Vayishlach

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 11 views
Notes
Transcript

Vav - Vav is die sesde Hebreeuse letter, simboliseer verbinding en word geassosieer met die mens wat op die sesde dag geskep is.
In gematria, die stelsel waar Hebreeuse letters numeriese waardes toegeken word, het Vav ook die waarde van 6. Wat verteenwoordig menslikheid. Wat is die Simboliese betekenis van Vav?
Die Vav se piktogram verwys na 'n spyker of tentpen wat dinge saambind, net soos die tent vasgepen is by die Tabernakel. Onthou die Tabernakel is waar Abba Vader saam met die kinders gewandel het. Sy Godelike teenwoordigheid.
Netsoos die tent oor die Tabernakel uitgestrek is om die struktuur te dek/omhels, was Yeshua ook op die kruis uitgestrek en vasgepen op die kruis vir ons sondes. En as gevolg van die prys wat Yeshua betaal het kan ons Abba Vader se verteenwoordig nader. Yeshua sê in Joh 14:6 “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
Die eerste Vav sien ons ook voorkom in Genesis 1:1 se sesde woord, wat 'n rigtingwyser is na ons as mens wat op die sesde dag geskep is, en Yeshua wat vasspykers is aan ‘n Houtkruis en vir ons betaal het vir ons sondes, vir ons verlossing.
Yod - Die Hebreeuse letter Yod is die 10 letter van die Hebreeuse alfabet. Die getal 10 verteenwoordig in die Woord volledigheid, goddelike orde en die volmaaktheid van Abba Vader se wil.
In gematria, die stelsel waar Hebreeuse letters numeriese waardes toegeken word, het Yod die waarde van 10. En 10 word geassosieer volledigheid, goddelike orde en die volmaaktheid van Abba Vader se wil. Yod word ook beskou as 'n simbool van goddelike teenwoordigheid.
Yod is die kleinste letter in die Hebreeuse alfabet, en Yod weerspieël die idee dat van 'n klein begin af groot dinge kan ontstaan. In hierdie sin verteenwoordig Yod potensiaal en oorsprong.
Die vorm van die letter Yod kan verstaan word as 'n hand, spesifiek die kleinste deel van die hand (die punt van die vinger of die duim). Hierdie assosiasie verbind Yod met die idee van aksie en agentskap, wat suggereer dat Abba Vader se krag en teenwoordigheid gemanifesteer kan word in die kleinste gebaar of die mees nederige begin.
Daarom sê Abba Vader in Sag 4:10 “Moenie ‘n klein begin verag nie…”
Yod se pictogram prentjie verwys na ‘n regterhand. Ons lees in Matt 26:64, Hebreers 1:3, 1 Petrus 3:22 en Handelinge 7:55 dat Yeshua die regterhand van Abba Vader is.
Yeshua se lewe straal nederigheid en absolute autoriteit uit en dit sien ons in hoe diensbaar Hy was. Yeshua wil ook hê dat ons deur Hom en die prys wat Hy betaal het vir ons sondes, in autoriteit moet wandel en so diensbaar wees.
Om die rondom ons se voete te was, in te tree in gebed en opdra na Abba Vader toe, want dit is hoe ek en jy kan in skakel om die hande en voete van Yeshua te wees.
So die letter Yod leer ons dat om in ware autoriteit te wandel, net soos Yeshua, moet ons in absolute nederigheid wandel sodat ons as ‘n instrument gebruik kan word vir Abba Vader / ‘n verlenging van Yeshua.
Shin - Die 21ste Hebreeuse letter, Shin, simboliseer vuur, heiligheid en die Drie-eenheid van Abba Vader, Yeshua en die Heilige Gees, want as ons kyk na die letter shin sien ons drie afsonderlike gedeeltes wat saam kom as 1.
Hierdie Shin wat verwys na verterende vuur is daar om te reinig en te transformeer, soos goud gesuiwer word. Die Shin is daar om uit te beeld hoe Abba Vader ons lei in Sy waarheid op ‘n pad van Heiligmaking, sodat ons elkeen in die roeping kan stap wat Hy vir ons het.
Die letter shin ש is die eerste letter van die woord שַׁדַי (Shadai), wat een van die name van Abba Vader is wat beteken Almagtig.
Lamed - die pitkogram prentjie van die Lamed is ‘n herderstaf en herinner ons aan die rol van Abba Vader wat die Herder is in ons lewe. Hierdie herderstaf waarmee Abba Vader ons lei is daar om ons op die van Heiligmaking te vat. Ons kyk byvoorbeeld na die kinders van Israel wat uit Egipte gely is deur Moses, waarop hulle gelei is op ’n reis waar daar 42 stoppe. In daardie reis was die kinders van Israel seeninge gegee, vloeke ook soos wat Abba hulle waarsku om in Sy wee te bly en verder was daar aan hulle geprik om die Egipte uit hulle te kry.
Lamed is die 12de Hebreeuse letter.
• 12 is hierdie regeringsgesag van Abba Vader.
• 12 verteenwoordig die mag en gesag van Abba Vader
Abba Vader is die regering en die grondslag van alles.
Wat is die Numeriese waarde van Lamed?
In gematria, die stelsel waar Hebreeuse letters numeriese waardes toegeken word, het Lamed ook die waarde van 30. Dit gee dit betekenis in terme van volledigheid, aangesien dit die eerste letter is wat 'n veelvoud van 10 na die eerste tien letters verteenwoordig.
Wat is die Simboliese betekenis van Lamed?
Lamed se pictogram prentjie is die van ‘n staf wat 'n herder dra.
'Lamed' se hebreeuse aksie wat deur hierdie staf uitgevoer word is:
• Die prentjie van om 'soms' te prik 'of' om soms te steek na die skape om hulle aan te hits of om hulle op te wek of aan te spoor.
• Om hulle ook in 'n sekere rigting in te lei.
• Nie net na enige rigting waarna hulle gestuur word nie.
• Dit is om hulle in ‘n rigting te lei of te druk om 'n gewenste aksie uit die hart van die herder uit te voer.
• In die rigting van die hart van die herder.
Dus:
• Die letter 'lamed' skets ‘n prentjie van gesag - om die skape in 'n spesifieke rigting te lei, selfs al beteken dit om hulle te prik of om hulle te steek om 'n daad uit te voer van gehoorsaamheid.
• Al die skape weet dit is 'n aksie wat hulle lei om in 'n rigting te beweeg wat uit die hart van die herder is.
• Die leiding van ‘n herder is altyd na ‘n plek van beskerming en om hulle te voed. M.a.w om te beskerm en voorsien.
• Die skape ken die stem van die herder, en hulle moet op die herder vertrou.
• As hierdie outoriteit (die staf) in enige iemand anders se hand is, sal dit die outoriteit van die verkeerde stem wees, en dit sal die skape laat dwaal en die skape sal seer kry.
Chet - Die letter Chet sien ons is die 8ste letter van die Aleph-Bet en simboliseer ’n nuwe begin, wat ons ook herinner aan Yeshua se opstanding op die eerste dag van ‘n nuwe week, wat my laat dink aan die verlossing wat Hy ons kom gee het op hierdie 8ste dag. Die piktogram prentjie van die Chet is ‘n heining, wat ons laat dink aan beskerming en Abba Vader se instruksies wa daar is om ons te beskerm. So die Chet roep ons om binne verbond te wandel sodat ons ‘n lewe kan lei wat gevul is met vrugbaarheid en nuwe lewe.

In die woord Vayishlach sien ons Vav: Verbind en stuur.Yod: Goddelike oorsprong en nederige agentskap.Shin: Transformasie, heiligheid, en die vuur van sending.Lamed: Gesag, leiding, en doelgerigte rigting.Chet: Verbond, beskerming, en nuwe begin.
Die woord Vayishlach weerspieël dus die volle betekenis van God wat Sy dienaars met gesag stuur, gegrond op nederigheid en met 'n roeping om ander te lei na 'n heilige en beskermde lewe in die nuwe begin wat Hy bied. Hierdie simboliek is 'n pragtige prentjie van die sending van Yeshua en ander dienaars van God regdeur die geskiedenis.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.