Bybelstudie 1 Pet 2:11 - 17 Oproep tot voorbeeldige lewe

Bybelstude 1 Petrus  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 2 views
Notes
Transcript
Handout

Gebed

Skriflesing 1 Pet 2:11 - 17

1 Petrus 2:11 - 17 v11 Geliefdes, omdat julle uitlanders en bywoners is, waarsku ek julle om nie aan julle natuurlike neigings toe te gee nie. Dit verwoes net ’n mens se lewe. v12 Handhaaf ’n voorbeeldige leefstyl onder die nie-Christene, selfs al kla hulle julle aan van wangedrag. Hulle sal dan julle goeie gedrag sien en God die eer daarvoor gee wanneer Hy kom rekenskap vra.
v13 Omdat die Here dit so wil hê, moet julle alle gesag aanvaar – die koning as staatshoof v14 én die amptenare wat die koning benoem het. Die koning het ’n mandaat aan hulle gegee om dié wat kwaad doen, te straf, en erkenning te gee aan dié wat goeddoen.
v15 Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak. v16 Dis waar: Julle is nie slawe nie; julle ís vry mense. Maar moenie julle vryheid as dekmantel misbruik om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God se diensknegte te wees.
v17 Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God. Respekteer die koning.

Vooraf

Petrus doen ‘n beroep op gelowiges om hulle vleeslike sonde af te lê, en aktief geestelik te groei. Jesus is die Lewende Hoeksteen van die Kerk van God, en die lidmate is lewende stene in die geestelike gebou. Hulle vorm ‘n geestelike priesterdom, wat die Lig uitstraal. Voor ons bekering was ons sonder die genade van God, maar noudat ons bekeer is, leef ons in die genade van God.

INHOUD - Petrus se oproep

Voorbeeldige Lewenstyl

v11 Geliefdes, omdat julle uitlanders en bywoners is, waarsku ek julle om nie aan julle natuurlike neigings toe te gee nie. Dit verwoes net ’n mens se lewe. v12 Handhaaf ’n voorbeeldige leefstyl onder die nie-Christene, selfs al kla hulle julle aan van wangedrag. Hulle sal dan julle goeie gedrag sien en God die eer daarvoor gee wanneer Hy kom rekenskap vra.
Gelowiges se woonplek is in die Hemel, in die Koningkryk van God. Daarom dat Petrus sê dat die gelowige ‘n vreemdeling is op aarde, wat tussen ongelowige mense moet leef. Ons leef doodgewoon anders as nie-gelowiges!
Die wêreld se vleeslike gedrag pas daarom nie by gelowiges nie. Deur hulle goeie gedrag en die weerhouding van die vleeslike vieslikhede, stel gelowiges ‘n voorbeeld vir die wat nie glo nie, en selfs al word die Christen met minagting en vals aanklagte behandel, sal hulle optrede ongelowiges tot voorbeeld wees.
Hierdie voorbeeld sal verseker dat hulle God sal eer by die wederkoms.
Vraag: Wat beteken die metafoor: foreigners and strangers?
Ant: Vreemdelinge het ander waardes, norme en gedrag as die mense tussen wie hulle bly. Hulle kan dus uitgeken word aan hulle “vreemde” gedrag, bv. om nie matariki te vier nie omdat dit ander gode vereer.
Vraag: Wat moet ons doen om soos helder ligte in hierdie donker wêreld te skyn? Bespreek wat jy kan doen?
Ant: Leef noukeurig volgens die Boodskap - dws leef soos Jesus geleef het, of streef ernstig daarna!
Fil 2:14 (NLV) Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre.
Vraag: Wat is “sonde van die vlees” - noem en bespreek ‘n paar en hoe jy dit vermy?
Ant: Meestal seksueel of drang-gedrywde sonde wat teenstrydig is met wat Jesus geleer het, bv: ongehude seks, ontug, maar ook vloek, skel, dronk, drugs, dobbel.
Galatians 5:19–21 LEB
Now the deeds of the flesh are evident, which are sexual immorality, impurity, licentiousness, idolatry, sorcery, enmity, strife, jealousy, outbursts of anger, selfish ambition, dissension, factions, envy, drunkenness, carousing, and things like these, things which I am telling you in advance, just as I said before, that the ones who practice such things will not inherit the kingdom of God.

Respekteer Gesag

v13 Omdat die Here dit so wil hê, moet julle alle gesag aanvaar – die koning as staatshoof v14 én die amptenare wat die koning benoem het. Die koning het ’n mandaat aan hulle gegee om dié wat kwaad doen, te straf, en erkenning te gee aan dié wat goeddoen.
Ons moet onthou dat Jesus nie gekom het om die aardse verdrukkers / owerhede te verwyder of vernietig nie - Hy het gekom om God se Geestelike Koningkryk weer met God te vereenig na die sondeval.
God het self gesag daargestel, en daarom moet ons die gesag van die owerhede aanvaar en volgens dit leef, om Christus ontwil.
God gee owerhede die reg om te straf of om te vereer, volgens die wette van die land. Hy vereis egter regverdigheid, en indien die heerser verkeerd optree, is dit God se eer om te straf soos Hy wil.
Vraag: Wat sou dit beteken om die gesag van owerhede te aanvaar?
Ant: Eerbiedig die landswette, insluitende die padverkeerswet, betaal belasting, stem.
Vraag: Noem ‘n paar algemene “kleiner” oortredings, wat maklik gesien word as “dit is OK’?
Ant: Spoed en verkeers oortreding, doen nie wat ouers vra nie, kook belasting, steel ‘n potlood by die werk, praat slegte optrede goed - daar is ‘n magdom dinge wat genoem kan word.
Mat 5:19 As jy dus die kleinste van God se opdragte opsy sou skuif en ander leer om dit ook te doen, sal jy die kleinste wees in God se koninkryk. Maar as jy God se wet tot in sy kleinste detail respekteer en gehoorsaam, sal jy groot wees in sy koninkryk.
Vraag: Is eerbiedig dieselfde as “saamstem”?
Ant: Nee, maar al stem jy nie vir die party, of is jy ‘n republukein, moet jy steeds ontsag betoon.
Vraag: Sou ‘owerheid” jou skool, jou ouers insluit?
Ant: Almal wat gesag oor jou het, moet jy respekteer.

Goeie Gedrag

v15 Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak. v16 Dis waar: Julle is nie slawe nie; julle ís vry mense. Maar moenie julle vryheid as dekmantel misbruik om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God se diensknegte te wees.
Die gedrag wat ‘n gelowige vertoon is uiters belangrik - jou gedrag wys of jy ‘n Christen is of nie!
Jy is vrygemaak van die dood deur die kruisdood, maar jy mag dit nie misbruik om aanhoudend te sondig nie. God vergewe, maar as jy telkens dieselfde sonde doen, met die verwagting dat Hy maar weer sal vergewe, tart jy God.
Vraag: Dink vir ‘n paar oomblikke aan jou gedrag, waar jy ookal was vandag: het jy jou humeur verloor, dalk erger dinge gedoen? Nou is die tyd om dit te belei!
Vraag: Hoekom sou Petrus praat van “onkundiges”?
Ant: Die ongelowiges verstaan nie hoekom gelowiges anders optree nie, omdat hulle God en Jesus nie ken nie. Hulle verstaan ook nie die uiteinde van die sonde, nl. die geestelike dood, nie.

Respek vir Almal

v17 Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God. Respekteer die koning.
Julle moet almal wat jy teenkom, met respek, goedhartigheid en eerbied behandel - dit is die plig van elke Christen, en dien as voorbeeld vir ander.
Vraag: Wie is die “huisgesin van God”, en hoe kan jy liefde aan hulle bewys - bespreek?
Ant: Medegelowiges - bid, hulp, deelneem, drukkie, aanvaar, waardeer ens.
Vraag: Wat beteken “ontsag vir God” (fear God) - lees Pred 12:13
Pred 12:13 (NLV) Na alles wat jy gehoor het, is dit die finale slotsom: Wees eerbiedig teenoor God en gehoorsaam sy gebooie. Dit word van alle mense gevra.

Opsomming

Julle is vreemdelinge in die fisiese aardse lewe, raak dus ontslae van die aardse begeertes en drange - dit sal as goeie voorbeeld wees vir die ongelowiges. Neem die begeerte na God ernstig op.
Aanvaar en respekteer almal wat gesag oor jou het - dit is deur God daargestel, en Hy sal oordeel oor hulle.
Sorg dat jy altyd goeie gedrag vertoon, dit sal kwaadpraters skaam maak, soos God wil.
Moenie jou vryheid misbruik nie.
Respekteer alle mense, wees lief vir alle gelowiges, vrees God en eerbiedig die koning.

Toepassing - oorweeg die volgende:

Glo standvastig, met volle vertroue en hoop, in Jesus Christus as jou Saligmaker, en aanvaar Sy vryspraak. Bely jou geloof en DOEN soos jy glo. 1 John 5:1 “Everyone who believes that Jesus is the Christ has been fathered by God, and everyone who loves the father also loves the child fathered by him.”
Vergewe almal wat jou te na kom. God is regverdig, Hy sal jou sonde vergewe in Jesus, maar verwag jy moet jou skuldenaars vergewe. Matthew 6:14–15 “For if you forgive people their sins, your heavenly Father will also forgive you. But if you do not forgive people, neither will your Father forgive your sins.”
Soek allereers die wil van God, nie die begeertes van mense nie. Lees jou Bybel, bestudeer die Bybel, en jy sal oneindig baie skatte ontdek! 1 John 2:1 “My little children, I am writing these things to you in order that you may not sin. And if anyone sins, we have an advocate with the Father, Jesus Christ the righteous one,”
Vrees en het ontsag vir God, maar respekteer mense. Wees lief vir God en Jesus, en sê dit vir Hom. Prakties en in gebed, doen. Onthou, dit wat jy dink, doen jy! Job 37:24 “Therefore people revered him; he does not regard any who think that they are wise.”
Daar is net EEN God, vermy alles wat die teendeel probeer propageer of verkondig. Vermy alle dinge wat teenstrydig is met die Christelike leerstelling, moet nie daaraan deelneem of dit bedryf nie - dit maak deure oop vir satan om in te kom, bv: matariki, ligte fees, budisme. Romans 3:30 “since God is one, who will justify those who are circumcised by faith and those who are uncircumcised through faith.”
Bid gereeld, bid vir jouself, vir ander, vir jou geestelike groei. Colossians 4:2 “Be devoted to prayer, keeping alert in it with thanksgiving,”

Gebed

Related Media
See more
Related Sermons
See more