Wedergeboorte & Bekering - Lering

Wedergeboorte & Bekering  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 3 views
Notes
Transcript

Vraag

Wat is die verskil tussen wedergeboorte en bekering?

Hoe om Weergebore te word.

Weet jy dat God jou liefhet en ontsettend baie vir jou omgee? Soveel sò dat Hy 2000 jaar gelede Sy enigste Seun, Jesus Christus gestuur het om as ‘n offer vir JOU sondes aan die kruis te sterf. Hierdie offer het nie net vir JOU sondevergifnis en die ewige lewe verdien nie, maar ook vir JOU geregtigheid voor God, genesing van jou liggaam en voorspoed in jou daaglikse lewe.
Maar God het verder gegaan omdat Hy jou sò liefhet: Hy het Sy kosbare Heilige Gees na die aarde gestuur om jou Trooster en Helper te wees elke dag van jou lewe.
Waarom dan nog langer uitstel om AL HIERDIE WONDERLIKE GESKENKE wat God vir jou wil gee, te ontvang? Kom, ontvang dit, God se Woord sê dis JOUNE!
As jy vir twee derdes van die blankes in ons land sou vra of hulle Christene is, sou hulle bevestigend antwoord. As jy egter vir hierdie selfde mense sou vra òf hulle seker is dat hulle siele gered is, òf hulle seker is hulle gaan die ewigheid by God deurbring, antwoord baie van hulle met “Ek hoop sò” “Ek probeer my bes” “Ek dink so.” En die meeste van hulle staan nie heeltemal onverskillig nie!
Hulle het groot geword in Christelike ouerhuise en in die kerk, is lidmate van die kerk, stuur hulle kinders Sondagskool toe, besoek self dikwels die kerk en dra hulle dankoffer by, maar wanneer dit kom by ‘n Persoonlike Verhouding met die Seun van God, waar sekerheid van redding en die ewige lewe uitvloei, is hulle vaag en onseker.
Daarom hierdie vraag aan jou, Liewe Leser, Weet JY WAAR JY STAAN MET
GOD? Kom ons gesels sommer padlangs hieroor.

Hoe om Weergebore te Word.

John 3:16 ESV
“For God so loved the world, that he gave his only Son, that whoever believes in him should not perish but have eternal life.
Jy is geskei van God deur sonde as jy nog nooit vir Jesus die Here van jou lewe gemaak het nie. JY is die rede waarom God Jesus na die kruis gestuur het. Hy sê Self so in Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld (dit sluit JOU in) gehad, dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen (JY ook) wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê! (Dis vir JOU).
Romans 5:8 ESV
but God shows his love for us in that while we were still sinners, Christ died for us.
Rom 5:8 - maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Eph 2:4 - Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
2 Thess 2:16 - En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en ‘n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het,
1 John 4:10 - Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.
Rev 1:5 - en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
Rom 8:32 - Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
1 John 4:9 - Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
John 1:18 - Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
1 John 4:9 - Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
John 3:36 - Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
Joh 6:40 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Joh 11:25 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;

Hoe om Weergebore te word

2 Corinthians 5:21 ESV
For our sake he made him to be sin who knew no sin, so that in him we might become the righteousness of God.
Ons lees in 2 Kor 5:21 dat God vir Jesus, sonde laat word het VIR ONS, alhoewel Hy sonder sonde was. Jesus was die Vlekkelose Seun van God. Hy het nie sonde geken nie, maar God het Hom sondig gemaak vir JOU. Waarom het Jesus aan die kruis gesterwe?
OM DIE PRYS VIR SONDE TE BETAAL
– daarvoor het Hy na die aarde gekom en die afgryslikste dood gesterwe. En hierdeur het Hy die sonde en siekte probleem afgehandel want die PRYS was BETAAL. Jesus het oor satan getriomfeer toe Hy uit die dood opgestaan het.

Wat keer jou dan nog om ‘n Kind van God te word?

John 3:5 ESV
Jesus answered, “Truly, truly, I say to you, unless one is born of water and the Spirit, he cannot enter the kingdom of God.
Is dit jou onwilligheid om jou rug te draai op jou huidige god, satan, wat jou daarvan weerhou om ‘n kind van God te word?
God het vir die mens (ook vir JOU) ‘n vrye wil gegee en sal jou nooit dwing om Hom te kies nie: JY KIES JOU EIE BESTEMMING: DIE HEMEL OF DIE HEL. En kies jy die hel sal jy vind die pad is breed en afdraand!
Wanneer jy ‘n Christen word, verander jy. Jy word WEER GEBORE. Soos jy was het jy die natuur van sonde, die natuur van satan gehad, maar nou neem jy die natuur van God, jou hemelse Vader aan. Die natuur van satan is die dood. Die natuur van God is lewe.
Acts 3:14 - En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk sou word,
Heb 4:15 - Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Heb 7:26 - Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;
1 Pet 2:22 - Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;
1 John 3:5 - En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.
Rom 3:25 - Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God
Rom 4:25 - wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.
Rom 8:3 - Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
Gal 3:13 - Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
Rom 1:17 - Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
Rom 3:21 - Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,
1 Cor 1:30 - Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

Hoe om Weergebore te word

Satan was eers jou vader. Jesus het gesê: Julle het die duiwel as vader (Johannes 8:44).
John8.44 - Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
1 John 3:8 - Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
John 8:38 - Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het.
Joh 8:41 - Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.
John 7:17 - As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
Gen 3:4 - Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
1 John 3:8 - Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
1Jn 3:15  - Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.
1 John 2:4 - Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.
Matt 12:34 - Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
God Noem satan ook die god van hierdie wêreld (2 Kor 4:4). Nou draai jy jou rug op hom en jy neem ‘n nuwe Vader, ‘n hemelse Vader aan, en jy word WEER GEBORE – nie jou liggaam nie, maar jou gees word verander om soos God s’n te wees.
2Cor4.4 - naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
John 12:31 - Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
Matt 13:22 - En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
2 Cor 3:14 - Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
Acts 26:18 - om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
2 Cor 4:6 - Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
2 Cor 3:18 - En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
2Co 4:6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
John 1:18 - Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.
Phil 2:6 - Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
Col 1:15 - Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
Heb 1:3 - Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,

Hoe om Weergebore te word. (Vervolg)

John 3:3–7 ESV
Jesus answered him, “Truly, truly, I say to you, unless one is born again he cannot see the kingdom of God.” Nicodemus said to him, “How can a man be born when he is old? Can he enter a second time into his mother’s womb and be born?” Jesus answered, “Truly, truly, I say to you, unless one is born of water and the Spirit, he cannot enter the kingdom of God. That which is born of the flesh is flesh, and that which is born of the Spirit is spirit. Do not marvel that I said to you, ‘You must be born again.’
2 Corinthians 5:17 ESV
Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation. The old has passed away; behold, the new has come.
Onthou dat Nikodémus ‘n VERBONDS – kind was, net soos ek en jy, maar dit het hom nie die reg gegee om die ewigheid in die Hemel deur te bring nie, maar hy was op pad hel toe.
Jesus se antwoord was: Nee, Wat uit die vlees (liggaam) gebore is, is vlees.
Wat uit die gees gebore is, is gees. Om WEER GEBORE te word, is ‘n geestelike GEBOORTE. JY word gebore deur die Gees van God.
God het Sy Heilige Gees gestuur as ons Helper. Nou ja, God se Gees help ons en sorg dat hierdie WEDERGEBOORTE voltrek word, dat jou gees herskep word, nadat jy Jesus die Here van jou lewe gemaak het. Lees 2Cor5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Hoe om Weergebore te word. (Vervolg)

Lees 1Jn5:1,4 - Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God
gebore … want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld, en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Hoe om Weergebore te word. (Vervolg)

Colossians 2:15 ESV
He disarmed the rulers and authorities and put them to open shame, by triumphing over them in him.
Jy moet baie deeglik besef wat presies gebeur die oomblik wat ‘n persoon
Jesus Christus die Here van sy lewe maak. Jesus is nou sy Here en satan en sy
magte is onder sy voete (Kol 2:15). Satan en sonde is nie langer sy oorheerser
nie. En in die oë van God is hierdie mens ook nou ‘n OORWINNAAR.

Hoe om Weergebore te word. (Vervolg)

Lees Matt 28:18 Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Dit is wat Jesus aan Sy dissipels gesê het nadat Hy uit die graf uit opgestaan het.
Toe het Hy met hierdie mag en gesag van Hom ’n opdrag aan Sy dissipels / volgelinge gegee. Hy het gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Hoe om Weergebore te word. (Vervolg)

Mark 16:15 ESV
And he said to them, “Go into all the world and proclaim the gospel to the whole creation.
En wat is hierdie evangelie – GOEIE NUUS! Die GOEIE NUUS is dat God nie langer my sonde en oortredinge teen my hou nie.
Die Bybel gee vir ons spesifieke instruksies hoe om te werk te gaan om ’n Christen te word, m.a.w. hoe om WEER GEBORE te word.
Laat ek net weer sê dat hierdie WEDERGEBOORTE nie een van die volgende dinge is nie: aanneming en voorstelling, kerklidmaatskap, waterdoop, deelname aan die nagmaal, verstandelike kennis van Christelikheid, kerkbesoek, goeie lewe lei, jou bes doen, liefdadigheid beoefen of in ‘n Christelike huis opgroei.

Hoe om Weergebore te word. (Vervolg)

Maar laat ons dan lees wat die Bybel sê hoe ‘n mens ‘n Kind van God word, WEER GEBORE word. Rom 10:8-11. Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig.
As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Hoe om Weergebore te word.(Vervolg)

Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie (Jn6:37) – dit is Jesus se Eie Woorde. Hy wag dus vir jou met oop arms, of jy nou ‘n GROOT sondaar is, of maar net ‘n GEWONE sondaar, HY SAL JOU AANNEEM.
Maar Hy wag vir jou om die eerste tree NA HOM TOE te neem – jy kies.
As jy na Hom toe gaan, sal Hy die wedergeboorte bewerkstellig. Hy sal jou herskep, jou sondes so ver van jou verwyder as die ooste is van die weste! JY SAL VLEKKELOOS VOOR God STAAN, ASOF JY NOG NOOIT GESONDIG HET NIE!
Soos die Bybel vir ons in Romeine 10 gesê het, moet jy met JOU HART GLO, en met JOU MOND BELY (hardop uitspreek).
a Jn6.39;17.2,24 - En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Joh 17:2 - soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
Joh 17:24 - Vader, Ek (Jesus) wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
Related Media
See more
Related Sermons
See more