Kerk Dinamika
Church Dynamics • Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 14 viewsNotes
Transcript
Handout
Gebed
Gebed
Skriflesing Kol 3:12 - 17
Skriflesing Kol 3:12 - 17
v12Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld. v13Verdra mekaar en as enigeen ’n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het. v14Die heel belangrikste wat julle moet aantrek, is die liefde. Die liefde bind alles volmaak saam. v15Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewens die deurslag gee; want as lede van een liggaam is julle tot vrede geroep. En wees dankbaar.
v16Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wysheid moet julle mekaar onderrig en mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God. v17Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – in die Naam van die Here Jesus. Só is julle heeltyd besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring.
Definisie van ‘n Gemeente
Definisie van ‘n Gemeente
Die gemeente bestaan uit mense wat deur God uitgekies is om deur die verlossing van Christus as heiliges te leef, verenig in een fokuspunt, nl. Jesus Christus, en aangedryf deur die Krag van die Heilige Gees. (Kol 3:12 - 17)
Gemeenskap vd Heiliges
Gemeenskap vd Heiliges
Die gemeente het ‘n gemeenskaplike fokuspunt, nl. Jesus Christus, verkry deur die verlossing wat deur Hom gebring is tydens die kruisiging en opstanding.
Hierdie gemeenskaplike doel, en die liefde van Jesus wat in ons is, lei noodwendig tot heilige optrede, soos beskryf in Kol 3:12, nl. meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld.
Dit lei ook na diens - om God te dien sodat die gemeente in heiligheid en geloof kan groei. Ons dien (doen goeie werke), OMDAT ons gered is, beslis NIE om gered te word nie!
Rom 14:17 - 19 As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daarom dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk. 18As jy Christus met hierdie gesindheid dien, maak jy God gelukkig en die mense rondom jou sal jou respekteer. v19Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder. (NLV)
Wees verdraagsaam teenoor mekaar, en vergewe mekaar, soos God jou vergewe het. Bo en behalwe wat reeds genoem is, wees lief vir mekaar – dit is die band wat julle saambind as gemeente. Wys hierdie liefde deur diens!!
Fokus van eenheid
Fokus van eenheid
Die eenheid in die Kerk word bewerk deur die werking van die Heilige Gees in mense se harte en lewens. Die Vrede van Christus!
Die Heilige Gees fokus ons aandag op Jesus, op die liefde wat God openbaar deur die kruis, en daarom is LIEFDE die brandpunt van ons fokus op Jesus, die punt wat ons kan sien en voel. Die Gees is dus die “krag” wat die gemeente aandryf, en wat die span aandryf!
Juis omdat ons lief is vir Jesus, vir Sy Woord, vir God, maar ook vir ons mede gelowiges, werk die span om hierdie liefde uit te dra na ander.
Rom 1:19 “Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.” (NLV)
Woord Bediening
Woord Bediening
Die leer van die Evangelie moet ten volle uitgeleef word en sentraal staan in die gemeente: Leer en Vermaan mekaar dan daarin deur Prediking en Vermaning, Bybelstudie en gemeenskaplike ete/koffie/tee/pannekoek!
2 Tim 2:2 “Vertrou die waarhede wat jy voor baie getuies van my gehoor het, toe aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee. “ (NLV)
Die bediening van die Woord, saam met die bediening van die Tekens, nl. Nagmaal en Doop, speel ‘n geweldige belangrike rol in die opbou en motifering van die gemeente, en elke poging moontlik moet aangewend word om die Woord uit te dra, nie net na buite nie, maar ook na gemeentelede.
Lof en Eer aan God
Lof en Eer aan God
Die wonderlike liefde van God dryf die gemeente om Hom te loof en eer aan Hom te gee.
Sy liefde vir ons is onbeperk, maar ook te groot om te verstaan! daarom kan ons as gemeente nie anders as om God te loof en eer nie, en deur vir Hom te werk doen ons juis dit. Ons lewens is ‘n loflied vir God!
1 Kor 14:26 “Wel, broers en susters, kom ons vat saam. As julle bymekaarkom, kom die een met ’n loflied, die ander een wil oor ’n saak onderrig gee, nog ’n ander een wil vertel van ’n openbaring wat hy of sy ontvang het, nog een wil in tale praat en ’n ander een wil dit uitlê. Goed so, maar laat alles so gedoen word dat dit tot opbou van die gemeente dien.” (NLV)
Verder
Efe 5:19 - 20 “......Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak v19en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. v20Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge.”
Dank aan die Vader vind altyd sy oorsprong in die Seun, en kan slegs deur Hom gedoen word. Jesus het self gesê: “Niemand kom tot die Vader behalwe deur My nie”
Samevatting
Samevatting
1. Die gemeente is uitgekies as geliefdes om God se Kerk te wees omdat hulle deur Jesus verlos is, en moet leef soos die heiliges wat hulle nou is: meelewend, goedheid, nederigheid, sagmoedig en geduldig.
2. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe. Die liefde van Jesus is die band wat die gemeente saambind – wat gemeenskap (koinonia) tot gevolg het. Die liefde van Christus beheer hulle
3. As lede van een gemeente is hulle saam geroep dat vrede in hulle kan regeer.
4. Die leer van die Evangelie moet ten volle uitgeleef word en sentraal staan in die gemeente: Leer en Vermaan mekaar, Loof God met psalms, gesange en geestelike liedere en doen alles tot eer van God
5. Wat ookal hulle doen, doen dit in die Naam van Jesus, en dank God deur Jesus.
Bespreking - Kaartjie Span
Bespreking - Kaartjie Span
Ons huidige doelwit:
Ons huidige doelwit:
o Span: Om ‘n geleentheid te bied vir lede om deel te neem aan Gemeente aktiwiteite dmv die maak van kaartjies
o Span: Om geestelik te groei dmv ‘n boodskap voor die werk begin
o Gemeente: Om liefde en ‘n gevoel van meelewing en samehorigheid by gemeentelede te skep deur die uitstuur van die kaartjies, wat vir hulle ‘n aanduiding is dat hulle belangrik is en by ons hoort
Is hierdie doelwitte nog geldig - Moet ons iets byvoeg of weglaat?
Is hierdie doelwitte nog geldig - Moet ons iets byvoeg of weglaat?
-
-
-
Wat doen ons reg?
Wat doen ons reg?
-
-
-
Wat kan ons beter doen?
Wat kan ons beter doen?
-
-
-
Wat kan ons meer doen of uitbrei?
Wat kan ons meer doen of uitbrei?
-
-
-
Hoe gaan ons dit regkry?
Hoe gaan ons dit regkry?
-
-
-
Hoe gaan ons die uitdaging van fondse oorkom?
Hoe gaan ons die uitdaging van fondse oorkom?
-
-
-
Indien iets moet verander, wat sou ‘n moontlike teikendatum wees?
Indien iets moet verander, wat sou ‘n moontlike teikendatum wees?
-
-
-
Dankgebed
Dankgebed
