Mikets - Hebreeuse Woord

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 16 views
Notes
Transcript

“Miketz” - מִקֵּץ “aan die einde”
Mem - Die piktogram prentjie van Mem beeld water as ’n bron van lewe uit, en ons sien hierdie betekenis regdeur Abba se Woord. In Johannes 4:14 nooi Yeshua ons om van die water van die lewe te drink, wat ons dors vir ewig sal bevredig. In Openbaring 21:6 beklemtoon Abba Vader dat Hy die bron van lewe is en ons toegang gee tot hierdie fontein.
Verder leer Efesiërs 5:26 dat ons deur Sy Woord gewas word, wat ons as die bruid reinig om nader aan Hom te leef. Hierdie reiniging word ook uitgebeeld in Eksodus 30:18, waar priesters hulself moes was voor hul diens in die tabernakel. Die numeriese waarde van Mem is 40, wat herinner aan beproewingstye soos Israel in die woestyn en Yeshua se vas.
Abba Vader gebruik die letters van die Alef-Bet om Sy karakter te openbaar: Aleph simboliseer Sy outoriteit, Lamed Sy leiding, en Mem Sy lewensbron. Mag ons deur Sy Woord groei, gereinig word, en ander inspireer met Sy lig. Skakel in volgende week vir Nun! Shalom.
Verder leer Efesiërs 5:26 ons dat ons deur Sy Woord gewas word, wat ons as die bruid reinig om nader aan Hom te leef. Hierdie reiniging word ook uitgebeeld in Eksodus 30:18, waar priesters hulself moes was voor hul diens in die tabernakel kon doen.
Die eerste voorkoms van Mem is in Genesis 1:1, in die naam Elohim, wat wys hoe Abba Vader se karaktereienskappe verweef is in Sy Naam. Mem beklemtoon die lewegewende en reinigende krag van water. Mem, met sy getalwaarde van 40, verwys na tye van beproewing, soos die 40 dae van reën by Noag, Israel se 40 jaar in die woestyn, en Yeshua se 40 dae van vas. Selfs in sulke tye is Abba Vader ons bron van lewe. Soos die koperwaskolom in die Tabernakel, waarvan ons lees in Eksodus 30, leer ons om rein voor Hom te kom.
Kof - Die letter Kuf, met ’n numeriese waarde van 100, simboliseer heiligheid en afgesonderdheid. Sy oorspronklike piktogram, ’n sonsopkoms, wys na die son wat afgesonder is, niks kan in sy teenwoordigheid kom sonder om weg te brand nie. Die letter Kuf sien ons in die begin van die Hebreeuse woord Kadosh, wat “heilig” beteken. Net soos die son afgesonder is, so word Abba Vader as absoluut Heilig en afgesonder beskou, waar geen sonde naby Hom kan kom nie.
Wat interessant is, is dat ons in die letter Kof die letters Vav (met ’n waarde van 6), en Peh (met ’n waarde van 80) kan vind, wat saam 86 vorm – dieselfde waarde as die Hebreeuse woord Elohim (God). Dit beklemtoon hoe Kof heiligheid en Goddelikheid verbind. Deur Yeshua se bloed en totale afhanklikheidis 1:5 in die woord “Qara” (roep), wat ons oproep om Abba Vader se naam te loof en Sy heiligheid te proklameer.
Yeshua leer ons in Markus 10:30 dat diegene wat alles vir Hom opoffer, honderdvoudig (100) geseën sal word, wat die presies aan sluit by die numeriese waarde van die Kof (100). Psalm 34:19 herinner ons om met ’n gebroke en nederige hart na Abba Vader te kom, want Hy is ons bron van lewe en ons Heiligheid.
Tsadi - Die 18de letter van die Alef-Bet, Tsadi, het ’n numeriese waarde van 90 en simboliseer geestelike volwassenheid en afhanklikheid in Abba Vader. Ons lees in Genesis 17:17 waar Sarah, op 90-jarige ouderdom, ’n seun sou baar. Abraham en Sarah moes leer om volledig op Abba Vader te vertrou, maar hulle eie planne het tot Ishmael gelei, wat konflik gebring het. Tsadi se vorm, wat ’n persoon op sy sy uitbeeld, beklemtoon daardie nederigheid en oorgawe aan Abba Vader, om te doen net soos Abba sê en nie oor te gee aan jou eie planne nie.
In Genesis 1:1 verskyn Tsadi in die woord “erets” (aarde), wat die verhouding tussen Abba Vader en Sy skepping uitbeeld. Dit moet ’n verhouding van afhanklikheid, opregtheid en nederigheid in Abba Vader wees. Die woord “Tsadik” (wat regverdig beteken) is die woord wat naaste aan die uitspraak van Tsadi kom en sien ons voorkom by Noag, wat demonstreer hoe regverdigheid en daardie afhanklikheid ins Abba lei tot die vervulling van Abba Vader se planne, soos die bou van die ark.
Jesaja 33:15-16 beklemtoon die seëninge van ’n regverdige lewe. Deur Yeshua se bloed en totale afhanklikheid van Abba Vader kan ons Sy beloftes ervaar.
Die gedeelte wat in Parashah Miketz bestudeer word, Genesis 41-44:17, handel oor Josef se reis van verwerping deur sy broers, om verkoop te word as slaaf, na tweede in bevel in Egipte en sy ontmoeting met sy broers, wat aansluit by die letters van “Miketz”.
Josef se lewe illustreer hoe Abba Vader Sy planne ten goede laat uitwerk, selfs die grootste in beproewings. Deur die letter Mem wat lewe beklemtoon, sien ons dat Abba Vader sy lewe van regverdigheid gebruik het om ’n bron van lewe te wees vir sy broers en hulle families. Deur al die beproewings het sy afhanklikheid in Abba Vader steeds rotsvas gestaan, wat hom uiteindelik tot ’n bron van redding vir sy familie gemaak het, net soos Mem simboliseer.
In die Tsadi het ons gekyk na geestelike volwassenheid en regverdigheid. En Josef het, soos Noag, as ’n regverdige man opgetree te midde van korrupsie. Sy afhanklikheid en vertroue in Abba Vader het hom in staat gestel om nie net die beproewinge van gevangenskap te deurstaan nie, maar ook regverdigheid te openbaar teenoor sy broers, selfs nadat hulle hom verraai het.
In die Kuf, wat heiligheid en afgesonderdheid simboliseer, word weerspieël in Josef se lewe. Hy was afgesonder van die korrupsie en kultuur van Egipte, en het ’n soeke gehad om heilig voor Abba Vader te lewe en Sy wil te volg. Josef se opoffering en getrouheid bring heiligheid en verlossing, net soos Kuf suggereer.
Die tema van “Miketz” wys hoe Abba Vader alles in Sy tyd vervul. Josef se verhoging uit die tronk na die posisie van tweede in bevel en die uiteindelike verlossing van sy broers demonstreer hoe geloof, afhanklikheid en regverdigheid lei tot die vervulling van Abba Vader se planne. Soos in Jesaja 33:15-16, is Josef se regverdige lewe ’n voorbeeld van hoe Abba Vader beloftes vervul vir dié wat Hom getrou volg.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.