Geloof in Jesus 1 Johannes 5
Notes
Transcript
Gebed
Gebed
Skriflesing 1 Johannes 5: 1 - 5
Skriflesing 1 Johannes 5: 1 - 5
v1 Elkeen wat glo en bely dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook sy kinders lief.
Everyone who believes that Jesus is the Christ has become a child of God. And everyone who loves the Father loves his children, too.
v2 Hieraan weet ons dat ons moet aanhou om die kinders van God lief te hê: wanneer ons God liefhet en sy opdragte uitvoer. We know we love God’s children if we love God and obey his commandments.
v3 Die liefde vir God bestaan daaruit dat ons sy opdragte gehoorsaam, en sy opdragte is nie moeilik nie, v4 want elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof. Loving God means keeping his commandments, and his commandments are not burdensome. For every child of God defeats this evil world, and we achieve this victory through our faith.
v5 Wie anders kan dit wees wat die wêreld verower as die een wat bely dat Jesus die Seun van God is? And who can win this battle against the world? Only those who believe that Jesus is the Son of God.
v12 Hy wat deel het aan die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie nie deel het aan die Seun van God nie, het ook nie deel aan die ewige lewe nie. Whoever has the Son has life; whoever does not have God’s Son does not have life.
Agtergrond
Agtergrond
Die apostel Johannes, broer van Jakobus, skryf hierdie brief uit Efese, waar hy gebly en gewerk het. Hy skryf hoofsaaklik om die invloed van Gnostisie, wat nie aan ‘n lewe na die dood geglo het nie, teen te werk. Hy moedig sy lesers aan om hulle geloof prakties te beoefen.
1. Wie is Jesus
1. Wie is Jesus
Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is kinders van God - wat ‘n wonderlike versekering gee God vir ons! En omdat ons kinders van God is, het ons ook ander mense lief.
Vraag is egter - wie is Jesus? Hy is die Seun van God, gebore as mens uit die maagd Maria.
Hy het gepreek en wonders gedoen om ons voor te berei vir die werk en lewe as volk van God.
Jesus is deur die Jode en wêreld verwerp, veral omdat dit hulle siening van Godsdiens totaal omvêr gegooi het.
Jesus is gekruisig, en saam met Hom is die mensdom se sondes aan die kruis vasgespyker - deur Homself as ‘n offer te bring, het Hy jou gered. Dit is ‘n wonderlike genade gawe wat God gee.
Jesus het op die 3de dag uit die dood opgestaan - hierdeur het Hy die wat in Hom glo, uit die ewige dood gered, en daarom is ons kinders van God!
Jesus het opgevaar na die hemel, en in Sy plek het almal wat in Jesus glo, die Heilige Gees ontvang.
Hoe weet ons dit is waar dat Jesus mens was: Johannes skryf in 1 Johannes 1:1 die volgende: “Die Een wat van die heel begin af bestaan het, is die Een wat ons gehoor en met ons eie oë gesien het. Ons het Hom aandagtig waargeneem, en Hom met ons hande aangeraak. Dit gaan oor die Woord wat lewe gee.”
Die apostels, bv Johannes, Petrus en andere was ooggetuies van wat gebeur het. Hulle het gesien, gehoor, aan Jesus gevat, saam met Hom geëet en gedrink. Watter beter getuienis kan daar wees?
2. Wat vra God van ons
2. Wat vra God van ons
Wat vra God van ons - ons weet dat ons niks kan aanbied om onsself te kan red nie. Slegs geloof in Jesus kan die mens van ewige dood red, so:- wat vra God moet ons doen?
1. Baie belangrik - belei dat Jesus die Christus is, en jou persoonlike Saligmaker! Hoe moet ons vir God vertel dat ons glo? - Bid en sê vir God dat jy glo dat Jesus jou persoonlike Saligmaker is.
1 John 4:15 Almal wat openlik erken dat Jesus die Seun van God is – God handhaaf ’n hegte verhouding met hulle en hulle met God.
1 Joh 4:15 “Whoever confesses that Jesus is the Son of God, God resides in him and he in God.”
Praat met God in gebed, so gereeld as wat jy kan!
2. Ons moet God se opdragte uitvoer, en aan Hom gehoorsaam wees. Johannes sê dat Sy opdragte nie moeilik is nie, in teendeel, God sal geen ding van ons verwag wat te groot is vir ons nie! Dus is die volgende vraag - wat is God se opdrag?
1 John 3:23–24 “En dit is sy opdrag: Ons moet glo in die persoon van sy Seun, Jesus Christus, en ons moet mekaar liefhê, net soos Hy aan ons die opdrag gegee het. v24 Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in ’n hegte verhouding met God”
1 Joh 3:23 - 24 “And this is his commandment: that we believe in the name of his Son Jesus Christ and love one another, just as he commanded us. And the one who keeps his commandments resides in him, and he in him. And by this we know that he resides in us: by the Spirit whom he has given to us.”
Op ‘n keer het ‘n skrifgeleerde juis die vraag gevra - wat is die grootste gebod? Hy het gedink hy is slim, maar Jesus gee die antwoord op die vraag wat baie mense vra!!
Matt 22: 37 “Jesus se antwoord was: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ v38 Dit is die eerste en belangrikste opdrag. 39Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
Matthew 22:37 You must love the LORD your God with all your heart, all your soul, and all your mind.’ 38 This is the first and greatest commandment. 39 A second is equally important: ‘Love your neighbor as yourself.’ 40 The entire law and all the demands of the prophets are based on these two commandments.”
3. En dan? Wat dan, as ons weet dat God se groot gebod so maklik is as om lief te hê, wat doen ons: Ons moet ons sondes voor God belei, en daarmee ophou!
1 Joh 1:8 - 10 gee vir ons die antwoord: “v9 As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is. v10 As ons beweer dat ons tot nou toe nie gesondig het nie, maak ons Hom tot ’n leuenaar. Dit beteken ook dat sy woord nie in ons lewe plek gekry het nie.
1 John 1:9 - 10 " If we confess our sins, he is faithful and just, so that he will forgive us our sins and will cleanse us from all unrighteousness. If we say that we have not sinned, we make him a liar, and his word is not in us.”
“Hoe kan ons seker weet dat ons gered is”, is seker een van die mees algemene vrae. Wel, hier is die belofte wat Jesus self gesê het:
Johannes 3:16 “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
John 3:16 “For in this way God loved the world, so that he gave his one and only Son, in order that everyone who believes in him will not perish, but will have eternal life.”
Ons as mense kan nie ophou sondig nie, maar God het dit van die begin af geweet, en daarom het Jesus vir ons sondes gesterf, en uit die dood opgestaan sodat ons vir ewig kan leef!
3. Hoe oorwin ons die wêreld
3. Hoe oorwin ons die wêreld
Almal wat God as Vader het, oorwin die wêreld - dit is juis ons geloof in Jesus wat die wêreld oorwin. Want dan keer ons ons rug op dit wat aards is, die sonde wat deur ons sondige natuur aangedryf is, maar wat nou deur Jesus se Bloed weggevee is! Alles gaan om Jesus, Hy is die spil waarom alles draai! En Hy het ons met God versoen sodat ons as Sy broer en suster die ewige lewe het. LW, as jy glo, HET jy reeds die ewige lewe.
Wat is die “wêreld” waarvan ons praat - omdat Adam teen God gesondig het, is die mens se natuur om te sondig. Die lekker dinge in die lewe het belangriker geword as God en Sy opdrag.
Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:
Onsedelikheid, sluit in homo en bestialiteit in
Geld en Goed word belangriker as God
Vals godsdientste, bv Budhisme, Jehowa Getuies, Matariki offering, ens
Verslaaf aan drank, drugs, rook
Enige iets wat jou verhoed om God te dien en lief te hê!
1 Kor 6:9 - 10 “Besef julle dan nie dat mense wat ’n sondige lewe lei, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie. Mense wat ’n onsedelike lewe lei, afgodsdienaars, egbrekers, manlike prostitute en die mans wat met hulle omgaan, 10diewe, gierigaards, drinkers, kwaadpraters, swendelaars – nie een van hierdie mense sal deel kry aan die koninkryk van God nie.”
1 Corinthians 6:9–10 “Or do you not know that the unrighteous will not inherit the kingdom of God? Do not be deceived! Neither sexually immoral people, nor idolaters, nor adulterers, nor passive homosexual partners, nor dominant homosexual partners, nor thieves, nor greedy persons, not drunkards, not abusive persons, not swindlers will inherit the kingdom of God.”
4. Wat is die uiteinde
4. Wat is die uiteinde
Die uiteinde van alles is egter baie eenvoudig - die mens het, omdat God totaal regverdig is, twee keuses om van te kies. Die een lei tot ‘n ewige lewe in die hemel saam met God, ons Vader, en Jesus Christus, ons Verlosser.
Die ander keuse lei tot die ewige dood, saam met satan in die hel - daar sal ‘n geween wees en gekners van tande.
Jou keuse!
Jou keuse!
Hy wat glo dat Jesus die Christus is, het reeds deel aan die ewige lewe!
1 Joh 2:23 Elkeen wat nie die Seun erken nie, het ook nie deel aan die Vader nie. Elkeen wat die Seun egter erken, het ook deel aan die Vader.
1 John 2:23 “Everyone who denies the Son does not have the Father either; the one who confesses the Son has the Father also.”
Opsomming
Opsomming
Jou geloof in Jesus red jou.
1. Elkeen wat glo en belei dat Jesus die Christus is, is uit God gebore, en het Hom en Sy kinders lief.
2. Ons weet dat ons Sy kinders liefhet as ons Hom liefhet, en sy gebooie, wat nie moeilik is nie, onderhou. Dws Onderhou God se gebooie, hê almal lief. Sy gebooie is nie moeilik om te onderhou nie.
3. Ons geloof in Jesus as die Christus oorwin die wêreld, en het God as hulle Vader.
4. Hy wat in Jesus glo, het reeds die ewige lewe, die wat nie glo nie, het nie.
Toepassing
Toepassing
Jy sal moet besluit:- vir God of teen God. Daar is geen ander keuse nie. Maak jou keuse gou, nou as jy seker is, maar onthou, die wederkoms van Jesus is naby. Moenie wag tot dit te laat is nie! En gee jou hart en lewe oor aan Jesus, jy sal die wonder daarvan ervaar wanneer Hy weer kom om Sy kinders te kom haal. En as jy onseker is, bid tot God en vra Sy hulp om jou te laat verstaan, en dan sal die volgende vir jou geld:
Philippians 4:6–7 “Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God that surpasses all understanding will guard your hearts and your minds in Christ Jesus.”
Moontlike Besware
Moontlike Besware
Hoe weet ons daar is ‘n God - Die Bybel gee alles wat nodig is om te weet oor God en Sy verlossing in Jesus Christus; Die natuur leer ons meer van die skepping en grootheid van God.
The Bible describes God as eternal (Psalm 90:2; 1 Timothy 1:17), all-powerful (Jeremiah 32:17; Colossians 1:17), infinite in understanding (Psalm 147:5; Isaiah 40:28), perfectly holy like no other (Exodus 15:11; 1 Samuel 2:2), the only God (Psalm 86:8–10), incapable of lying (Titus 1:2), Creator of the whole universe (Genesis 1:1; John 1:3), and Savior (Titus 2:13)—just to name a few attributes. (Nathan Ham)
Was Jesus werklik mens - Ja, beslis. (Selfs Islam erken Sy bestaan, alhoewel net as profeet.) 1 John 1:1 “What was from the beginning, what we have heard, what we have seen with our eyes, what we have looked at and our hands have touched, concerning the word of life—”
Die apostels het Jesus geken, saam met Hom geleef, is deur Hom geleer. Kan daar ‘n beter bewys wees dat hy geleef het onder ons, as oog getuies?
Kon God nie maar almal red nie - Nee. God is totaal regverdig, en gee vir elke mens dieselfde keuse. Die mens, Adam, het teen Hom gekies, maar omdat Hy regverdig is, gee Hy steeds vir elkeen van ons dieselfde keuse.
1 Peter 1:17 “And if you call on him as Father who judges impartially according to each one’s work, conduct yourselves with fear during the time of your temporary residence,”
Hoekom is daar so baie seer en hartseer en ga-os in die wêreld - Die mens het sy rug gedraai op God, en daarom het elkeen ‘n sondige natuur binne hom. Satan doen sy bes om onmin en twyfel te bring - God gebruik egter die swaarkry om jou geloof te toets. Ons swaarkry vandag het geen vergelyking met die wonderlike dinge wat vir ons wag in die ewige lewe nie.
God whispers to us in our pleasures, speaks in our conscience, but shouts in our pains.
C. S. Lewis The Problem of Pain (1947)
1 Peter 1:7 “so that the genuineness of your faith, more valuable than gold that is passing away, but is tested by fire, may be found to result in praise and glory and honor at the revelation of Jesus Christ,”
Hoekom wys die wetenskap na ander manier van skep - Die Bybel is nie ‘n wetenskap handboek nie, maar stel God, en Sy heilige plan vir Sy volk, aan die mens bekend. Die Bybel vertel dat God alles gemaak het, maar nie hoe of wanneer nie. Tog het God vir die mens die verstand gegee om te ondersoek, en self uit te vind hoe en wanneer Hy geskep het. Die wetenskap ondersteun die Bybel, verklaar die Bybel. Deur die natuur, en dit sluit opgrawings in, te bestudeer, kom die wonder van God se skepping al meer na vore! “Hoe groot is God!”, roep Dawid uit in Psalm 8!
Ons glo God het alles gemaak, want die Bybel sê so!
Genesis 1:1 “In the beginning, God created the heavens and the earth—”
Was die OT se verhale almal werklike gebeure - Die Bybel beskryf die verhale, so dit is waar. Die Bybel is geskryf met die doel om alles wat ons nodig het om die ewige lewe te be-erwe, aan ons beskikbaar te stel. Ons het niks meer nodig nie. Die Ou Testament is die basis waarop die Nuwe Testament gebou is, en gee vir ons die agtergrond vir die Nuwe Testament. (Daar is egter dele wat as metafore bedoel is, en ander dele moet binne konteks verstaan word. Bv die vloed van Noag was waarskynlik ‘n lokale gebeurtenis, en word in verskillende nie-Bybelse tekse beskryf.)
The Bible is God’s inspired Word—not a mere collection of various writers’ opinions, ideas, philosophies, or “inspired” thoughts.
John MacArthur Nothing But the Truth (1999)