderhou Sy skepping; Die mens het gesondig teen God; God het Sy Seun as Verlosser gegee; Die mens kan deur te glo gered word.
Vraag: Vir self ondersoek - waar staan jy in terme van jou geloof, glo jy dat Jesus jou Redder is?
Vertroue deur Christus
Vertroue deur Christus
Vertroue deur Christus: v21 Christus maak dat julle al julle vertroue op God stel. God het Christus uit die dood opgewek en heerlikheid aan Hom gegee. Daarom stel julle al julle vertroue en hoop op God.
God gee vir elkeen wat in Jesus glo, die ewige lewe - Hy hou dit in bewaring to met die Wederkoms van Jesus, wanneer ons die volle omvang daarvan sal ken, verstaan en geniet.
Ons vertrou ten volle op God, omdat ons weet dat Jesus uit die dood ogewek is, en dat Jesus opgevaar het hemel toe.
Ons volle hoop is op Hom gerig, en daarom kan ons in vreugde en vrede leef, as deel van Sy Koningkryk.
Vraag: Leef ons werklik al in die Koningkryk van God?
Ant: As gelowige Christen deel ons reeds in die vreugde, beskerming en genade van God. Dit is die aardse “been” van Sy Koningkryk.
Vraag: Wat dan van die versoekinge en pyn op aarde?
Ant: Deur God te vertou, en te bly glo in Jesus, gee God sy mense hulp, bystand, liefde, en help Hy hulle deur pyn en leiding. Sonder Hom sou ons nie die aardse versoeking en beproewinge kon deurstaan nie.
Vraag: Glo jy in Jesus Christus? Indien nie, gee jouself oor aan Hom - Hy is getrou en regverdig, en sal jou sondes vergewe.
Opsomming
Opsomming
Julle moet gereed wees, nugter en kalm van gees, sodat julle kan ontvang dit wat vir julle gereed gehou word wanneer Jesus weer verskyn.
Wees gehoorsaam aan God, en pasop dat die sondige natuur nie die oorhand oor julle kry nie.
God oordeel elkeen volgens sy eie doen en late, daarom moet julle in respek en eerbied vir Hom leef,
Julle is losgekoop deur die kosbare bloed van Jesus, die volmaakte Lam, nie met aardse goud of silwer nie.
God het reeds voor die skepping bestem dat Sy Seun, Jesus, die Messias is.
Stel julle vertroue en hoop op God, deur Jesus, sodat julle kan ontvang wat Hy vir julle bewaar:- die ewige lewe deur die soendood van Jesus Christus.
Toepassing
Toepassing
Hoe kan jy jouself voorberei vir die geweldige genadegawe wat jy sal kry met die wederkoms?
Glo en belei jou geloof in Jesus Christus - leef soos Hy geleef het.
1 Joh 3:2 - 3 (NLV) Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk. Almal wat uit hierdie Christusverwagting leef, hou hulleself vlekkeloos soos Hy vlekkeloos is.
Gebruik die wapenrusting van God om Satan uit jou lewe te hou.
Rom 13:12 (NLV) Die nag is byna verby, die dag is so te sê hier. Kom ons trek daardie vuil sondeklere uit wat in die donker tuishoort, en ons trek die wapenrusting aan wat pas by ’n lewe in die lig.
Deur jou lewe te hou aan Gods Woord - pasop vir vals profete en misleidings.
Markus 13:5 - 6 (NLV) Jesus het geantwoord: “Wees versigtig dat niemand julle op ’n dwaalspoor bring nie. Baie mense sal in my Naam met die aanspraak kom: ‘Ek is die Messias,’ en hulle sal baie op ’n dwaalspoor bring.
Wees wakker en nugter, ons weet nie wanneer die wederkoms gaan gebeur nie!
Dink aan die 5 meisies sonder olie in hulle lampe!
Matt 25:4 (NLV) Die ander vyf daarenteen was verstandig genoeg om, afgesien van hulle lampe, ook nog ekstra olie in houers saam te vat.
Moenie hoop verloor nie - Jesus het verlossing gebring, en dit gee ons hoop vir Sy wederkoms. Jy sal versoekinge en swaarkry beleef ter will van Christus.
Jona 2:7 (NLV) Toe ek alle hoop verloor het, het ek weer aan die Here gedink. In u heilige tempel het U my gebed gehoor.
Bemoedig mekaar, bid vir mekaar, wees ‘n gemeente vir mekaar!
Rom 1:12 (NLV) Eintlik bedoel ek dat ons mekáár dan oor en weer sal kan bemoedig deur ons gemeenskaplike geloof.
Leef asof vandag jou laaste dag is, asof Jesus reeds op pad is. Ons verwag Hom enige oomblik - moenie dat Hy ons onkant betrap nie!
1 Joh 2:28 (NLV) En nou, kinders, leef in ’n hegte verhouding met Hom sodat, wanneer Hy ook al verskyn, ons die vrymoedigheid kan hê om nie beskaamd te staan by sy koms nie.
Gebed
Gebed