Toldot - Hebrew woord
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 27 viewsNotes
Transcript
Die Hebreeuse woord Toldot wat beteken generasies of nalatingskap (generations) wat die fokuspunt is van die 6de Parashah, wat gaan oor die nalatingskap van Isak.
Nou die woord Toldot bevat die volgende Hebreeuse letters. ‘n Tav, Vav, Lamed, Dalet en weer ‘n Tav.
Ons sien die woord Toldot begin en eindig met die letter Tav, en onhou ons is besig met die woord generasies.. in wie se hande is al die generasies? Aan wie behoort al die nasies? Ja Yeshua, wat die begin en die einde van die woord uitmaak!
Tav - Die letter Tav se oorspronklike piktogram prentjie is die van ‘n kruis en simboliseer Yeshua as die volmaakte offer vir alle nasies en alle generasies, om ‘n weg te vind na lewe. Deur Yeshua raak te sien in die Hebreeuse letters sien ons verbind Hy die eerste (Aleph) en laaste (Tav) letters, wat Yeshua as die begin en einde beklemtoon. Die letter Tav wat ook as ‘n woord gebruik kan word sien ons net drie keer verskyn in die Bybel, wat daardie volmaaktheid simboliseer. Die Tav dui op 'n merk of seël van Abba Vader aan, wat daar is om Sy volk te beskerm en te lei.
Vav - Vav - die sesde Hebreeuse letter, simboliseer verbinding en word geassosieer met die mens wat op die sesde dag geskep is. Die Vav se piktogram verwys na 'n spyker of tentpen wat dinge saambind, net soos die tent vasgepen is by die Tabernakel. Nou netsoos die tent oor die Tabernakel uitgestrek is om die struktuur te dek/omhels, was Yeshua ook op die kruis uitgestrek en vasgepen op die kruis vir ons sondes. Die eerste Vav sien ons ook voorkom in Genesis 1:1 se sesde woord, wat 'n rigtingwyser is na ons as mens wat op die sesde dag geskep is, en Yeshua wat met die spykers betaal het vir ons sondes, sodat ons verlos mag. En so wys Abba Vader Sy voorsiening en liefde van die begin af deur detail en betekenis in elke letter van Sy Woord te plaas.
Lamed - Lamed - die pitkogram prentjie van die Lamed is ‘n herderstaf en herinner ons aan die rol van Abba Vader wat die Herder is in ons lewe. Hierdie herderstaf waarmee Abba Vader ons lei is daar om ons op die van Heiligmaking te vat. Ons kyk byvoorbeeld na die kinders van Israel wat uit Egipte gely is deur Moses, waarop hulle gelei is op ’n reis waar daar 42 stoppe. In daardie reis was die kinders van Israel seeninge gegee, vloeke ook soos wat Abba hulle waarsku om in Sy wee te bly en verder was daar aan hulle geprik om die Egipte uit hulle te kry.
Dalet - wat die vierde letter van die Hebreeuse Aleph-Bet is, simboliseer 'n deur en weg wat geskep word na intimiteit met Abba Vader. Deur die onskuldige lam se bloed wat op die deurkoesyne aangewend is het die Israeliete versoening ontvang vir hulle sonde, wat ‘n direkte parallel is met Yeshua wat vir ons sonder opgeoffer is. Ons net soos die Israeliete is gevat van ‘n plek gevul met donker na ‘n plek gevul met lig, en dit vat ons terug na die prentjie van die deur, waardeer jy beweeg sodat jy by lig kan uitkom. Hierdie simboliese betekenis van die Dalet is daar om ons te nooi om ons harte oop te maak, afhanklik te wees van Yeshua se bloed wat vir ons betaal het, en in verbond met Hom te wandel.
Tav - dan kom ons weer by die Tav, wat die kruis simboliseer en Yeshua verteenwoordig as die volmaakte offer en die begin en einde.
So die Hebreeuse woord Toldot, wat "generasies" of "nalatingskap" beteken, kry ons Abba se perspektief oor die nageslag van Isak en die vervulling van Abba Vader se belofte aan Abraham. Die woord wat begin en eindig met die Tav, wat Yeshua beklemtoon, die volmaakte offer, die Alfa en Omega (Aleph en Tav), die Een in wie se hande alle generasies berus. Nou in ons daaglikse wandel as kinders van Abba Vader, roep Hy ons om te wandel met Sy handelsmerk, op ons. Sodat ons sal wandel in gehoorsaamheid en diensbaarheid, omrede ons Sy koninkryk verteenwoordig.
In die Vav se konteks van die woord Toldot sien ons hoe generasies aan mekaar verbind word deur die belofte wat aan Abraham gegee is en vervul word deur Isak se nageslag. Vav se rol as verbindings instrument herinner ons aan hoe Abba Vader se liefde en voorsiening van die begin af in elke generasie sigbaar is en sal so wees tot Yeshua Sy bruid komhaal.
Met die Lamed, wat 'n prentjie van ‘n herderstaf is, leer ons dat Abba Vader ons nooi om gehoorsaam te wees aan Sy stem en Sy wee. Soos die herderstaf die skape terugbring na veiligheid, wys Abba Vader ons dat Hy die Herder van alle generasies sal wees, en dat Hy ‘n soeke het om in gemeenskap te wandel met ons, die nalatingskap van Abraham.
In die Dalet sien ons hoe Yeshua die deur is waardeur ons genade ontvang. Net soos die bloed op die deurkosyne van die Israeliete se huise 'n weg na redding gebring het tydens die uittog uit Egipte, so is Yeshua se bloed die deur waardeur alle generasies toegang het tot die ewige belofte van lewe in Abba se koninkryk.
Die generasies wat in die woord Toldot vervat is, is nie net Isak se biologiese nageslag nie, maar 'n geestelike lyn van mense wat deur geloof deel kry aan Abba Vader se ewige belofte, alles deur Yeshua, die begin en die einde.
So kan ons ook sien is elkeen van hierdie letters wat die woord Toldot opmaak ‘n simbool van Abba Vader se voorsiening, beskerming en hand wat na ons toe uitstrek, sodat ons in verbond saam met Hom sal wandel.
