Kolossense 2:6 - 15
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 18 viewsNotes
Transcript
Geestelike Volheid
Geestelike Volheid
Julle het saam met Christus gesterf en opgestaan
6Noudat julle Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle lewe soos mense wat aan Hom verbonde is. 7Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid.
8Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. 9Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. 10En omdat julle één is met Christus deel julle in sy volheid – Hy wat die hoof is van elke heerskappy en gesag.
11Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met ’n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus. Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige geaardheid. 12Toe julle gedoop is, is julle saam met Christus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom opgewek. Julle geloof in die krag van God het dit moontlik gemaak – hierdie selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het!
13Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe. 14Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. 15So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.
Christ is the most perfect image of God, into which we are so renewed as to bear the image of God, in knowledge, purity, righteousness, and true holiness.
John Calvin; Henry Beveridge
Because it is in Christ that you have spiritual fullness, Paul is saying, do not let anyone impose upon you a program of spiritual development that does not have Christ at its heart.
Douglas J. Moo
1 Net Christus - Noudat julle Christus aangeneem het, moet julle in Christus geanker bly en op Hom bly bou, standvastig in geloof, en oorloop van dankbaarheid. Christus is genoeg - net Christus kan jou red. Geen ander ideologie, of wet, of enige “nuwe” leeringe kan jou red nie. Net Christus se kruisdood kan, deurdat jy in Hom glo.
2 Waak teen misleiding deur tradiesie of mensgemaakte wette nie, wat nie van God afkomstig is nie. Wees ge-anker in Jesus:
Mooi woorde teenstrydig met die grondbeginsels van ons geloof
Vreemde filosofiee - bv “Budisme is ‘n lewenswyse, nie ‘n geloof nie....”
2 Christus is volledig - Die volheid van God is in Christus beliggaam, en omdat julle een is met Chistus, deel julle in die volheid van Christus – Hy wat as Hoof aangestel is oor alles. Hy is alles en in Hom is alles.
3 Christus het waarlik mens geword, net soos ons, is gekruisig, begrawe, het opgestaan en het opgevaar na die hemel. Besef dat die offer van Jesus volledig is, niks is meer nodig nie!
Christ is the most perfect image of God, into which we are so renewed as to bear the image of God, in knowledge, purity, righteousness, and true holiness.
John Calvin; Henry Beveridge
4 Saam met Christus gekruisig, ons het saam met Hom opgestaan uit die dood - geen fisiese aksie van ‘n mens, soos die besnydenis, is nodig nie. Geloof in Christus is genoeg!
How little people know who think that holiness is dull. When one meets the real thing … it is irresistible. If even 10 per cent of the world’s population had it, would not the whole world be converted and happy before a year’s end?
C. S. Lewis
5 God het gered, alhoewel julle eintlik nog dood was agv julle sonde, het God julle sondige natuur weggevat en in Christus lewend gemaak. Hy het al julle sondes vergewe.
Hy het al die aanklagte en veroordelings oor julle uitgevee deur dit saam met Jesus aan die kruis vas te spyker. Daardeur het Hy ‘n bespotting gemaak van al die gesagvoerders en regeerders deurdat Sy aksie hulle totaal ontwapen het.
6 Twee tekens, nl die besnydenis en die doop, omdat beide dieselfde basiese betekenis het, een vir Jode, die ander vir Christene. Vir Jode was die besnydenis die simbool dat hulle volgens die Gees sal leef,
vir die Christene, die doop bevestig die nuwe lewe in die Gees omdat die ou lewe, die fleeslike lewe, dood is. Nou kan die Christen uitsien na ‘n nuwe lewe in Christus! Wonderlik.
Summary
Summary
Julle Christus ontvang het, so moet julle in dankbaarheid in Christus leef.
Pasop dat niemand julle om die bos lei, weg van die ware geloof in Christus nie.
Jy het niks meer nodig om gered te word nie - net geloof in Jesus Christus.
Ons is saam met Christus gekruisig en saam het ons opgestaan - die doop is hiervan ‘n teken. Daarom moet Christene gedoop word (en nie besny nie)
God het alle aanklagte teen julle weggevat as julle in Christus glo. Daardeur het Hy die bose magte en regeerders se mag oor jou totaal weggevat. net Christus tel!
