Rom 12:3 - 8 Gebruik jou Talente
Kaartjiespan • Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 54 viewsNotes
Transcript
Gebruik jou Gawes
Gebruik jou Gawes
Gebed vir Opening van Woord
Gebed vir Opening van Woord
Skriflesing Romeine 12:3 - 8
Skriflesing Romeine 12:3 - 8
v3 Namens Hom wat my in sy genade tot sy apostel gemaak het, sê ek aan elkeen van julle dat jy nie jouself moet oorskat nie, maar dat jy jouself nugter moet beoordeel volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het. v4 Ons besit elkeen een liggaam wat uit baie ledemate bestaan en wat elkeen sy eie spesiale funksie het. v5 Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.
v6 Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik. As God aan jou die gawe gegee het om te profeteer, moet jy dit aanwend in ooreenstemming met ons geloofsoortuigings. v7 As dit is om ander te dien, doen dit met oorgawe. As jy onderrig gee, gee dan kwaliteitonderrig. v8 As dit is om ander op te beur, lê jou daarop toe. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met ’n vrolike hart.
1. God seën jou
1. God seën jou
God seën almal van ons deurdat Hy vir ons elkeen ‘n seker afgemete hoeveelheid geloof en besondere gawes gee.
God gee dit aan jou sodat jy Sy werk op aarde kan doen.
Hy gee hierdie gawes soos Hy wil, en wanneer Hy dit nodig het! Die Heilige Gees woon binne jou, en gee hierdie gawe op die regte tyd soos deur God bepaal, aan jou om te gebruik!
Omdat jy alles uit genade ontvang, mag jy egter nie op jouself roem of jouself oorskat nie.
2. Liggaam met dele
2. Liggaam met dele
Ons liggaan bestaan uit baie “onderdele”; arms met hande, brein om te dink, ore om te hoor, ens.
Al hierdie onderdele werk egter as ‘n eenheid wat ons “liggaam” noem.
Net so is ons een van die “onderdele” in Christus se Kerk, en het ons ‘n sekere taak of take wat God wil hê ons moet vervul.
Geen een van hierdie “onderdele” kan op sy eie iets doen nie - slegs binne die groep Christene wat saam ‘n Gemeente vorm, met die fokus punt op Jesus, met die dryfkrag van die Heilige Gees.
Man does not live for himself alone in this mortal body, in order to work on its account, but also for all men on earth; nay, he lives only for others, and not for himself.
Martin Luther (Founder of the German Reformation)
3. Gawes ontvang
3. Gawes ontvang
Watter gawe het jy ontvang: - almal hier is kreatief, ander is vrolik en bring liefde, ander bring verstaan, ander bring ‘n vrolike gesels of preek. Almal van ons het iets om by te dra in die Gemeente, in die Kaartjiespan, by die Kierieklub.
God gee hierdie gawes om te gebruik, nie om te verwaarloos nie! Soms moet ons oefen, soms moet ons sukkel om dit reg te kry, maar ons mag dit nie wegsteek onder ‘n emmer nie!
4. Aksie Aksie Aksie
4. Aksie Aksie Aksie
True faith requires compassion and action.
R. Kent Hughes
Too many develop every talent except the most vital one of all, the talent to use their talents … will-power.
Francis Bacon (Philosopher)
Paulus se lys van gawes is nie volledig nie, maar hy maak dit duidelik dat elke gelowige ‘n gawe het, en dit moet korrek gebruik word – vra God om jou te lei, en begin besig raak!
Sluitings Gebed
Sluitings Gebed
