Jak 2:14 - 20 Wat is Geloof - 'n definisie
Sermon • Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 13 viewsNotes
Transcript
Wat is Geloof?
Wat is Geloof?
Afkondiging - plaaslik
Afkondiging - plaaslik
Votum en Seëngroet
Votum en Seëngroet
Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in U tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in U huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in U heilige woning.
Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies en laat naderkom om in U tempel te bly. Laat ons die goeie dinge in U huis in oorvloed geniet, die goeie dinge in U heilige woning.
Vriende, ek groet julle in die Naam van God die Vader, en in die Naam van Jesus Christus ons Here, deur die wonderlike werk van die Heilige Gees!
Vriende, ek groet julle in die Naam van God die Vader, en in die Naam van Jesus Christus ons Here, deur die wonderlike werk van die Heilige Gees!
Kom ons sing 3 liedere lekker saam!
Kom ons sing 3 liedere lekker saam!
Lied 514 - Blessed assurance: Jesus is mine sal aan die einde gesing word asb?
Gebed vir Woord verkondiging
Gebed vir Woord verkondiging
Inleiding
Inleiding
Kyk na ‘n horlosie: ons kan kyk na die wysers om te sien hoe laat dit is,
of na die meganisme om te sien HOE die wysers tyd aandui.
Vandag gaan ons kyk na die werking, die binneste ratjies en wat ookal die wysers laat draai. Die ratjies wat “geloof” aandryf!
Ons hoor gereeld dat ons moet “glo”, of wat ons moet glo. Maar HOE glo ons? Wat laat geloof “TICK”?
Kom ons stel ‘n definise van GELOOF, ook genoem Bybelse Geloof of “Faith” saam.
Skriflesing
Skriflesing
Jakobus 2:14 - 22 (NLV)
14My broers en susters, wat help dit as ’n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie? Só ’n geloof kan jou nie verlos nie. 15Sê nou jy sien ’n Christenbroer of -suster wat kos en klere nodig het, 16en jy sê: “Ek hoop dit gaan goed met jou; sorg dat jy warm aantrek en genoeg eet,” maar jy gee nie vir daardie persoon kos of klere nie. Wat help dit dan?
17Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. 18Maar iemand sou kon redeneer: “Party mense het geloof, en ander het dade.” Ek sê: “Wys my jou geloof wat sonder dade is. Maar juis uit my dade sal ek jou my geloof wys.”
19Jy glo dat daar net een God is. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder, so bang is hulle! 20Jou dwaas! Soek jy ’n bewys dat geloof sonder dade dood is? 21Ons voorvader Abraham se geloof het dade geword: Hy het sy seun Isak op die altaar gelê en God het hom vrygespreek. 22Jy sien dus dat sy geloof gepaardgegaan het met sy dade, en die geloof uit die dade volmaak geword het.
Mag God self Sy Woord seën!
1. Geloof vereis werklike aksie
1. Geloof vereis werklike aksie
Geloof in Jesus Christus red die mens van die ewige dood, maar dade op sy eie kan die mens nooit red nie
Ons doen dan goeie dade, nie om gered te word nie, maar omdat ons gered is!
Die voorbeeld van die persoon sonder kos en klere wat Jakobus hier beskryf is sekerlik die mees basiese nood wat die mens het, en sekerlik die mees basiese goeie daad wat ‘n mens sou kon doen - om iemand klere en kos te gee. Tog doen hulle niks - merkwaardig, maar tog so waar van vandag se lewe.
Hierdie voorbeeld omskryf inderwaarheid die definisie waarna ons soek: geloof sonder ‘n aksie help nie – daar moet sekere aksie volg op geloof.
(Geloof = Kennis + Aksie + vertroue).
In hierdie voorbeeld WEET (kennis) hulle dat die persoon swaar kry, maar neem geen werklike AKSIE nie, nie eers ‘n gevoel vir die persoon nie. Hulle doen slegs lippetaal sodat hulle gesien kan word.
Rom 10:17 Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.
2. Geloof sonder dade is dood
2. Geloof sonder dade is dood
Geloof sonder dade is “dood”.
Die griekse woord vir “dood”, nekros, beteken metafories in Christelike terme volgens Strong se verklaring: “destitute of a life that recognises and is devoted to God because given up to trespassing and sins.”
MAW “’n lewe sonder die erkenning van en toewyding aan God omdat hulle hulleself oorgee aan oortreding en sonde.”
DUS – die daad/aksie wat nodig is, saam met die “kennis” vir geloof: - erkenning en toewyding aan God.
Daarna volg “volharding in die geloof”! Volharding beteken aanhou, ten spyte van wat die lewe teen jou gooi! Petrus in die tronk sing, Paulus skryf en evangeliseer, so moet ons ook volhard!
3. Geloof is onsigbaar sonder dade
3. Geloof is onsigbaar sonder dade
Ek sê: “Wys my jou geloof wat sonder dade is. Maar juis uit my dade sal ek jou my geloof wys.”
Geloof op sig self kan nie gesien word nie, maar die dade wat daaruit voortkom kan wel gesien word. Geloof is dus prakties en rasioneel, iets wat ons 'n besluit oor moet neem en daarop reageer!
‘n Mens word wel aan sy dede geken!
Selfs die duiwels en demone ken God en Jesus, maar omdat hulle hulleself daartoe verbind het om Hom nie te volg nie maar te haat, en slegs bose dinge te doen, sidder hulle van angs en vrees.
Faith is always active, either producing good deeds in agreement with God or in producing evil deeds in deceptive contradiction of him.
Kurt A. Richardson
SO, WAT BETEKEN DIT ALLES - HOE WERK ALLES SAAM OM “GELOOF” TE VORM?
Billy Graham, die bekende Evangelis, sê die volgende: Faith simply means believing that something is true, and then committing our lives to it.
4. Geloof se drie elemente:
4. Geloof se drie elemente:
1. Kennis: Weet dat God bestaan, dat Hy ons so lief het dat Hy sy Seun, Jesus Christus na die wêreld gestuur het om ons te red. Dit is nie maar ‘n vae hoop dat God dalk bestaan nie, maar ‘n rasionele defnitiewe kennis en bewus wees dat wat die Bybel ons leer oor God, waar is.
Heb 11:6 stel dit so mooi – As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.
2. Verbintenis en toewyding deur ‘n rasionele definitiewe besluit om nie net te weet dat Christus ons kan red nie, maar ons lewe doelbewus en totaal in Sy hand te plaas en Hom te vertrou met ons verlossing.
Ware geloof ken nie net nie, maar vertrou werklik dat Hy ons sal verlos. Hierdie vertroue lei noodwendig na dade.
Ef 2:8 – 10 8Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. 9Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, 10want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.
Beide die kennis van die Christelike Leerstelling en die volkome verbintenis en toewyding daarin is ‘n rasionele, fisiesie en praktiese aksie wat vry is van emosie en verbeelding, maar gegrond op ‘n werklike kennis en ‘n doelbewuste besluit!
3. Goeie dade vloei spontaan voort uit ‘n lewende geloof - lewende geloof kan nie sonder dade wees nie, dit borrel uit soos water uit ‘n fontein borrel en bruis. Dit neem jou lewe oor, verander nie net die mense aan wie jy goed doen nie, maar ook jouself ten goede!
Goeie dade is nie noodwendig gemeentegebonde nie - Nee, die wêreld moet sien hoe Christene leef, vrolik en liefdevol, vol van die Heilige Gees!
Faith in the biblical sense actually has three elements, which I call: knowledge, heart response, and commitment.
James Montgomery Boice
There are these three essential elements in faith—believing, being persuaded, and acting.
David Martyn Lloyd-Jones (Welsh Preacher and Writer)
5. Kennis van die Christelike leer
5. Kennis van die Christelike leer
1. Waar kry ons kennis van die Christelike Leer – ons hoof bron is en sal altyd wees: die Bybel. Die Bybel beval al die kennis en inligting wat ons as mense nodig het om gered te kan word!
Die Bybel word aangevul / ondersteun deur die Natuur, die Wetenskap, Argeologie, buite Bybelse boeke en skrywers, bv. Josephus die Joodse geskiedskrywer.
Die openbaring van God in die natuur gee nie vir ons ‘n “reddende” kennis nie, maar ‘n intelektuele gewaarwording van die werklikheid van God en Sy teenwoordigheid in die skepping.
Psalm 19:1 - 5: Die heerlikheid van God
1Vir die koorleier: ’n Dawidspsalm.
2Die hemele verkondig die heerlikheid van God. Die uitspansel getuig van die werk van sy hande.
3Die een dag vertel vir die ander dag; die een nag vir die volgende nag.
4Hulle praat sonder woord of klank, geluidloos is hulle stem;
5hulle boodskap gaan uit oor die hele wêreld,
hulle woorde tot die uiterste van die aarde.
Jesus leer ons dat kennis met geestelike kennis van God begin, en dat hierdie kennis gevind kan word in God se openbaring oor Homself soos in die Bybel beskryf, en in die lewe en werke van Jesus - die werk van Verlosser.
Die manne wat moes vlieg
Die manne wat moes vlieg
3 manne moet van Auckland na Christchurch vlieg. Man een is ‘n vliegtuig ingeneur by NZ Air, en ken die vlieënier persoonlik. Hy klim op die vliegtuig, knik vir die lugwaardin en waai vir die vlieënier. Hy maak sy koerant oop en begin lees.
Die 2de ou is ‘n besigheidsman wat baie vlieg. Ook hy ken die vliegtuig, en het al saam met die kajuit bemanning gevlieg. Hy gaan sit, gordel vas en begin sy voorlegging deurgaan vir tikfoute.
Die 3de het die vliegtuig in detail bestudeer, die CV van die vlieënier ingesluit! Toe hy op die loopplank kom, wankel sy bene, hy is half naar en wil flou word. Dit kos omtrent ‘n effort om sy sitplek te kry. Hy gordel in, en sit met wit kneukels en klem aan sy sitplek. Hy het ‘n fobie vir vlieg. (So sit ek in die tandarts se stoel… vrek bang maar vol vertoue ek sal dit oorleef, al is dit net net!)
Wie van hierdie manne het nie geloof nie? Inteendeel, al drie het geloof. Veral die 3de, wat ten spyte van sy emosionele uitbarsting sy geloof in die vliegtuig en kajuitspan bevestig deur aksie – deur aktief op die vliegtuig te kom en saam te vlieg. (Commitment)
Dit lei tot die volgende vraag: Waar pas EMOSIE in geloof?
6. Geloof en Emosie
6. Geloof en Emosie
EMOSIE – ‘n Sterk gevoel op grond van omstandighede, gemoedstoestand of verbeelding en wat onderskeibaar is van rede of kennis.
Emosie het geen plek in geloof nie, is nie geloof nie en is slegs ‘n gevoel.
Emosie is nie rasioneel nie, en jy het geen beheer daaroor nie.
Emosie is gedryf deur omstandighede, hormone en siekte.
INSERT DIE GRAFIEK OP WORD Kyk na die grafiek - die swart lyn, wat regdeur dieselfde bly, is die rasionele geloof gebou op kennis en toewyding, terwyl die rooi lyn jou emosie is.
Sal jy regtig jou geloof wil verbind aan die rooi lyn - op en af soos die noodlot ons swaai, groot geloof as jy verjaar, geen geloof as jy jou eksamen dop? Hoe sal jou gebede verhoor word as jy rock bottom is, waar sal jou hulp vandaan kom as jy geen geloof oor het nie?
NEE
Ongeag hoe jy voel, geloof bly steeds ‘n werklike rasionele kennis en toewyding, of jy huil of lag, hartseer is of uitbundig, jou kennis en toewyding / verbintenis tot die Christelike leerstelling en Verlossing bly dieselfde.
Jou geloof bly standvastig - wat ‘n troos is dit nie!!
Daarom dan dat as jy op jou swaartse kry, jou geloof in God jou sal vertroos, lei, en vrede gee. Dit is juis as ons in sak en as sit, dat God se hulp ons deurhelp, ongeag hoe ons voel!
MAAR
Emosie word opgewek deur geloof, of is dan die produk van geloof - ons is bly omdat ons gered is, ons juig en sing en is vrolik. Dan is hierdie emosie deel van die aksie wat volg op ‘n lewende geloof, nie geloof self nie!
Ons mag bly wees, solank as ons onthou ons geloof is standvastig gevestig op ons kennis van God!
OPSOMMING
OPSOMMING
Definisie van Geloof = Kennis van die leerstelling van die Christelike geloof + Aksie dmv belydenis, toepassing, verbintenis tot, toewyding aan en volharding in die Christelike Leerstelling.
Hieruit volg noodwendig goeie dade, nie om gered te word nie, maar omdat ons deur geloof reeds gered is.
Wanneer ons die Waarheid met genoeg oortuiging glo dat ons daarop aksie neem, dan glo ons. En dit neem nie baie geloof om wonderlike dinge te sien gebeur nie, self wonderwerke!
Dade alleen kan ons nie red nie, maar GELOOF lei tot sigbare dade tot verheerliking van Sy Naam.
Baie mense vandag glo ‘n stel feite oor God, en dit mag in baie gevalle tradisioneel korrek wees, maar as hulle hulleself nie toegewy het aan God, en nie volkome vertroue het in Hom nie, dan glo hulle nie werklik in Hom nie.
Bybelse geloof is nooit net kennis van ‘n stel feite, of dan die Cristelike leerstellings nie, daar MOET volkome vertroue en toewyding wees, wat lei tot verandering van optrede en denke. MAW AKSIE!
Vraag 21 Heidelbergse Kategisme:-
Wat is ‘n ware geloof:
Dat ons die Vasstaande kennis van alles wat God in Sy Woord aan ons ge-openbaar nie alleen as waar aanvaar nie, maar ook
‘n Vaste vertroue, wat die Heilige Gees deur die Evangelie in my bewerk, naamlik dat God uit loutere genade, slegs op grond van Christus se verdienste, nie net vir ander nie maar ook vir my vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid geskenk het.
Kom ons verbind onsself opnuut as Christene deur die volgende in jou hart te bely:
Kom ons verbind onsself opnuut as Christene deur die volgende in jou hart te bely:
1. Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.
2. En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;
wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;
wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het:
wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.
3. Ek glo in die Heilige Gees.
4. Ek glo aan ʼn heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees en ʼn ewige lewe.
Vader, leer ons U voorskrifte sodat ons dit altyd kan onthou.
Help ons om standvastig te wees in ons geloof in U, die Almagtige God, dat ons geloof lewend, brandend sal wees! Mag die goeie dade uit ons uitborrel soos water uit ‘n fontein, tot U eer!
Laat U wil in ons lewe geskied, dan sal dit goed gaan met ons, U kinders.
Ja Vader, soos ‘n slaaf opkyk na die hand van sy meester, en ‘n slavin na die hand van haar meesteres, so kyk ons op na U, totdat U ons genadig is.
Alles gaan oor U, U is die Begin en die Einde, U liefde is onbeperk deur U genade.
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!
In Jesus Naam Amen
Offergawes
Offergawes
Kom ons antwoord met lied 514 - Blessed assurance, Jesus is mine.
Kom ons antwoord met lied 514 - Blessed assurance, Jesus is mine.
Seëngroet
Seëngroet
Mag die God wat vrede gee, wat Jesus ons Here uit die dood teruggebring het – Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het – julle toerus met alles wat goed is sodat julle sy wil kan uitvoer. Mag Hy, deur Jesus Christus se bemagtiging, in ons tot stand bring wat God se hart sal bly maak. Aan Hom kom die heerlikheid toe vir altyd en altyd! Amen.
Mag die God wat vrede gee, wat Jesus ons Here uit die dood teruggebring het – Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het – julle toerus met alles wat goed is sodat julle sy wil kan uitvoer. Mag Hy, deur Jesus Christus se bemagtiging, in ons tot stand bring wat God se hart sal bly maak. Aan Hom kom die heerlikheid toe vir altyd en altyd! Amen.
