Jong Volwassenes Mal 1:1-27
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 4 viewsNotes
Transcript
In Maleagi lees ons van die profesie wat Abba Vader deur Maleagi spreek om aan Sy kinders die waarheid van hulle harte te betoon, hulle te wys hoe hulle Sy uitgekiesde volk is, en ‘n waarskuwing om dus te shema. So die hele profesie van Maleagie is daar om die Israeliete se harte te ploeg, daardie verharde grond wat onvrugbaar is, waar geen vrug in sig is nie, te ploeg om hulle harte te verander, deur aan hulle die waarheid te betoon.
So die gedeelte begin waar Abba Vader hulle herinner dat Israel Sy uitgekiesde volk is oor Esau se nageslag wat Edom is. Al sou Edom homself herbou na Abba Edom vernietig het sal Abba weer alles wat hulle bou verniel.
Dan vanaf vers (1:9-10) spreek Abba Vader die priesters aan omdat hulle Hom oneer aandoen, omodat hulle offers gebreklik (blind, siek, of gestremd) is. En so verwerp Abba Vader hulle offers. En dit herinner my net aan ons offer, ons tyd en gebruik van ons talente. Is dit aanneemlik vir Abba Vader. Want ons weet ons kan net gered word deur Yeshua, wat die perfekte offer is, maar hoe wys ons aan Abba Vader ons liefde aan Hom. Hoe gebreklik is dit wat ons offer, want die wêreld wil in meng en ons manipuleer om nie behaaglikse offers aan Abba Vader te bring nie. Daarom is hierdie ook ‘n waarskuwing vir volgers van Yeshua in vandag se tyd.
Dan lig Abba ook in hierdie gedeelte uit dat Hy nie sulke offers sal aanvaar nie.
Abba se erns word hier so uitdruklik uiteengesit in vers 6 “As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die Here van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag!”.
En Abba Vader se deur Maleagi in hoofstuk 1 dat die wat Abba so nader, met daardie verkeerde gesindheid, vervloek sal wees.
Dan in Maleagi 2:1-7 –sien ons die waarskuwing aan die priesters
Dan in Maleagi 2:1-7 –sien ons die waarskuwing aan die priesters
So Abba Vader waarsku dat as hulle nie gehoorsaam is en Sy Naam eer nie, sal Hy hulle vervloek. Abba Vader sal selfs hulle seëninge om sit in vloeke en hulle eer van hulle verwyder. Abba herinner elkeen van Sy verbond aan Levi – 'n verbond van lewe en vrede. En Abba waarsku die priesters spesifiek want die priesters moet die kennis beskerm en die waarheid aan die kinders van Abba Vader leer, want dit is hoe generasie tot generasie geleer word oor Abba Vader se verbond.
So die 6 hoofidees, 6 wat verwys na die mens, van die gedeelte in Maleagi wat vir my uitgestaan het is ;
Abba Vader wil sy kinders prik soos ‘n skaapwagter sy skape prik as hulle in die verkeerde rigting in beweeg. Maar voor hy prik noem hy “Ek het julle liefgehad”, Abba het sy kinders lief ondanks hulle neiging in die verkeerde wee, Sy begeerte om saam Sy kinders te wandel verdwyn nie. En hierdie liefde wat Abba Vader vir Sy kinders het is ‘n fondasie waarop die kinders van Israel hulle gehoorsaamheid kan bou, want as hulle Hom lief het, sal hulle Sy gebooie onderhou (soos Yeshua ook sê in Johannes 14:15 “As julle My liefhet, bewaar my gebooie.”). So die tema waarmee Abba die profetiese woord begin is, is dat alle gehoorsaamheid moet strek uit die liefde wat jy aan Hom betoon. En so omdat Sy liefde vir ons oneindig is, het Hy Sy seun vir ons geoffer.
Dan as ons kyk na Maleagi se profesie, is daar 7 vrae wat Abba Vader kom beantwoord deur Maleagi, en soos ek deur hierdie vrae lees besef ek, hoe ver hulle van Abba Vader se intimiteit was om sulke vrae te gehad het. En hierdie vrae is ook belangrik om te meet waar ons is, in ons intimiteit met Abba Vader, spandeer ons genoeg tyd in Abba se Woord en in intimiteit met Hom om ongetwyfeld Hom te ken in alles en in Sy weë te wandel?
So die 7 vrae was soos volg: A. “Waarin het U ons liefgehad?”
B. Waardeur het ons u Naam verag?
C. Waardeur het ons U verontreinig?
D. Waarmee vermoei ons Hom? / In what way have we wearied Him?
E. Waarin moet ons terugkeer? / In what way shall we return?
F. Waarin het ons U beroof?
G. Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?
3. In die midde van hierdie vrae wat onder Abba se volk is, het Hy steeds beklemtoon dat die nageslag van Jakob steeds Sy uitgekiesde volk is en hierdie woord wat deur Maleagi gebring word is daar om hulle terug te bring onder Sy sambreel van beskerming. Abba Vader wou hê dat hulle moes verstaan dat hulle uitverkies was en Sy uitverkore volk gebly het. Nou in vers 3 lig Abba Vader spesifiek uit dat hy Esau haat. Nou die woord wat hier gebruik is vir haat is die woord “sane” - wat verwys na die haat wat een het teen jou vyande of verwys na iemand wat ‘n haat het teen Abba Vader se kinders, soos ons kan sien in die nasies wat nou vir Israel aanval. So hierdie haat verwys om in teenstelling te wees, maar ook in opstand teen iemand, wat ook fisies kan verwys om afgesonder te wees van iemand of ‘n nasie, om nie in hulle teenwoordigheid te wil wees nie. Nou om die haat in die regte konteks te sit is, dat hierdie haat nie was dat Abba hulle sou tref met ‘n plaag of iets soos die Egiptenare ervaar het toe hulle die Israeliete terug gehou het nie, nee dit is in die konteks dat hulle nie die belofte van Abba Vader dra nie. Ons sal nog vind in Gen 33:9 en Gen 36 dat Edom ‘n nasie was, wat steeds in oorvloed gehad het. So die regte konteks hier in is dat Abba se belofte, Sy droom, die nasie saam wie Hy in intimiteit wandel is die nageslag van Jakob, nie Edom nie, dit beteken nie Essau was arm met die dinge van die wereld nie. Daar was steeds voorsiening vir hulle.
4. Ook in vers 2 en 3 sien ons hoe Abba Jakob bo Isak verkies - en die feit dat Abba Vader ‘n voorkeur vir Jakob bo Esau sien ons later in die woord ook waar die nageslag van Jakob (Israel) deur die Babiloniese Ryk verower was, en so ook die nasie wat van Esau (Edom) ook verower was. En tog het Abba Vader Israel uit ballingskap herstel en Edom was nie herstel nie. Abba Vader het gekies om groter guns aan Jakob en sy nageslag te bewys, netsoos Abba hier deur Maleagi bevestig het.
5. Deur Maleagi het Abba Vader die priesters van Israel gevra waarom hulle so min respek en eer aan Hom in hulle offers betoon het. Hulle het Hom Vader genoem, hulle het Hom hulle Meester genoem, maar tog het hulle Hom nie geëer en Hom eerbied betoon met hulle offers nie. Nou net soos generasies so maklik in die voetspore van hulle ouers volg, kon hulle waarskynlik nie die omvang van hulle oortreding raaksien nie en het bloot voortgegaan soos hulle dit gesien het. Netso in vandag se bedienings, is dit makliker as wat baie mense dink om blindelings voort te gaan om Abba en Sy mense te dien terwyl hulle in sonde is, en om dit vrede te doen. En so wou Abba hê dat Israel se priesters oor hulle diens aan Hom moes dink, en Hy wil hê dat vandag se bedienings leiers net so versigtig moet dink oor die manier en die hart waarmee Abba Vader bedien word.
6. Nou in Abba se waarskuwing aan die priesters in Mal 2, sien ons druk Hy uit, as hulle nie hierdie instruksie en waarskuwing en waarheid ter harte neem nie, in ander woorde, nie Shema nie, dan sal hulle seeninge omdraai in vloeke. Nou die priesters het 'n spesiale verantwoordelikheid gehad om die Woord te bestudeer en te versprei en die Woord is aan die priesters gegee vir lewe , sodat Sy lif uitgedra kan word, sodat alle nasies sal keer na Sy wil toe, en so sou hulle eerbiedig wees voor Abba Vader. So die rede vir Abba se waarskuwing was nie so erg vir Sy eie ontwil nie, maar vir die generasies wat uit Israel gebore word, biologies en geestelik soos mense in verbond met Abba Vader begin stap. Dit is sodat, ander wat Abba Vader nie ken nie, Hom kan leer ken en volgens Sy instruksies kan lewe.