Wat glo ons - 4 pilare Kol 1:15 - 20
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 106 viewsNotes
Transcript
Wat Glo Ons - 4 pilare van ons geloof
Wat Glo Ons - 4 pilare van ons geloof
Afkondigings - plaaslik
Afkondigings - plaaslik
Votum en Seëngroet
Votum en Seëngroet
Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy bly getrou en laat nie die werk van Sy hande vaar nie.
Ons hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy bly getrou en laat nie die werk van Sy hande vaar nie.
Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en ons Here, Jesus Christus.
Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees deur julle kennis van God en ons Here, Jesus Christus.
Kom ons loof die Here deur ‘n paar liedere te sing
Kom ons loof die Here deur ‘n paar liedere te sing
Lied 518 “Voel jy soms of die Here te ver is” aan einde van diens asb.
Gebed vir Woord verkondiging
Gebed vir Woord verkondiging
Kar met wiele
Kar met wiele
As ons na ‘n kar kyk, sien ons een ding in geheel: - iets wat ons van punt A na punt B neem. Ons dink nie eers aan die feit dat daar dalk ‘n engin is wat die wiele moet draai nie, of dat daar dalk erens ‘n spaarwiel is nie. Ons sal wel onthou dat dit petrol nodig het, daar is darem mos ‘n gat daarvoor, maar olie en water? Tog bestaan die geheel in dele, elkeen met ‘n besondere taak. As ons dit verstaan, kan ons die kar beter oppas en gebruik.
As ons kyk na die Christelike geloof, sien ons in die meeste gevalle ‘n enkele idee of dan teologie - ja, ons weet van die basiese inhoud, en dat ons moet glo, maar dit is soms handig om te weet hoe hierdie dinge in mekaar steek, hoe die engin werk, wie die Bestuurder is van die konsep “geloof” of “belief”.
Om ten volle te verstaan wat God vir die mens uit suiwer en onmeetbare liefde doen, moet ons verstaan hoe Hy dit doen! Ons moet verstaan wat die rol is van Christus in die skepping, die verlossing van die mens en die eenheid van Sy skepping!
Ons lees saam uit Kolossense 1: 15 - 20
Ons lees saam uit Kolossense 1: 15 - 20
’n Lied oor die heerlikheid van die Seun
’n Lied oor die heerlikheid van die Seun
15Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, 16omdat God alles deur Hom geskep het.
Ja, alles in die hemel en op die aarde –die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of maghebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep.
17Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind.
18Hý is die hoof van die kerk, sy liggaam. Die Seun is die begin. Hy is die Eerste wat uit die dood opgestaan het sodat Hy inderdaad eerste in alle dinge is.
19God het dit goedgedink om met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon, 20en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy vrede gemaak. Ja, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
Inhoud
Inhoud
1. Inleiding - die konsep van wat ons glo (our belief)
1. Inleiding - die konsep van wat ons glo (our belief)
Twee woorde is hier van belang: faith en belief. In Afrikaans word hierdie twee woorde gereeld met die enkele woord “geloof”vertaal”.
Die verskil tussen “geloof” en “opvatting”, beide in Afrikaans met “geloof” vertaal, is dat geloof (faith) ‘n aksie nodig het, terwyl opvatting (belief) ‘n konsep of ideologie in die mens se gedagte is.
Opvatting of “Belief”
‘n Ideologie in wat die persoon verseker is van iets, gebasseer op informasie of ondervinding, en kan verander namate die persoon meer inligting en ondervinding opdoen.
Geloof of “Faith”
“Dat ons die Vasstaande kennis van alles wat God in Sy Woord aan ons ge-openbaar nie alleen as waar aanvaar nie, maar ook
‘n Vaste vertroue, wat die Heilige Gees deur die Evangelie in my bewerk, naamlik dat God uit loutere genade, slegs op grond van Christus se verdienste, nie net vir ander nie maar ook vir my vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid geskenk het.”
Ons het in die vorige preek geleer wat geloof (faith) is, nou gaan ons kyk na wat ons opvatting of die Konsep van ons Christelike geloof is!
2. Die 4 pilare of bene waarop ons geloof, of dan “belief” staan
2. Die 4 pilare of bene waarop ons geloof, of dan “belief” staan
Ons Christelike Geloof staan op 4 bene of pilare, elk met ‘n besondere inhoud en teologie. Indien een van hierdie bene sou wegval, sal ons geloof wegval - ‘n tafel het al 4 bene nodig om ‘n tafel te wees, nie net 3 nie! Tog smelt die bene inmekaar in, met een deurlopende goue draad, een tema regdeur: Jesus Christus.
Ons ken die basiese beginsels, maar tog is dit belangrik om weer daarna te kyk, en sien hoe dit saamsmelt om die mens se verlossing van die dood mee te werk. Dit sal ook vir jou ‘n goeie wegspring plek gee as iemand jou vra wat jy glo!
2.1 - God het alles geskep deur Jesus vir Jesus
2.1 - God het alles geskep deur Jesus vir Jesus
God stel Homself aan die mens van die Ou Testament bekend as die Skepper en Onderhouer van alles - ons kan God slegs ken in die mate wat Hy verkies om Homself aan ons te openbaar. Hy openbaar Homself dan op ‘n spesiale manier, nl. deur die Woord van God, wat Hy aan mense van daardie tyd openbaar het deur die Heilige Gees, maar ook op ‘n algemene manier, nl. die skepping in al sy glorie.
Baie belangrik om te verstaan is dat Christus Jesus die “ere rol” speel. Hy is die Kroon of Koning van die skepping, die hoogste gesag. Onthou, Jesus is nie geskep soos die skepping deur God geskep is nie - Nee, Jesus was daar as deel van God van altyd af. Hy is egter die sigbare deel van God, Jesus is God net soos Vader God is.
15Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, 16omdat God alles deur Hom geskep het.
Ja, alles in die hemel en op die aarde –die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of maghebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep.
17Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind.
Johannes 1: 1 - 3 1Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God,en die Woord was self God.
2Hy was reeds in die begin by God. 3Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.
God het alles deur Jesus geskep. Daar is geen twyfel dat Jesus die outeur is van die hele skepping nie, en as ons die wonder sien van wat Hy geskep het, kan ons Hom net meer bewonder en liefhê!
When Scripture speaks of creation, once again it speaks of the Father creating through the Son, indicating a relationship prior to when creation began (see John 1:3; 1 Cor. 8:6; Heb. 1:2; also Prov. 8:22–31).
Wayne Grudem
Ons leer verder:
God deur Jesus het die heelal buite Homself, uit niks geskep volgens Sy plan en doel. Hy het dit oor tyd en op Sy manier geskep (Metafoor van 6 dae in OT).
Die skepping het inherente potensiaal om te groei / vermeerder.
Die mens is as fisiese sowel as geestelike wese geskep, omdat God Sy Gees in die mens geplaas het. (In teenstelling met diere wat slegs op instink leef).
Die mens is aangestel oor die skepping om te heers, en om te gebruik wat God voorsien.
God het ook die engele geskep en ander wesens geskep.
En alles was mooi en goed..........
2.2 - Die Sondeval
2.2 - Die Sondeval
Maar die mens kon nie versoeking weerstaan nie - toe Satan die vrou oortuig om van die vrug te eet, het sy die mensdom verdoem! Adam, die eerste mens, het namens die totale mensdom gesondig en hulle tot die dood veroordeel.
As ons in vandag se taal moet praat, sou die verbod sekerlik gewees het: “moenie na die spesifieke website kyk nie”, maar Satan het die mens oortuig dat God hulle onnodig bind aan stupid reëls om hulle te weerhou daarvan om “fun” te hê! Kyk maar, dan sal julle sien wat lekker is, wat God se streng reëls keer dat jy dit kan geniet!
En so val die mens - vol sondige begeertes en luste, vol haat vir God en Sy reëls.
Deurdat ons afstammelinge van Adam is, erf ons hierdie sonde. Party skrywers noem dit die “oorspronklike” sonde, ons noem dit ons “sondige natuur” wat van Adam afstam. Almal wat gebore word het hierdie sondige natuur, die wil om eerder verkeerd as reg te doen, om eerder weg van God as nader na God toe te beweeg. In Engels: The morally inability to obey God”.
Verder lei die sondige natuur ons om werklik te sondig, of anders gestel, ons sondige natuur word gerealiseer deur werklik sonde te doen, te bedink, of om die goeie na te laat!
Jak 1:14 Ons eie sondige begeertes beproef ons, sleep ons saam en verlei ons. 15As ons sondige begeertes eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word. En as hierdie babatjie kans kry om volwasse te word, gee dit geboorte aan die dood.
Die gevolg vir die mens is verdoemend:
Die mens word verslaaf aan die wil om sleg te doen, onderwerp ons aan sonde, swaarkry, die dood en die vrees vir die ewige oordeel van God, omdat die mens nie die wil het om God se opdragte uit te voer nie.
Adam se sonde lei tot die dood
The devil seduces us at first by all the allurements of sin in order thereafter to plunge us into despair. He pampers up the flesh that he may by and by prostrate the spirit.
Martin Luther (Founder of the German Reformation)
Maar tog, nie teenstaande die mens se halstarrigheid, het God die mens so oneindig lief.........
2.3 - Die Verlossing vir Gelowiges
2.3 - Die Verlossing vir Gelowiges
Gen 3:14 - 15 Toe sê die Here God vir die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere op die aarde. Op jou pens sal jy seil en stof sal jy eet so lank as wat jy lewe. 15Van nou af sal jy en die vrou vyande wees. Dit geld ook vir jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop inslaan en jy sal hom noodlottig aan die hakskeen byt.”
Met hierdie uitspraak verdoem God Satan, maar ook almal wat hom bo God verkies. Ons weet vandag dat die eerste deel van die profesie gebeur het, nl. dat Satan dit reggekry het om Jesus te laat sterf aan die kruis, maar die tweede deel sal vervul word by die Wederkoms.
Soos ‘n goeie draad in ‘n tapyt loop die sentrale tema deur die Ou Testament: Die Messias sal kom om die wat in Hom glo van die dood te verlos, en wat die verhouding tussen mens en God sal herstel soos voor die sondeval.
Hierdie goue draad word geweef deur honderde professie aangaande die Messias wat sal kom, wat reeds in Genises 3 begin. Maar wat is ‘n profesie?
Profesie is die goddelike gawe waardeur ‘n mens ‘n goddelike boodskap verkondig, en word op verskeie maniere as profesie ontvang:
* Spesiale Onthullings deur Theophanie (‘n buitengewone ontbloting van die een wat die boodskap bring):
God is alom teenwoordig, maar die mens kan God nie sien, of as geheel sien nie. Tog gee God aan die mens sekere sigbare en goddelike gewaarwordings om aan hom opdragte te gee, bv:-
Moses by die brandende bos (Num 12:8)
Josua voor die val van Jerigo - soldaat met swaard ontbloot (Jos5:13 - 15)
Engele deur God gestuur, bv Abraham en Sara
Jesus Christus is die volmaakte en ewige Theophanie wanneer Hy as mens verskyn, die sigbare en hoorbare beeld van God, wat die mens se plek met God hestel, en wat weer sal verskyn in glorie en heerlikheid.
* Drome en Visioene:
Goddelike boodskap wat deur ‘n droom of visioen oorgedra word, en wat die volgende doel dien:-
Gee konteks vir sekere gebeure Gen 15 visioen aan Abraham
Ontbloot die mag van die goddelik Num12:6 - 8
Apokaliptiese profesie oor die toekoms Dan 8
Word geggee in tye van verlossende belang bv. Geboorte van Johannes d D Luk 1:22
Wat is die profesie oor die Messias:
Jesus Christus is die beloofde Messias wat sou kom volgens die profesie, en wat die gelowige van al sy sonde verlos, en dat niemand anders hierdie saligheid kan bewerk nie (Gen 3:15; Gen 12:3)
Jesus sal ‘n tyd in Egipte deurbring (Hos 11:1)
Jesus sal verraai word (Psalm 41:9; 31:1, Sag 11:12 - 13)
Jesus se dood (Jes 53:5 - 9)
Jesus se dood sal ons wonde genees (Jes 53:5)
Jesus se opstanding (Psalm 110:1; Psalm 16:10)
18Hý is die hoof van die kerk, sy liggaam. Die Seun is die begin. Hy is die Eerste wat uit die dood opgestaan het sodat Hy inderdaad eerste in alle dinge is.
19God het dit goedgedink om met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon, 20en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy vrede gemaak. Ja, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.
Christus hoogste gesag oor die verlossing, dood en ewige lewe - soos belowe het die Messias gekom!
Christus het voor die skepping reeds bestaan, en Hy hou alles in stand deurdat Hy die Hoof is van die Kerk
Hy is die oorsprong van alles, eerste uit die dood deur Sy opstanding, en neem Hy in alles die eerste plek in. Die opstanding bevestig Sy gesag oor alles, ja, selfs die dood!
In Christus is die volheid van God. Deur Christus het God alles met Homself versoen omdat Christus se bloed aan die kruis gevloei het vir alles en almal.
The only reason why God has saved me is for the sake of Jesus Christ. The ultimate reason for predestination is the honour and glory of Jesus. Jesus is the reason for the universe. The goal of creation is that Christ might have the pre-eminence.
R. C. Sproul
2.4 - Jou geloof in Christus
2.4 - Jou geloof in Christus
We believe that men are saved by faith alone, but not by a faith which is alone. They are saved by faith without works, but not by a faith which is without works.—21.25, 26
Charles Spurgeon
Net geloof in Jesus Christus kan jou red. Niks anders kan nie, nie die beste regter of advokaat nie, Nee, slegs geloof in Jesus Christus. Maar ons weet dit mos, nie waar nie? Dit is waarom ons hier is, in die Kerk, juis omdat ons ins Jesus glo. Ons het hom lief, Hy is ons Broer, ons Verlosser.
Maar die muntstuk het ook ‘n ander kant - ‘n kant van haat, mense wat God en Jesus elke dag afkraak, Hom beledig met dit wat hulle elke dag doen. Dink maar aan die “OMG” en die “just having fun” of die aborsie wette!
En dit is juis hier waar die verdoemende belofte wat God aan Satan maak in Genesis op die mens wat nie in Jesus glo, van toepassing raak. Hulle is saam met Satan verdoem tot die hel.
Geloof is die kennis van, vertroue in en toewyding aan Jesus Christus, en wat nodig is om verlos te word van die sonde. Dus ‘n persoonlike vertroue dat Christus jou gered het van die dood, en hieruit sal goeie werke voortkom, juis omdat jy gered is.
* Geloof lei tot regverdiging van die sondaar, en is moontlik deur die getrouheid (faithfulness) van God in Christus, deur die krag van die Heilige Gees.
Efe 2:8 - 10 Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. 9Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, 10want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.
Geloof kyk vorentoe - dit verwag die voltooiing van God se belofte van redding, vertroue in God se getrouheid vir dit wat ons glo al het ons nie gesien nie. (Joh 3:16)
Dit is nie die daad van geloof wat red nie, maar die daad van Christus alleen, wat ons verkry deur geloof. Geloof is dus die instrument waardeur ons deel kry aan die Kruisdood en Opstanding van Jesus.
It is not faith in Christ that saves you (though faith is the instrument)—it is Christ’s blood and merits.
Charles Spurgeon
Regverdiging kom nie deur goeie dade nie, maar lei altyd tot goeie dade.
3. Opsomming
3. Opsomming
Christelike Geloof beskryf die inhoud of kennis van wat ons glo en die regverdiging wat dit bring
Die Christelike Geloof staan op 4 bene, nl:
God deur Jesus het alles geskep soos en wanneer Hy wou
Die mens word verlei en het in sonde verval
God, in Sy groot liefde vir die mens voorsien die redding in die beloofde Messias wat gekom het tot regverdiging van die mens
Jou geloof (faith) is die middel waardeur jy deel kry aan die reddingsdaad, nl. Jesus se kruisdood en opstanding.
4. Toepassing
4. Toepassing
Wat moet ek doen? Glo in Christus as jou Verlosser en Saligmaker
Wat moet ek doen? Glo in Christus as jou Verlosser en Saligmaker
‘n Seun stoei met ‘n probleem by die skool, en vra vir sy pa om hulp. Sy pa verduidelik dat daar twee wolwe in die mens se kop is - die een genoem Haat, Nyd en Wellus, die ander wolf genoem Geloof, Hoop en Liefde. Hy verduidelik dat die twee wolwe altyd in stryd is met mekaar!
“Hoe weet ek watter wolf gaan wen?” vra sy seun.
Die pa antwoord: “Die wolf wat jy voer, my seun!”
Die waarheid in hierdie storie? Voer jou Geloof, jou Liefde en Hoop soveel as jy kan, omdat jy reeds gered is van die lelike wolf wat deur Adam vir jou gegee is.
Loof God, lees oor God, werk vir God!
Joh 3:16 - 18 16“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.
18“Die persoon wat aanhou glo in Hom, word nie veroordeel nie. Die een wat egter nie aanhou glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie tot geloof gekom het in die enigste Seun van God nie.
Gebed
Gebed
Antwoordlied: In Christ Alone (My hope is found)
Antwoordlied: In Christ Alone (My hope is found)
by Adrienne Camp and Geoff Moore
Offergawes
Offergawes
Slotsang: Ons sing Lied 518 - Voel jy soms of die Here te vêr is.
Slotsang: Ons sing Lied 518 - Voel jy soms of die Here te vêr is.
daarna bly staan vir die seën van die Here.
Seëngroet
Seëngroet
Mag die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle wees, van nou af en vir altyd!
Mag die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees met julle wees, van nou af en vir altyd!
