Hebrew Name

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 30 views
Notes
Transcript

Liewe pa/Oupa Charles - Veels geluk met pa/oupa se verjaarsdag. Mag dit vir pa/oupa ‘n voorspoedige jaar wees. Hiermee ‘n opsomming van die dieper betekenis van elke letter in pa/oupa Charles se naam.

Die naam Charles bestaan uit die volgende Hebreeuse letters.
Tsadei - צ
Yod - '
Aleph - א
Resh - ר
Lamed - ל
Samech - ס
Die letter Tsadei se oorspronklike prentjie (piktogram soos geskryf in die eerste weergawes van die Woord) is die van ‘n persoon wat op sy, sy lê en wag. Die betekenis van hierdie wag is nie net om te wag op die rusbank van die lewe nie, maar om in gereedheid te wag vir die opdrag van Abba Vader. Die prentjie wat hieruit geskets word is soos ‘n jagter wat plat op die grond lê en wag vir sy prooi, so gereed, maar ook so wagtend op die regte oomblik. Hierdie aksie om so op Abba Vader se opdrag te wag verg absolute gehoorsaamheid, nederigheid en die hart om jou wil neer te lê vir die wil van Abba Vader. Wanneer jy hierdie plek van afhanklikheid in Abba bereik het, is dit waar Abba jou kan gebruik vir die droom wat Hy vir jou het.
In die tweede letter, die Yod, sien ons in die oorspronklike (piktogram) dat dit ‘n prentjie is van ‘n regterhand, in die moderne Hebreeus is dit ook die kleinste letter in die Alphabet. Ons lees in Matt 26:64, Hebreers 1:3, 1 Petrus 3:22 en Handelinge 7:55 dat Yeshua die regterhand van Abba Vader is. Nou Yeshua se lewe is die van nederigheid en absolute autoriteit. Ons lees ook in Mattues 28:18-20 dat in Yeshua al die autoriteit is “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.”. Yeshua wil ook hê dat ons deur Hom en die prys wat Hy betaal het vir ons sondes, in autoriteit moet wandel en Hy sê vir ons in Lukas 10:19 “Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” So die letter Yod leer ons dat om in ware autoriteit te wandel, net soos Yeshua, moet ons in absolute nederigheid wandel sodat ons as ‘n instrument gebruik kan word vir Abba Vader / ‘n verlenging van Yeshua.
Die volgende letter, is die Aleph, die Aleph is die eerste letter en verteenwoordig die drie-enige God, Abba Vader is ook die begin en die einde, die Alpha (Aleph) en Omega. In Hom lê al die autoriteit, mag en gesag. Die middelpunt van oupa/pa se naam is ‘n Aleph wat ‘n verteenwoordiging is van Abba Vader self, net soos wat Abba die middelpunt van oupa/pa se lewe moet wees. Ons lees in Genesis 2:7 “En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.” Abba Vader het Sy asem in oupa/pa in geblaas en eerste Homself die middelpunt van oupa/pa gemaak nog voor oupa/pa ooit kon besef wie Sy Skepper is, nog voor Charles ooit besluit het om Sy lewe neer te lê vir Abba Vader.
Resh - in die oorspronklike Hebreeus is die prentjie van ‘n kop of ‘n leier. Die resh kan verwys na Yeshua wat die hoof/leier is van die liggaam/kerk, Hy is die een wat ons lei en in Sy Woorde ons leer hoe ons as liggaam die Wil van Abba Vader moet uitvoer. Die resh verteenwoordig leierskap en die vermoë om in regverdigheid te wandel, en net lei uit die konteks van Abba Vader se Woord.
Die volgende letter, die Lamed, is in die oorspronklike Hebreeus ‘n prentjie van ‘n herderstaf. En verwys na Abba Vader wat die Herder is, ons kan lees in Psalm 23:1 “Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.” Nou die Lamed, wat ‘n Herderstaf is, is bekend as ‘n instrument wat skape of vee prik in ‘n sekere rigting, die rigting waarin die herder beweeg. Nou hierdie aksie om geprik te word, is soms ongemaklik maar die herder doen dit sodat die vee beskerm word en by die bestemming kan uitkom. Netso wil Abba Vader ons, Sy kinders, prik in die rigting waarin ons moet gaan. Nou prakties beeld hierdie lamed vir ons uit dat ons die leiding van Abba Vader moet onderwerp en ontsag hê vir Sy instruksie, maak nie saak hoe moeilik dit is nie. Abba Vader kan jou lei waar Hy jou kragtig wil gebruik as jy daardie ontsag vir Hom het.
Die laaste letter, die Samech, in die oorspronklike Hebreeus, is die prentjie van dorings. Die moderne gebruik van die Samech is ‘n prentjie van ‘n sirkel. Nou hoe dit bymekaar kom is besonders, maar wat ons nog leer van die letter is dat een van die eerste gebruike van die letter is toe Abba Vader vir Adam toegemaak het, nadat Abba, Sy ribbebeen verwyder het om Eva te vorm. Daardie toemaak is een van die eerste gebruike van die letter Samech, en gee vir ons ‘n kragtige idee wat die Samech beteken, om te bedek en toe te maak. Nou Yeshua is die een wat ‘n kroon van dorings vir ons gedra het, in hierdie kroon van dorings sien ons die oorspronklike piktogram prentjie van Samech en die moderne gebruik van die letter waar dit ‘n sirkel is, en so het Yeshua hierdie kroon vir ons gedra sodat ons beskerm word, toegemaak en bedek is met Sy bloed wat ons beskerm.
Die naam "Charles" in Hebreeus dra 'n diep geestelike betekenis en beklemtoon die karaktereienskappe wat Abba Vader na soek in Sy Skepping. Elke letter word sinvol saamvoeg tot 'n prentjie van gehoorsaamheid, leierskap en beskerming onder die hand van Abba Vader. Die *Tsadei* verteenwoordig 'n houding van gereedheid en afhanklikheid, waar oupa/pa wag op Abba se opdragte. Die *Yod* verwys na nederigheid en die regterhand van Abba se gesag, terwyl die *Aleph* die middelpunt is wat Abba Vader as Skepper en bron van lewe in sy kern plaas. Die *Resh* dui leierskap aan, om in geregtigheid te lei volgens Abba se Woord. Die *Lamed* simboliseer God se herderstaf, wat oupa/pa lei en beskerm, al is die pad soms moeilik. Laastens, die *Samech* beklemtoon beskerming en bedekking, soos Yeshua wat sy kroon van dorings gedra het om oupa/pa toe te maak en te beskerm.
Pa/Oupa Abba het jou opgerig om ‘n persoon te wees wat soveel mense aantrek en soveel mense kan bereik, geseën met ‘n uitgebreide familie met nageslagte wat wyd strek. Abba Vader het ‘n droom vir pa/oupa om in daardie voorbeeld te stap wat hierbo uiteengesit is. Die wereld het nodig Sy lig raak te sien en oupa/pa se voorbeeld in hierdie kinders en klein kinders se lewe kan daardie lig vir die wereld wees. Mag pa/oupa elke jaar meer en meer in intimiteit met Abba Vader wandel en groei in daardie verhouding met Hom.
27/11/2024
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.