Jong Volwassenes

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 15 views
Notes
Transcript

Bereshit

Nou in Gen 1 word ons bekendgestel aan Abba Vader se karakter en die eerste ding wat ons weet is Abba Vader het bestaan voor die wêreld geskep is. En tog maak Abba Vader die besluit om die mensdom en alles wat die mensdom nodig het om te lewe te skep. Abba Vader gaan uit Sy pad uit vir die mensdom! Want onthou, na elke dag sê Abba Vader na Hy geskep het: “En dit was goed.” Goed vir wie? Vir die mensdom met wie Hy ‘n verhouding wil he en wie voordeel sal trek van al die goedheid wat Hy geskep het.
Elke dag volg op mekaar …..nog ‘n laag wat verklaar is .... en dis goed. Dit was ook alles goed nog voor Abba Vader die mens geskape het. Maar in Hoofstuk 2 verklaar Abba Vader dat dit nie goed is dat man alleen moet wees nie en maak toe vir Eva. Nou Eva as naam in Hebreeus verteenwoordig lewe, en dit was vir haar gegee deur Adam toe hy sê, sy sal die moeder wees van alles wat lewe. (Gen 3:20)
Wat interesant is, wanneer jy kyk na die rib wat Abba Vader gebruik het om vir Eva te skape is die enigste been in ’n mens se liggam wat sal teruggroei as hy afgebreek is. Die heel onderste rib van die mens. So ons sien dat Abba Vader is die kenner van alles wat goed is en wat nie goed is vir die mensdom nie. En dat Abba Vader alles geskape het vir die mensdom en dat hy moet vrugbaar wees en moet vermeerder. Maar dink daaroor, hoekom het Abba Vader die aarde geskep vir die mens? Of ‘n beter vraag ….. ‘n vraag wat ek baie hoor en dit is: “wat is die betekenis van ons bestaan?”
Ons sien Abba Vader kom nie dadelik uit in Sy Woord om ons te vertel nie maar ons sien wel dat Abba Vader se Skepping van die aarde ‘n groot daad van liefde was en is want Hy wil 'n verhouding met die mens hê. So in die eerste twee hoofstukke van Genesis sien ons dat dit gaan alles oor dit wat Abba Vader vir die mens gee. Maar met ‘n beperking! Wat was die beperking? Die Boom van kennis van goed en kwaad. Abba Vader sê eet van die bome van die tuin maar nie van die boom van kennis van goed en kwaad nie. So hoekom sit Abba Vader ‘n boom in die tuin van Eden waarvan hulle nie mag eet nie?
Hulle het toegang tot alles maar hulle mag net nie eet van die boom van kennis van goed en kwaad nie. Maar nogsteeds weet ons eet hulle van die boom. So hoekom skep Abba Vader ‘n boom wat “off-limits” is in die eerste plek?
Abba Vader is ‘n Vader van verhouding en wil ‘n verhouding met ons hê. Abba het die tuin geskep waar die mensdom saam met Hom kon leef ….’n paradys. ‘n Geskenk vir die mensdom!! Maar Abba Vader wil hê ons moet verstaan dit kom van Hom af. Wanneer ‘n ouer bv ‘n kind ‘n geskenk gee dan wil die ouer hê die kind moet die geskenk geniet in die konteks van hulle verhouding. Maar as die kind reageer asof hy dit verdien en vergeet dat dit die ouer is wat die geskenk gegee het dan beskadig dit die verhouding tussen die ouer en die kind. Dus, sê Abba Vader, eet van al hierdie bome, geniet My tuin, maar ek wil hê dat jy moet weet dat dit van My af kom omdat ek 'n verhouding met jou wil hê. Die vraag is: hoe gaan ons bewys dat ons dit verstaan en dat ons in daardie verhouding wil wees en dat ons Abba Vader eer? Deur om dit te eer wat Abba Vader verbied het en om Hom te gehoorsaam om nie van die boom te eet wat Hy verbied nie. Op hierdie manier bewys ons eer aan Abba Vader dat ons net gaste in Sy tuin is en ons maak nie die reëls nie, Abba Vader doen. Abba Vader doen dit nie om ons weg te hou van enige goeie goed nie maar om ons te beskerm. Abba Vader is ‘n Vader van verhouding en wil net Sy kinders beskerm.
Dan soos mens verder lees in Genesis 5. Sien mens ‘n hele lys vol name. En ons weet, daar is altyd ‘n betekenis agter ‘n naam. Die beste voorbeeld hiervan is seker Yeshua self wat se naam in Hebreeus is Yeshua wat beteken – “Salvation.” Verlossing, presies die rede hoekom Yeshua aarde toe gekom het. Jy sien as ek en jy in ons Afrikaanse bybel Genesis 5 lees en jy lees al hierdie name, al hierdie geslagte voor Noag …… beteken dit absuluut niks nie behalwe dat ons weet daar was 10 generasies van Adam to by Noag en hoe oud hulle geword het. Maar hoekom nogal 10 generasie en hoekom sal Abba Vader hulle name almal in Sy Woord noem? Die getal 10 beteken “the perfection of the Devine order.” M.a.w hier is iets van Abba Vader in hierdie name. Gaan leer jy wat Abba Vader oorspronklik vir Moses gesê het om te skryf in Hebreeus en wat hierdie name beteken is daar ‘n hele nuwe wereld wat vir my en jou oopgaan. So kom ons kyk gou na hierdie 10 name en hulle betekenis in Hebreeus wat ons in Genesis 5 kry. ×          Die eerste een is die naam Adam, die eerste mens om aarde. Dit is nie verbasend dat die naam Adam beteken mensdom nie. Want dit is wie Adam was ….. die begin van die mensdom. ×          Adam en Eva se derde seun was Set. En as ons na die naam Set gaan kyk en die betekenis dan is dit “appointed” … “appointed another seed” ×          Die derde generasie is Enosh (Enos) Enosh beteken “mortal” m.a.w die sterflikheid. ×          Enosh se seun die vierde geslag Kenan. Kenan wat beteken “sorrow” in Afrikaans beteken dit hierdie smart, droefheid en seer. ×          Vyfde sien ons die seun van Kenan is Magalal-el. Magalal-el bestaan uit twee woorde.  Dit bestaan uit “Magalal” – blessed or praised m.a.w gesalfde en geseende en “el” beteken God . As jy die naam van Magalal – el bymekaar sit dan beteken dit “Gesalfde van Yahweh”. ×          Dan gaan jy na die sesde geslag, die naam Jared. In Hebreeus “Jered” wat beteken “shall descent” - sal neerdaal. ×          Sewende in hierdie geslagsregister is ‘n man met die naam Henog. Henog beteken “teaching/ to teach people / to instruct people”. Henog was dus Noag se Oupa grootjie! ×          Die agste geslag die seun van Henog is Metusalag. NOAG SE OUPA. Dis die oudste mens ….. opgeskryf in die bybel - 969 jaar het hy gelewe. Hoekom? Kyk jy na die naam wat bestaan uit ‘Met’ – wat beteken “death.” ‘Shalagh” wat beteken “shall bring forth”.  Sit jy hierdie bymekaar beteken sy naam “his death shall bring forth”. ×          Negende in die ry en Noag se Pa is Lameg. Lameg wat beteken “dispearing / those in dispear” M.a.w hierdie wanhoop hierdie vertwyfeling. ×          Dan die 10de generasie, Lameg se seun NOAG. Noag wat se naam beteken, “comfort/rest”. As jy gaan lees wat Noag sê pa sê hoekom hy hierdie naam gekry het dan lees jy Genesis 5:29 wat sê “en hy het hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.” M.a.w rus in oorwinning, in gemoedsrus want dit is klaar, dit is finaal verby. Dit is wat die naam Noag beteken. Want as jy hierdie name bymekaar sit is daar ‘n profesie opgesluit in hierdie geslagsregister. Is jy reg om te hoor wat beteken al hierdie name saam? “Die mensdom het sterflikheid, dood en seer aangestel maar die Geseënde of Gesalfde van Abba Vader/YHVH sal neerdaal en die mense leer en onderrig dat Sy dood vir die wat in wanhoop en vertwyfeling is, rus sal gee.”  In Engels lees dit: “The man/or mankind has appointed mortal sorrow but the Blessed Yahweh Elohim shall decent or come down and teach the people that His death shall bring those in dispear, comfort and rest.” Bietjie meer as ‘n Geslagsregister nê? So kan mens sien hoe ons baie keer net verby dele van Abba Vader se Woord lees en dan as ons dit gaan ondersoek dan word hierdie oop gebreuk en dan vra ons Abba Vader, wie is U? Hoe groot is U?
So om net gou opsommend oor die skeppingsdae te gaan en dan ‘n paar gedeeltes at vir my uitgestaan het.
Elke skeppingsdag word gekenmerk deur spesifieke dade: lig word op die eerste dag geskep, die uitspansel van die hemel op die tweede, land en plantegroei op die derde, hemelliggame op die vierde, water- en voëllewe op die vyfde, landdiere en mense op die sesde. En dan beklemtoon dit by die gedeeltes dat die skepping goed is, dit is volmaak.
Die sewende dag is betekenisvol omdat dit Abba Vader se rus aandui en die Sabbat vestig as 'n dag van nadenke en aanbidding. Hierdie dag word afgesonder, wat voltooiing en goddelike seën simboliseer. Die Sabbat dien as ’n herinnering vir die mens aan die skepping en ’n tyd vir gemeenskap met Abba Vader.
So die Woord sê in Genesis 1 vers 2 alles was “woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed," Toe begin Abba Vader met Sy skepping soos ons verder lees vanaf vers 2. Nou hierdie prentjie van chaos voor Abba Vader met Sy skepping begin het is ook ‘n prentjie van die toestand van elke mens se siel wanneer Abba Vader met hom begin werk; dit is vormloos en leeg van alle goeie dinge.
In die week se Parashah kyk ons ook na die twee seuns wat Abba Vader aan Adam en Eva gegee het. Kain was ‘n landbouer of ‘n saaiboer en hy was die eerste mens wat gebore was. Maar daar was iets in Kain se hart wat nie so lekker was nie. Aan die ander kant , Kain se broer Abel was ‘n skaapherder en hy het ‘n soeke gehad en ‘n uitreik in Sy hart na Abba Vader. Die woord (qayin) beteken om iets te verkry of te besit, en daarom het Eva gesê: "Ek het 'n man gekry/verwerf”. Waar die naam Abel beteken om leeg te wees.
Gen 4:2 (“En Abel het 'n skaapherder geword, en Kain 'n landbouer.” - Die Hebreeuse woord vir skaapwagter in hierdie gedeelte is “Ra’ah” wat beteken om op te pas, hulle bei te woon en te voed, maar Ra’ah beteken ook om geassosieer te wees met die wat jy oppas. Dit is presies ’n prentjie van hoe Abba wil he ons moet lewe onder Sy verbond. Abba wil he ons moet die Woord so binne ons beskerm en dit so toepas dat dit voorkom asof ons geasosieer is met Hom. Kain se beskrywing in Hebreeus is “Abad”, wat beteken om te werk of te dien in ’n manier van wereldse “bondage”. Dit is ’n prentjie wat geskets word van werk wat gedoen sonder om ’n verhouding met Abba te hë. Om te werk net omdat dit deel is van die wereldse objektief. Hierna sien ons hoe hierdie bereidwilligheid oor spoel wanneer daar ’n offer gemaak word aan Abba, want die wat werk vir die wereld, is nie so bereid om te laat gaan van dit wat hulle so hard voor gewerk het nie, maar die wat alles vir Abba doen, is altyd bereid om alles prys te gee vir die verhouding met Hom. )
Nou, die Woord leer ons sommer dadelik: “Ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die Here 'n offer gebring. En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die Here het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie....” Jy sien daar is hierdie denke vandag nog dat: “Abba Vader doen alles” – daar is nie enige rol of deel vir my en jou in hierdie verhouding nie.
Gen 4:3-4 (In Hebreeus kan ’n mens duideliker sien hoekom Abba Vader die offer van Abel aanvaar het en die offer van Kain verwerp het. Want deur geloof het Abel 'n voortrefliker offer as Kain gebring (Hebreërs 11:4). Kain se offer was ’n poging van ’n dooie liefde, ’n lou warm offer, hy bring net om iets te bring maar nie om te wys Hy vertrou op Abba Vader se voorsiening nie, netso soek Abba daardie ontsag in ons, want Hy wil sien hoe ons in Hom vertrou. Terwyl Abel se offer gebring is in geloof, in 'n begeerte om Abba Vader in gees en in waarheid te aanbid.)
Gen 4:4 (Dit wys Abel se offer was spesiaal, hy het die eersgeborene gegee, onwetend of daar nog lammetjies sal wees. Die vet van die dier is gewaardeer as sy "luuksheid" en moes aan God gegee word wanneer die dier geoffer is (Levitikus 3:16-17 en 7:23-25). Die verbranding van ’n offer voor Abba Vader word 'n lieflike geur vir die Hom genoem.
Die offer van Kain was ongetwyfeld meer aangenaam en Abel s'n sou 'n bloedige gemors gewees het. Maar Abba was meer beindruk met geloof in die hart as met wereldse skoonheid.
Ons sien hier is dit een lam vir 'n man. Later, by die Pasga, sal dit een lam vir 'n gesin wees. Toe, op die Versoendag, was dit een lam vir die nasie. Uiteindelik, saam met Jesus, was daar een Lam wat die sonde van die hele wêreld weggeneem het (Joh. 1:29).
Gen 4:5 (Kain se woede was ongetwyfeld gewortel in trots. Hy kon dit nie verdra dat sy broer voor Abba aanvaar is en hy nie.)
Netsoos Abel voel daar mense vandag Abba Vader het Sy Seun gestuur en betaal vir ons sondes en ons hoef nie regtig enige iets te doen nie. Daardie lou warm optrede is nie iets om van skaam te wees nie. En mense glo dis die soewereiniteit van Abba Vader en dis nie waar nie – want as jy ‘n goeie huwelik wil hê gaan jy daaraan moet werk! As jy ‘n goeie verhouding met jou kind wil hê – moet jy tyd en werk aan die verhouding. Netso as jy ‘n goeie verhouding met Abba Vader wil hê – gaan jy tyd maak vir Abba Vader, jy gaan Hom gehoorsaam, Hom lief hê en Sy karakter beter WIL leer ken. Dit werk so in enige verhouding. As jy ‘n beter verhouding met enige iemand wil hê verg dit opoffering. Dit verg tyd, want jy wil. Jy is lief vir die persoon. Is dit nie hoekom Yeshua sê in Mat 6:33 “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Die punt is, my en jou verhouding met Abba Vader is nie net alles Abba Vader se verantwoordelikheid nie. Daar is twee in ‘n verhouding.
Jy sien, Adam is geskape volgens Abba Vader se beeld en Adam het iets nodig gehad. Die Woord sê terwyl Adam die diere genoem het Gen 2:20 "So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie." M.a.w Adam was opsoek maar het geen hulp gevind nie.
So, hoe het Abba Vader geweet dat die enigste ding wat Adam sal tevrede stel of dat die hartsbegeerte in Adam se hart is iemand met wie hy ‘n verhouding kan hê? Hoe het Abba Vader dit geweet? Dink daaroor, is dit nie hoekom Abba Vader die mens, gemaak het nie? Om in ‘n verhouding saam met Hom te wandel nie? Jy sien Abba Vader het baie goed geweet wat Adam se behoefte is en dat dit nie goed is dat hy alleen is nie want netso het Abba Vader die selfde begeerte! So hierdeur kan ons ook sien wat is Abba Vader se grootste hartbegeerte? Abba Vader soek ‘n verhouding met ons. Nou, teologies klink dit nie reg nie , nê, want Abba Vader is self uitvoerend, selfversorgend en selfonderhoudend. So hoekom nodig Abba Vader vir my en jou? Want sien Abba Vader is opsoek na ons hart, daardie toewyding en soeke na Hom. Hoekom? Want Abba Vader is ‘n God van verhouding.
So wat beteken dit as ons sê Abba Vader het ons nodig? Abba Vader het besluit Hy het my en jou nodig want in ‘n verhouding ooreenkoms is daar twee partye of twee vernote. Jy sien Abba Vader het besluit voor ons nog gebore is om in ‘n vernootskap in te gaan met ons. En Abba Vader het ‘n droom vir ons, ons lees in (Jer 1:5) – Hy het jou geskape met ‘n spesifieke doel en wat okal die spesifieke doel, Abba wil dit doen in ‘n vernootskap saam met ons. En in enige vernootskap of verhouding het jy ‘n vernoot nodig. As ons in ‘n vernootskap ingaan saam met Abba Vader het ons ‘n deel tot die vernootskap of verhouding want in enige vernootskap het elkeen ‘n deel.
Jy sien, niks kan die samewerking of venootskap wat mens met Abba Vader het wen nie. As ons net in geloof presies sal doen wat Hy sê; sal ons Emunah - “A firm action towards the will of God.” Byvoorbeeld vir die Rooisee om oop te gaan moes Moses vorentoe beweeg het en sy kierie opgelig het en Abba Vader het die pad deur die Rooisee gemaak. So die vraag is: het ons al besluit om Abba Vader nodig te ag? Het ons al besluit om in venootskap, om in verhouding, met Abba Vader te gaan?
Abba Vader het ons geskep en het besluit Hy het ons nodig. Nie net in verlossing nie want jy het Yeshua nodig om gered te word. Maar het jy al besluit om Abba Vader nodig te ag om ‘n venootskap en samwerking met Abba Vader te wees - jy sien, dis ‘n aanhoudende besluit om te besluit ek het Abba Vader nodig.
So wat was Kian en Abel se gedeelte? Want, onthou, Abba Vader se gedeelte was, dat Hy alles geskape het. Kain en Abel se gedeelte was om die Land te gaan bewerk. Want van waar het Kain se saad gekom en wie het Kain se groente en vrugte laat groei? Wie het Abel se vee vermeerder? Abba Vader het die bonatuurlike gedoen en na die groei en vermeerdering wat plaasgevind het wat was Kian en Abel se gedeelte om te doen in die venootskap, of die verhouding? Om die eerste, die beste, vir Abba Vader te gee! Nou, Abel het sy gedeelte, sy eerste, gebring in sy samewerking met Abba Vader, maar nie Kain nie. Hy het nie sy eerste gebring in sy samewerking met Abba Vader nie.
Jy sien, Abel het ‘n soeke gehad en ‘n uitreik in Sy hart na Abba Vader en Hy doen dit met 'n houding van suiwer ontsag en danksegging want hy bring die: eerstelinge van sy kudde (die eerste) vir Abba Vader want dis Abba se regmatige gedeelte in hul verhouding of venootskap. Abel het ‘n nederige hart en met sy offer verwag Hy niks in ruil daarvoor nie. Sy offer was nie 'n godsdienstige vertoning nie. Of hy het nie probeer om vir Abba Vader te beïndruk nie, dit was net ‘n “dankie, Abba”. Hy erken net eenvoudig vir Abba Vader - met ‘n nederigheid en dankbare hart – dat Abba Vader die bron van alles is wat goed is in sy lewe. Want dit is net Abba Vader wat net die bonatuurlike doen en hy net die moontlike en sonder Abba Vader sou dit nooit moontlik wees nie. As mens net dink, Abba Vader se ook hier in Genesis dat die plante hul water van die miskry, wat van onder af kom, daar was geen reen nie. En dat daar nog nooit reen was, tot die dag toe die reen kom van Noach se ark.  M.a.w. wat Abel doen deur die eerste vir Abba Vader te gee is niks anders as ‘n verklaring van Abba se goedheid, Sy getrouheid en 'n aksie van totale vertroue in Abba Vader nie! Want sien, as jy jou eerstelinge of eersgeborene gee – is daar geen waarborg van nog nie. M.a.w al kom daar nie nog nie ,is dit wat Abba Vader in die verhouding gee (Sy gedeelte) meer as wat ek verdien en dis jou verklaring dat jy Abba Vader vertrou om presies te voorsien wat nodig is.
So hoekom wil Abba Vader hê ons moet vir Hom die eerste van ons harte gee? Want Abba Vader het reeds Sy deel gebring! Abba Vader het reeds vir Yeshua, Sy seun, gestuur. Joh 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” En Yeshua het aan die kruis gesê “It is finished.” Abba Vader het Sy gedeelte, Sy eerste, Sy beste gegee in ons venootskap en verhouding met Hom en die vraag is sal ons in geloof ons eerste (die beste van ons harte) vir Hom gee?
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.