Psalm 42 - Verlang na God

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript

Verlang na God

Gebed

Skriflesing - Psalm 42

v1 Vir die koorleier: ’n Gedig van die Koragiete.
v2 Soos ’n wildsbok smag na water, so smag ek na U, o God.
v3 Ek verlang na God, die lewende God.
Wanneer kan ek ingaan en weer voor Hom verskyn?
v4 My trane is my kos, dag en nag, terwyl teenstanders
my aanhoudend tart en sê: “Waar is dié God van jou?”
v5 As ek nadink hoe dit voorheen was, is ek ontsteld.
Toe het ek geloop saam met die aanbidders en ’n optog gelei na die tempel van God terwyl ek sing en jubel saam met die skare wat feesvier.
v6 Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld?
Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder
v7 en my God!
Tog is ek nou terneergedruk.
Ek onthou hoe, vanaf die Jordaangebied, vanaf die berge van Hermon en die hoogte van Miskar, v8 die rumoer van u watervalle druis en dreun.
So het al u strome en golwe ook oor my gegaan.
v9 Tog sal die Here bedags weer sy trou betoon.
Selfs in die donker nag sing ek sy lied, ’n gebed tot die God van my lewe.
v10 Ek sal roep tot God en sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek met rouklere loop omdat die vyand my verdruk?” v11 Dis soos ’n diep wond in my binneste wanneer vyande met my spot, wanneer hulle dag na dag vra: “Waar is jou God?”
v12 Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld?
Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my redder en my God!

Agtergrond

Alhoewel die psalm nie die skrywer se naam noem nie, word algemeen aanvaar dat Dawid dit geskryf het gedurende sy vlug van Saul (of dalk tydens Absolom se opstand), en Dawid was vergesel deur die “seuns van Korag, wat as musikante vir Dawid opgetree het. (Matthew Henry).

Inhoud - vers 1 to 6 vir ons oordenking

Smag na die Lewende God

1. ‘n Wildsbok in die warm woesterny het water nodig om te oorleef. Sonder water sal hy baie gou doodgaan - dit is dus geen wonder dat die skrywer hierdie metafoor gebruik om sy hartstogtelike nood om by God te wees uit te beeld nie.
2. Die gelowige Christen smag so na die Lewende God, en dit is onmoontlik dat enige iets anders as God hierdie ernstige behoefte kan vervul nie.
3. Soos die bok wat sonder water doodgaan, sal die mens geestelik dood wees sonder die lewegewende water van Jesus - Jesus self het dit gesê in Johannes 7:37 - 38:
“37Op die laaste dag, die groot dag van die Huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As jy dors is, kom dan na My toe en drink. 38Die een wat in My glo – soos die Skrif sê: ‘Riviere lewende water sal uit sy binneste vloei.’” NLV
Living water is life nourished by God. Jeremiah rebukes Israel saying, “My people have committed two sins: They have forsaken me, the spring of living water, and have dug their own cisterns, broken cisterns that cannot hold water” (Jer. 2:13). God is the source of spiritual renewal, and other avenues simply must be rejected.
Gary M. Burge
4. Geloof begin dus met die onuitspreeklike smagting na God en die gemeenskap met Hom.

Trane van spot

God washes the eyes by tears until they can behold the invisible land where tears shall come no more.
Henry Ward Beecher (Congregational Clergyman)
1. Die psalm skrywer is oorweldig deur sy hartseer, en dan ook die spot van ongelowiges - waar is sy God? Hoekom help Hy nie, het Hy Dawid verlaat?
Ps 63:1 2O God, U is my God, ek soek na U, ek smag na U; my hele liggaam verlang na U soos ’n dor land sonder water. NLV
2. Ongelowiges verstaan nie die ontembare behoefte van Christene na God en Jesus nie - hulle verstaan nie dat God ons NOOIT alleen sal laat nie, ongeag ons hartseer of pyn of lyding. Ongeag wat ander van ons dink!
3. Selfs aan die kruis is Jesus so gespot, soos in Lukas 23:35 beskryf.
“........En die leiers het aangehou om Hom te bespot met dié woorde: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Messias, die uitverkorene van God is!”” NLV
4. Vir ‘n rukkie was Hy deur God verlaat, maar dit is juis die Een wat so gespot is, so weggegooi is, wat inderdaad die Hoeksteen van God se koningkryk vorm.
5. Om krappie martelgat te speel is egter nie die oplossing nie, dit vererger net die omstandighede. Kopoorlog werk nooit nie!

Nie die oplossing nie

1. Soos ons ook maak, kyk Dawid na die verlede om troos te probeer vind. Hy dink aan die tyd toe hy ‘n menigde gelei het na die jaarlikse fees by die tabernakel, hulle ontmoeting met God.
2. Die antwoord is nie in die verlede nie, maar werklik in die toekoms, en die toekoms kan net in Jesus Christus wees.

Nee! Wat is dan die antwoord?

1. GELOOF! geloof in Jesus, dat Hy as Verlosser leef, dat hy jou van die dood gered het sodat jy ewig kan lewe.
2. Geloof lei noodwendig na HOOP! Hoop op God, hoop op die toekomstige wederkoms van ons Redder, Jesus Christus, en die ewige lewe wat God vir ons bewaar!
Psalm 43:5 herhaal Ps 42 se refryn: “v5 Hoekom is ek so neerslagtig Hoekom so verontrus? Ek sal op God vertrou! Ek sal Hom weer prys, Hy is my redder en my God!” NLV
3. “Hoop” en “vertrou” dui beide op die toekoms, en impliseer dus ook dat ons geduldig moet wees - die wederkoms van ons Verlosser is naby, wag geduldig in geloof daarvoor!

Afsluiting

1. Vriende, moenie jou geluk in die verlede soek nie, in dit wat was maar nooit weer sal wees nie!
2. NEE, juig, wees bly en jubel in die hoop en vertroue op die toekoms wat jou geloof in die kruisdood en opstanding van Jesus Christus vir jou gee.
3. Hoop op die ewige lewe, vertrou Hom volkome en leef dan nou in die vreugde en vrede wat Christus vir jou gee - jy SAL jou Redder binnekort sien!

Gebed

Related Media
See more
Related Sermons
See more