Chayei Sarah - Hebrew Woord

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript

Chayei Sarah (חַיֵּי שָׂרָה) bestaan uit die volgende Hebreeuse letters.
Chet - Die letter Chet sien ons is die 8ste letter van die Aleph-Bet en simboliseer ’n nuwe begin, wat ons ook herinner aan Yeshua se opstanding op die eerste dag van ‘n nuwe week, wat my laat dink aan die verlossing wat Hy ons kom gee het op hierdie 8ste dag. Die piktogram prentjie van die Chet is ‘n heining, wat ons laat dink aan beskerming en Abba Vader se instruksies wa daar is om ons te beskerm. So die Chait roep ons om binne verbond te wandel sodat ons ‘n lewe kan lei wat gevul is met vrugbaarheid en nuwe lewe.
Yod (x2) - Yod - sien ons in die oorspronklike (piktogram) dat dit ‘n prentjie is van ‘n regterhand. Ons lees in Matt 26:64, Hebreers 1:3, 1 Petrus 3:22 en Handelinge 7:55 dat Yeshua die regterhand van Abba Vader is. Yeshua se lewe straal nederigheid en absolute autoriteit uit en dit sien ons in hoe diensbaar Hy was. Yeshua wil ook hê dat ons deur Hom en die prys wat Hy betaal het vir ons sondes, in autoriteit moet wandel en so diensbaar wees. Om die rondome ons se voete te was, in te tree in gebed en opdra na Abba Vader toe, want dit is hoe ek en jy kan in skakel om die hande en voete van Yeshua te wees. So die letter Yod leer ons dat om in ware autoriteit te wandel, net soos Yeshua, moet ons in absolute nederigheid wandel sodat ons as ‘n instrument gebruik kan word vir Abba Vader / ‘n verlenging van Yeshua.
Shin - Die 21ste Hebreeuse letter, Shin, simboliseer vuur, heiligheid en die Drie-eenheid van Abba Vader, Yeshua en die Heilige Gees, want as ons kyk na die letter shin sien ons drie afsonderlike gedeeltes wat saam kom as 1. Hierdie Shin wat verwys na verterende vuur is daar om te reinig en te transformeer, soos goud gesuiwer word. Die Shin is daar om uit te beeld hoe Abba Vader ons lei in Sy waarheid op ‘n pad van Heiligmaking, sodat ons elkeen in die roeping kan stap wat Hy vir ons het.
Resh - in die oorspronklike Hebreeus is die prentjie van ‘n kop of ‘n leier. Die resh kan verwys na Yeshua wat die hoof/leier is van die liggaam/kerk, Hy is die een wat ons lei en in Sy Woorde ons leer hoe ons as liggaam die Wil van Abba Vader moet uitvoer. Die resh verteenwoordig leierskap en die vermoë om in regverdigheid te wandel, en net lei uit die konteks van Abba Vader se Woord.
Heh - Die Hebreeuse letter Heh simboliseer genade, soos ons kan sien in verskeie voorbeelde soos die vyf klippies by Dawid en Goliat en die gelykenis van die man wat sy vyf talente gebruik het, en toe geseën is met nog 5. Heh se piktogram prent wys vir ons ‘n persoon met uitgestrekte arms en herinner ons aan die afhanklikheid wat ons moet hê in Abba Vader. Dit beklemtoon dat Abba Vader se genade onmeetbaar is en ons inspireer om rotsvas op geloof en gehoorsaamheid te reageer op Abba Vader se instruksies.
So Sarah se naam in Hebreeus leer ons oor haar roeping en identiteit as ’n moeder van nasies en die prinses/edelvrou wat sy is in Abba Vader se plan. Elke letter van haar naam openbaar ’n aspek van haar geestelike pad en roeping. In die Chet sien ons Sarah wandel in Abba Vader se verbond, beskerm deur Sy heining van instruksies. Haar lewe simboliseer ’n nuwe begin, die vervulling van Abba Vader se belofte aan Abraham wat vrugbaarheid seëninge voortbring. In die Yod sien ons haar nederigheid en haar rol as ’n instrument in Abba Vader se belofte. Sarah se geloof en afhanklikheid in Abba Vader maak haar ’n kanaal van diensbaarheid en geestelike invloed. In die Shin wat vuur en heiligmaking simboliseer sien ons Sarah se uitdagings en geloof vorm haar tot ’n getroue rolmodel, ’n vorm van suiwer goud deur Abba Vader se krag wat haar transformeer. In die Resh wat op leierskap en regverdigheid gefokus is, sien ons Sarah lei deur haar voorbeeld om ontsag te hê vir Abba Vader se instruksies, soos wat Abba Vader haar kom transformeer het, het daardie ontsag vir Abba se Woord verder gegroei. In die Heh het ons gekyk na genade en voorsiening. En so het Abba Vader haar onvrugbaarheid verander in ’n nalatenskap wat soveel is, soos die sterre in die lug.
In Sarah se naam leer Abba Vader ons van gehoorsaamheid en hoe daardie gehoorsaamheid kan oorgaan in ‘n transformasie, sodat die beloftes van Abba Vader vervul mag word. Haar lewe is ’n simbool van hoop vir elkeen wat smag na Abba Vader se plan, want niks is vir Abba Vader onmoontlik nie.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.