Bybelstudie 1 Pet 2:1 - 10 Oproep tot geestelike groei
Bybelstudie 1 Petrus • Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 1 viewNotes
Transcript
Handout
Gebed
Gebed
Skriflesing 1 Petrus 2:1 - 10
Skriflesing 1 Petrus 2:1 - 10
v1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. v2 Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. v3 Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is.
v4 Julle het na Christus toe gekom, Hy wat die lewende hoekklip is van God se geestelike tempel. Die mense het Hom afgekeur as hoekklip, maar God het Hom vir dié ereplek uitgekies. v5 Laat julle as lewende klippe inbou in God se geestelike tempel. Julle taak as tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring. God aanvaar hierdie offers juis omdat Jesus Christus die hoekklip is. v6 Soos dit in die Skrif staan:
“Ek lê in Sion ’n hoekklip,
uitgekies vir dié ereplek.
Elkeen wat op Hom vertrou,
sal nóóit verneder word nie.”
7Hierdie eer is dus bedoel vir julle wat glo. Vir dié wat egter nie glo nie, geld die volgende woorde:
“Juis daardie klip wat deur die bouers afgekeur is,
het die sluitklip van die gebou geword.”
v8 Die volgende Skrifdeel geld ook vir dié wat nie glo nie:
“Hy is ’n klip waaroor mense struikel,
’n rots wat jou laat val.”
Hulle struikel omdat hulle nie aan God se woord gehoorsaam is nie. Hulle was vir hierdie struikeling bestem.
v9 Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.
v10 “Vroeër was julle nie ’n volk nie; nou is julle egter die volk
van God. Vroeër het God geen ontferming aan julle bewys nie; nou hét julle egter sy ontferming.”
Vooraf
Vooraf
Petrus roep gelowiges op om hulleself gereed te hou vir die koms van Jesus, deur helder en nugter te leef. Hulle moet gehoorsaam wees aan God, en weet dat God niemand voortrek wanneer Hy mense oordeel nie.
Jesus, die volmaakte Lam, het vir almal wat in Hom glo, se sondes betaal, soos wat reeds deur God bestem is selfs voor die skepping. Daarom is julle hoop en vertoue op God gerig, deur Jesus Christus.
INHOUD - Petrus se oproep
INHOUD - Petrus se oproep
Voedsel vir geestelike groei
Voedsel vir geestelike groei
Geestelike Groei: v1 Julle moet julleself distansieer van alle slegte gedrag, van elke vorm van valsheid, van voorgee wat julle nie is nie, van jaloesie en alle kwaadpratery. v2 Hiervoor moet julle genoeg geestelike melk inkry. Smag daarom na hierdie voeding soos pasgebore babatjies na hulle ma se melk sodat julle daardeur kan groei tot volwasse verlostes. v3 Julle het mos net ná julle weergeboorte klaar geproe hoe goed die Here is.
Petrus beveel hulle om van die sondige lewe af te lê, en noem dan die volgende spesifieke sake: valsheid, jaloesie, kwaadpratery, slegte gedrag.
Hulle moet geestelik groei deur die Woord van God - hulle moet so smag na die suiwer Woord van God, soos die uiters sterk drang van ‘n baba na moedersmelk.
Hulle weet dat God goed is.
Vraag: Hoekom is dit belangrik om te weet dat Petrus veral vir Joodse Christene skryf?
Ant: Petrus gebruik baie OT aanhalings en beelde, wat bekend was aan die Jode wat die OT goed geken het, om sy saak te verduidelik. Hulls sou dus makliker sy redenasie volg omdat hulle weet waarvandaan hy redeneer.
Vraag: Watter ander dinge kan jy aan dink wat die Christen moet aflê?
Ant: Bv woede, wraak, ontug, onsedelikheid.
Vraag: Die metafoor “geestelike melk”: wat beteken dit vir jou?
Ant: Die Woord van God, spesifiek ook Jesus. Maw die Christen smag na Jesus soos ‘n baba na melk smag.
Vraag: In ons alledaagse lewe, hoe kan ons geestelik groei, wat moet ons doen om te groei?
Ant: Verskeie dinge kan genoem word: Bybelstudie, werk in gemeente.
Lewende Hoeksteen
Lewende Hoeksteen
Lewende Hoeksteen: v4 Julle het na Christus toe gekom, Hy wat die lewende hoekklip is van God se geestelike tempel. Die mense het Hom afgekeur as hoekklip, maar God het Hom vir dié ereplek uitgekies. v5 Laat julle as lewende klippe inbou in God se geestelike tempel. Julle taak as tempel is om heilige priesters te wees wat geestelike offers bring. God aanvaar hierdie offers juis omdat Jesus Christus die hoekklip is. v6 Soos dit in die Skrif staan:
“Ek lê in Sion ’n hoekklip, uitgekies vir dié ereplek.
Elkeen wat op Hom vertrou, sal nóóit verneder word nie.”
Jesus is die hoeksteen waarop God se Koningkryk gebou word. Hy is verwerp deur Israel en Juda, maar God het Hom as die belangrikste beskou, en aan Hom die ereplek in die Koningkryk gegee.
Alle mense wat nie in Jesus glo nie, val in die groep wat die hoeksteen verwerp het. Gelowiges daarinteen, is lewende klippe, wat in die muur van God se geestelike tempel ingebou word. Hulle vorm ‘n heilige priesterdom, soortgelyk aan die priesters in die tempel in Juda, die keer egter geestelik in God se Koningkryk. Let op dat hier gepraat word van “lewende klippe”!
Elkeen wat in Jesus glo, kan verseker wees dat hy / sy van sonde verlos is, en dat hulle erfporsie deur God bewaar word (1 Petrus 1:4)
Vraag: Besin wat die doel van ‘n hoeksteen is?
Ant: Die hele gebou word volgens die steen uitgelê, level gemaak. Dit vorm die begin punt wat alles stabiel hou.
Vraag: Wat beteken dit om die hoek klip af te keur?
Ant: ‘n Hoeksteen is baie versigtig uitgekies, omdat dit die regte vorm, dikte en grootte moes wees om as eerste steen gebruik te word. Hierdie vergelyking word nou gebruik dat die bouers Jesus afgekeur het, omdat Hy nie was wat hulle wou hê dat Hy moes wees nie, nl ‘n aardse leier wat hulle van hulle vyande sou verlos.
Vraag: Hoekom word die woord “lewend” hier gebruik - die beeld sou tog kon werk sonder dit?
Ant: Werkwoord, om te lewe. Christene is aktief besig met God se werk, as deel van ‘n algemene Christelike Kerk die wêreld deur, maar ook in hulle eie gemeente.
Vraag: Wie is Sion?
Ant: Jerusalem
Klip om oor te struikel
Klip om oor te struikel
Struikelblok vir ander: v7 Hierdie eer is dus bedoel vir julle wat glo. Vir dié wat egter nie glo nie, geld die volgende woorde:
“Juis daardie klip wat deur die bouers afgekeur is, het die sluitklip van die gebou geword.”
v8 Die volgende Skrifdeel geld ook vir dié wat nie glo nie:
“Hy is ’n klip waaroor mense struikel, ’n rots wat jou laat val.”
Hulle struikel omdat hulle nie aan God se woord gehoorsaam is nie. Hulle was vir hierdie struikeling bestem.
Die voorreg om in God se Volk te wees, is slegs vir gelowiges bedoel. Ongelowiges, die wat Jesus verwerp, sal egter tot ‘n val gebring word, juis deur die Een wat hulle verwerp.
Die woord “sluitklip” hierbo gebruik, word steeds in ander vertalings as hoeksteen vertaal. Ons bly dus by die beeld dat Jesus die hoeksteen (cornerstone) van die Kerk is.
Vraag: Lees Jesaja 8:14
Vraag: Hoekom struikel gelowiges?
Ant: Hulle is nie aan God gehoorsaam nie. Alhoewel hulle glo, struikel hulle steeds omdat hulle nie volmaak is nie.
Vraag: Is daar dan nog verlossing as ‘n gelowige struikel? Lees asb Johannes 3:16!
Ant: JOHANNES 3:16 (NLV)
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Vraag: Dink in stilte - Hoe staan jou sake met God en wat God van jou verwag?
Verkose Nasie
Verkose Nasie
Verkose Nasie: v9 Dit geld egter nie vir julle nie, want God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.
v10 “Vroeër was julle nie ’n volk nie; nou is julle egter die volk
van God. Vroeër het God geen ontferming aan julle bewys nie; nou hét julle egter sy ontferming.”
God het die wat in Jesus glo as Sy volk gekies, met ‘n besondere taak: om totaal aan God te behoort. Hy het dit gedoen sodat die Christen Kerk ‘n voorbeeld, ‘n lig in ‘n donker wêreld vir God kan wees.
Dit is slegs deur die genade en liefde van God dat ons gered is van die ewige straf, deurdat Jesus aan die kruis gesterf het, maar ook baie belangrik, opgestaan het uit die dood. Voor ons bekering was ons verdoem tot die dood, maar deur Sy genade, is ons nou verlostes, deel van Sy Kerk.
Vraag: Hoe kan jy in diens van God en Sy Kerk op aarde wees?
Ant: God het almal gawes gegee, deur dit te gebruik. Bv: preek, leierskap, skottelgoed was, siekes besoek, bid vir ander.
Vraag: Lees 2 Kor 4:6 en besin in stilte:- wat kan jy persoonlik doen om God se Lig te laat skyn?
Ant: 2 Korintiërs 4:6
God het gesê: “Laat daar lig skyn uit die duisternis.” So het Hy ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal.
Opsomming
Opsomming
Raak ontslae van sonde, en groei geestelik deur aktiewe studie en aktiwiteite in die Gemeente
Jesus is die Lewende Hoeksteen van Sy Kerk - as jy in Hom glo, sal jy gered wees, deel van die geestelike tempel in die koningkryk van God
God het Jesus uitgekies as die Hoeksteen van Sy Kerk, vir die wat glo is Hy die Verlosser, vir die ongelowige die struikelblok wat hulle laat val - soos God van die begin af bestem het om te gebeur
Christene is die geestelike priesterdom van God, wat Sy lig deur Jesus ervaar, en dit ook moet uitstraal na die wêreld.
Voor ons bekering was ons sonder die genade van God, maar nou deel ons met vreugde in Sy genade - die ewige lewe in Sy Koningkryk.
Toepassing
Toepassing
So, wat kan ons doen om geestelik te groei? Hier is ‘n paar dinge:
Lees die woord van God, bestudeer dit, spandeer tyd met God en Sy Woord.
Mat 4:4 Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf: ‘’n Mens het meer as brood nodig om van te lewe. Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond.’ ”
2. Gaan gereëld kerk toe, wees deel van die gemeente se
aktiwiteit - hoe meer jy met Christene meng, hoe meer groei jy geestelik.
Rom 10:17 Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.
3. Beheer jou gedagtes - dit wat jy dink doen jy. As jy lelike dinge dink, doen jy lelike dinge, as jy mooi dinge dink, so doen jy mooi dinge!
Having the knowledge of God’s Word control our minds is the key to righteous living. What controls your thoughts will control your behavior. Self-control is a result of mind-control, which is dependent on knowledge.
John F. MacArthur
4. Loof God, gee aan Hom die eer en lof, dit is na alles deur Sy genade alleen dat jy gered is.
The most holy service that we can render to God is to be employed in praising his name.
John Calvin (French Reformer)
5. Bid gereeld, elke dag. Bid in geloof vir jouself, vir ander en die gemeente.
Grant that I may not pray alone with the mouth; help me that I may pray from the depths of my heart.
Martin Luther (Founder of the German Reformation)
6. Vergewe die wat jou te na kom, en vergeet dan daarvan. As jy nie vergewe nie, word jy nie vergewe nie.
Mat 6:15 Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.
Gebed
Gebed