Luk 22:7 - 23
Nagmaal - Liefdesmaal • Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 14 viewsNotes
Transcript
Liefdesmaal
Liefdesmaal
Gebed - Seën van Woord
Gebed - Seën van Woord
Skriflesing - Lukas 22:7 - 23
Skriflesing - Lukas 22:7 - 23
7Die Dag van die Ongesuurde Brood waarop die paaslam geslag moes word, het aangebreek. 8Jesus het vir Petrus en Johannes gestuur en gesê: “Gaan maak die paasmaaltyd gereed sodat ons kan kom aansit.”
9Hulle vra toe vir Jesus: “Waar verkies U dat ons dit voorberei?”
10Hy antwoord hulle: “Kyk, wanneer julle die stad binnegaan, sal ’n man julle teëkom wat ’n kan water dra. Volg hom tot in die huis waar hy ingaan, 11en sê vir die eienaar van die huis: ‘Die Leermeester vra jou: Waar is die gastekamer waar Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd kan eet?’ 12Daardie man sal julle ’n groot bovertrek wys wat gereedgemaak is. Daar moet julle dit voorberei.”
13Hulle het vertrek en dit net so aangetref soos Jesus vir hulle gesê het en die paasete gereed gekry.
14Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit en die apostels saam met Hom. 15Hy sê toe vir hulle: “Ek het geweldig daarna uitgesien om hierdie paasete saam met julle te eet voordat Ek ly. 16Want Ek sê vir julle, Ek sal dit beslis nie weer eet voordat dit binne die koninkryk van God sy volle vervulling gekry het nie.”17Daarna het Jesus ’n beker geneem en ’n dankgebed uitgespreek. Vervolgens sê Hy: “Neem dit en deel dit onder mekaar. 18Want Ek sê vir julle, Ek sal beslis van nou af nie weer van die vrug van die druiwestok drink voordat die koninkryk van God ten volle gekom het nie.”
19Jesus het ook brood geneem, ’n dankgebed uitgespreek, dit in stukke gebreek en vir hulle gegee terwyl Hy sê: “Dit is my liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan My.”
20Hy het dieselfde gedoen met die beker ná die ete en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, bevestig deur my bloed, wat ter wille van julle uitgegiet word.
21“Maar kyk, die man wat My uitlewer, is hier saam met My aan die tafel. 22Met die Seun van die Mens sal dit inderdaad gaan volgens die beskikking van God, maar groot ellende wag op hom deur wie Hy uitgelewer word!” 23Toe het die dissipels mekaar begin uitvra wie van hulle dit tog kon wees wat só iets sou doen.
Jesus stuur Petrus en Johannes
Jesus stuur Petrus en Johannes
Jesus stuur Sy disippels met baie duidelike instruksies, om die Pasga te gaan voorberei. Hy laat geen kans vir twyfel toe nie! ‘n Man wat water dra in ‘n kruik is uitsonderlik, omdat dit gewoonlik vrouens is wat die werk doen, dus maklik herkenbaar.
Die disippels kry dit presies soos Jesus gesê het , en hulle berei die pasga voor soos voorgeskryf in die “gastekamer”. Hier is Jesus dan ook die Gasheer, in teenstelling met Sy geboorte in ‘n stal omdat daar geen plek vir Hom was nie.
In die tradisionale Pasga kan daar tot 15 stappe wees, elkeen met sy eie simboliek. Ongesuurde brood speel deurgaans ‘n belangrike rol, so ook ten minste 4 bekers wyn, in seker kulture selfs soveel as 5, elkeen verwys na ‘n spesifieke belofte wat God gemaak het (Ek sal julle verlos van dwangarbeid, Ek sal julle verlos van slawerny, Ek sal julle loskoop, Ek sal julle My volk maak).
Baie interessant dat hier geen melding gemaak word van die lam wat tradisioneel deel is van die Pasga nie - ons sal netnou sien hoekom!
Die Pasga is hoofsaaklik ‘n maaltyd om te onthou hoe God die Egiptenare gestraf het deur die eersgeborenes dood te maak, terwyl die Israeliete agter die bloed teen die deurkosyn geskuil, en sodoende vrygekom het. So moet ons onthou wat op Golgota gebeur het, en wat gebeur het toe hulle Hom gaan soek het by die leë graf!
Keerpunt v14 - 18 en 21
Keerpunt v14 - 18 en 21
Nadat Jesus op die tradisionele manier met die pasga begin, volg die wonderlike keerpunt in die mens se geskiedenis! Hy het uitgesien na hierdie oomblik, die begin van die begin! Tot nou toe het Jesus gepreek, wonders gedoen, mense gesond gemaak of dooies lewend. Hier egter begin die Ware Verlossing, deurdat Jesus aankondig dat die Pasga sy betekenis verloor het, voltooi is, dit het nie die gewenste uitwerking gehad nie en dat die nuwe verbond wat God met die mens sluit, op hande is, en dit is slegs Jesus wat die verbond tot stand kan bring. Die belofte gebasseer op die offer wat Jesus bring - hier op hierdie wonderlike oomblik vervang Hy die paaslam met Homself, hier begin die werklike rede vir Sy koms na die aarde, die verlossing van sondige mense.
Die wet dui op Hom, Professieë wys op Hom as die Een wat sou ly tot almal wat in Hom glo se Verlossing. Dit het begin - hier in die bokamer saam met Sy disippels. Hier gaan dit nie oor die vervulling van rituele nie, maar die vervulling van God se plan!
Jesus staan hier op die vooraand van Sy offer aan die kruis, Sy lyding sodat sondaars kan lewe, Sy liggaam stukkend geslaan sodat ons met God versoek kan word! Die Pasga is vervul in die Koningkryk van God, en is nou in die harte van gelowiges.
'As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daarom dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk. ' Rom 14:17 NLV
Die Pasga is nou nutteloos omdat die mense Hom verwerp het, maar as Hy die Koningkryk van God gevestig het met Sy opstanding uit die dood, sal Hy en Sy glorie die middelpunt daarvan wees. Soos God die Israeliete uit Egipte verlos, so verlos Jesus ons deurdat Hy ons deur Sy dood reinig, en ons deur die doderyk deur saam met Hom neem na God die Vader.
Jesus vervang die paaslam met Homself, sodat ons die ewige lewe kan hê - glo jy dat jy verlos is, dat Jesus jou Verlosser is?
Ondersoek 1 Kor 11:27 - 29 sê egter die volgende:
Ondersoek 1 Kor 11:27 - 29 sê egter die volgende:
27As enigiemand dan op ’n onwaardige manier van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal daardie persoon skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. 28Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink. 29Want as julle van die brood eet en uit die beker drink, eet en drink julle ’n oordeel oor julleself as julle nie die nodige respek teenoor Christus se liggaam betoon nie. 1 Kor 11:27 - 29
Paulus waarsku egter dat elke mens wat van die Brood, nl die Liggaam van Jesus, eet, homself moet ondersoek, en moet glo in God, Jesus en die Heilige Gees. Glo dat die liggaam van Jesus vir jou persoonlik gebreek is, en dat Sy bloed jou skoon was van al jou sonde - sonder hierdie geloof sal jy ‘n oordeel oor jouself bring as jy die Liefdesmaal eet.
STIL GEBED Raak dan nou stil voor die Here, in stil gebed, en ondersoek jouself, belei jou sonde, en aanvaar Jesus se verlossing.
As jy nou met ware berou en opregte geloof jou toevlug geneem het tot die enigste Verlosser, Jesus Christus, verseker ek jou jou sondes is vergewe, soos belowe in Joh 3:16:
'“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. '
Brood deel uit
Brood deel uit
Vriende, breek vir julle elkeen ‘n stukkie af van die brood, help mekaar. As jy dan die brood in jou hande voel, voel hoe dit skeur, dink daaraan dat Jesus se liggaam so stukkend geskeur is sodat jy van jou sonde verlos kan word.
Dankgebed: Seën Here die gebruik van hierdie Gawe, maak ons opreg dankbaar daarvoor
Die brood wat ons eet, is die gemeenskap met die liggaam van onse Here Jesus Christus. Eet dit, en dink en glo dat so seker as wat jy die brood in jou mond voel en proe, so seker is sy Liggaam gebreek tot volkome versoening van al ons sondes.
Wyn
Wyn
Jesus se bloed is gestort, sodat gelowiges vrygemaak word van die ou verbond, en om die vreugde en genade van die Nuwe Verbond te geniet. Soos met Abram van ouds, en die uittog uit Egipte, word die nuwe verbond bevestig deur bloed, die bloed van Jesus Christus, sodat gelowiges vrygemaak en vreugdevol die Koningkryk van God kan verwag.
Dankgebed: Seën Here die gebruik van hierdie Beker, maak ons opreg dankbaar daarvoor
Die beker van danksegging is die gemeenskap met die bloed van ons Here Jesus Christus. Neem dit, drink, en glo so seker as wat jy die wyn in jou mond proe, sdat Sy bloed vergiet is tot volkome versoening van al jou sonde.
Dank Uitspraak en Gebed
Dank Uitspraak en Gebed
Aan Hom wat ons liefhet en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het, 6en ons laat deel in sy koninklike regering, aan Hom wat ons priesters vir God, sy Vader, gemaak het, aan Hom behoort die heerlikheid en die krag vir ewig en altyd. Amen.
Eerste Gemeenste - Hand 2
Eerste Gemeenste - Hand 2
Kom ons doen dan nou soos wat die eerste gemeentes gedoen het: Almal het kos gebring, dit bymekaar gesit en saam geëet in vreugde en blydskap!
46Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier, en hulle kos met jubelende blydskap en in alle opregtheid geëet. Hand 2:46
