Lech Lecha - Gen 15:1-16:16

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 13 views
Notes
Transcript
Genesis 15
1. Abba maak 'n verbond met Abram en herbevestig sy belofte van 'n nageslag.
2. Abram kla dat hy kinderloos is, maar Abba belowe dat sy eie nageslag sy erfgenaam sal wees.
3. Abram glo Abba Vader, wat sy geloof as geregtigheid beskou.
4. Abba bevestig die verbond met 'n offerseremonie en sê dat Abram se nageslag 400 jaar lank slawe sal wees voordat hulle die land Kanaän erf.
Wat staan uit in Genesis 15, “ek is jou skild en jou loon is baie groter.” Die skild waarna Abba Vader verwys is in Hebreeus “magen”, die werkwoord wat hierdie skild beskryf is die woord “ganan” wat beteken, “to defend” “to cover and surround”.
Die woord magen se Hebreeuse letters is die Mem, Gimmel en die Nun.
1. Mem (מ) – Die letter Mem word geassosieer met water en lewe, maar ook die idee van oorvloed of voeding vir lewe. In konteks van die skild waarna ons kyk, herinner die Mem ons dat Abba Vader se beskerming soos water is: dit omvou ons, dit voed ons, en vul ons met lewe. Net soos water die liggaam onderhou, onderhou en beskerm Abba Vader ons.
2. Gimmel (ג) – se prentjie is dié van ‘n persoon wat beweeg, of ‘n voet, wat simboliseer dat daar aksie en beweging is. Gimmel kan ook as ‘n woord gerbuik, wat verwys na kameel. Ons sien ook ‘n prentjie van die Heilige Gees hier in want, netsoos die kameel die mens op tel en dra, of help van punt a tot punt b, netso lig die Heilige Gees ons op en lei ons die bestemming wat Abba Vader in gedagte het vir ons. Nou in die konteks van 'n skild, stel dit voor dat Abba Vader ons aktief beskerm en Sy beskerming nie staties is nie.
3. Nun (נ) – simboliseer lewe in opregtheid, geloof, en volharding. Dit word soms uitgebeeld as ‘n saad wat geplant is, wat dui op groei en voortbestaan, asook die idee van ‘n toekoms van hoop. So die herinner ons dat Abba Vader ons skild is, nie net om ons in die hede te beskerm nie, maar om ons te bewaar en ons ’n toekoms te gee, ‘n toekoms waar ons skeppingsdoel kan uitleef.
Opsommend sien ons:
- Abba vader bied ‘n omvattende, lewe geende beskerming, wat ons in totaliteit bedek, soos water wat alles omvou.
- Abba Vader is aktief en betrokke in ons lewe , wat aandui dat Sy beskerming nie passief of onbetrokke is nie. Sy beskerming is daar om ons op te lig en te lei.
- Abba Vader se beskerming herinner ons aan die voortdurende lewe en hoop wat ons in Hom vind, wat verder gaan as enige een van ons se eie vermoë.
In Genesis 15 sien ons ook dat Abba Vader Abram se vrese aan spreek, en hom versterk.
Hierdie woorde van Abba Vader in vers 1 wat sê “Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.” wys dat Abba Vader nie net Abram se beskermer is nie, maar ook sy voorsiener is. Abba Vader erken Abram se menslike vrees, maar bied Homself as ‘n skild aan. Ons sien die hart in Abram was om vrywilliglik die koningrykke van die wereld te verwerp, en hy wou niks gehad het wat nie aan hom behoort het nie, ja, Abraham het Abba Vader se aangesig gesoek, en so belowe Abba Vader dat Hy Abram se beloning sal wees. En dis vir my besonders, want wanneer ons die koninkryk van die wereld sal verwyder uit ons lewe, en die koninkry van Abba Vader eerste plaas, dis dan waanneer ons Abba Vader as beloning ontvang. En dit is wat Abba wil hê elkeen van Sy kinders moet besef. Maar die vyand hou die mens so goed besig om te dink dat dit andersom moet wees.
Wat ook inHoofstuk 15 uit staan is, is Abram se twyfel en Abba Vader se begrip oor sy twyfel.
Abram praat openlik met Abba Vader oor sy frustrasie omdat hy steeds kinderloos is. Hy vra, “Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan” En Abba Vader neem Abram se twyfel ernstig op en antwoord met ‘n spesifieke belofte: “maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. Abba Vader erken die twyfel en verwag nie perfeksie in ons geloof nie, maar wel daardie soort eerlikheid, want wanneer ons daardie eerlikheid bereik waar Abba Vader aan ons kan werk – en Hy versterk ons wanneer ons tekort skiet in ons geloof, solank ons Hom vertrou.
Wat ook uitstaan in hfstk 15 is dat Abba Vader Abram versterk met 'n prentjie van die sterre.
Abba Vader lei vir Abram buite toe om sy aangesig te draai na die sterre toe en sê – so groot sal sy nageslag wees. Hierdie beeld wat Abba Vader aan Abram gee dien as ‘n tasbare belofte waarna Abram kan uitsien. Die sterre herinner Abram dat Abba se beloftes soms vir ons onmoontlik lyk, maar Hy gee vir Abram iets visuels om die konteks raak te sien. Netso kan Abba Vader met elkeen van ons praat om ons visiele prente en konteks te gee om die droom te kan raaksien.
VRAAG : Wat kan ons leer uit die manier waarop Abba vader Abram se twyfel hanteer, en hoe kan ons dit toep pas op ons eie geloofsreis?
In die gedeelte sien ons ook Abram se geloof wat uitstaan, na Abba Vader se belofte.
Vers 6 sê: “En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.” So Abram se geloof in Abba se belofte word as geregtigheid gesien. En hierdie beginsel word herhaal met die koms van Yeshua, wat beklemtoon dat ons nie deur werke of persoonlike pogings regverdig word nie, maar deur geloof in Yeshua. Hier sien ons dat geloof nie net ‘n instemming is aan Abba Vader se bestaan is nie, maar ‘n onophoudelike vertroue in Sy karakter en Woorde.
Ons sien ook Abba Vader sluit ‘n verbond met Abram, na die offerseremonie.
So in die laaste gedeelte van die hoofstuk maak Abba Vader ‘n formele verbond met Abram na hy die diere bymekaar gebring het vir die offer . Abba Vader sê “Neem vir My 'n driejaaroud vers en 'n driejaaroud bokooi en 'n driejaaroud ram en 'n tortelduif en 'n jong duif. 10En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank. 14Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. Maar jý sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar 'n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.” - Met hierdie waarskuwing wys Abba Vader ook vir ons in die prentjie van die vuurige fakkel dat Abba Vader hulle sal red en hierdie vuurige fakkel sal in hulle midde wees.
Hierdie gebaar dui aan dat die verbond volkome afhanklik is van Abba Vader, want Abba het die diere voorsien, gekies en gesê hoe dit geoffer moets word. En dit verg van Abram daardie getrouheid.
Hierdie rokende oond herinner ons aan die vele kere waar rook of ’n wolk die teenwoordigheid van Abba vader verteenwoordig het:
· Ons kan kyk na die wolkkolom wat saam Israel in die woestyn was (Eksodus 13:21-22).
· Die rook en vuur op die berg Sinai (Eksodus 19:18).
· Asook die wolk van Abba se Shekinah-heerlikheid (1 Konings 8:10-12).
· As die brandende bos wat die teenwoordigheid van God aan Moses vertoon het (Eksodus 3:4).
en vele ander kere…
In geheel sien ons in Genesis 15 hoe Abba Vader verstaan dat ons soms met twyfel en onsekerheid worstel. Hy roep ons egter om in Sy beloftes te bly vertrou en gee ons gereeld bevestiging van Sy beloftes. Hy is ons skild van beskerming en beloning. Abba se verhouding met Abram in hierdie hoofstuk wys dat Sy liefde en beloftes standvastig is, selfs wanneer ons menslikheid soms in die pad staan.
VRAAG : Hoe hanteer Abba Vader Abram se twyfel , en wat leer ons hieruit oor Abba Vader se begrip en versterking van ons geloof?
Wil iemand by las?
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.