Herhaal ∞

Koninkryk Beginsels  •  Sermon  •  Submitted   •  Presented   •  43:29
0 ratings
· 33 views
Files
Notes
Transcript

Herhaal tot ∞ toe!

Einde laas jaar: Groei

  • Weet: Kan nie vir my redding werk nie, maar my redding moet sigbaar wees
  • Beginsel:
    • Dit vat “effort” om te groei
    • Niemand kan names jou groei nie
    • As jy groei is jy nie onproduktief vir God nie

Laasweek: Hoop

  • Weet: God is goed en wil gee
  • Beginsel:
    • Ons moet vra
    • Dood en lewe lê in wat ons sê
    • Ons moet in geloof met/oor ons omstandighede praat
    • Spreek seën uit oor a, b, c (bid God se guns maar nie selfsugtig nie)
    • Wees reg om van daardie “hoop in jou” te getuig

Vandag: Herhaal ∞

  • Weet:
    • Ek het ’n slinkse opponent (teenstander)
    • Krisis tye wys wat jou “default setting” is (i.e. eerste reaksie)
  • Beginsel:
    • Hoor en doen God se beginsels (God se wil)
    • Vertrou op God, nie jou eie insig en wysheid nie
    • Weerstaan hom wat jou wil keer om God se beginsels te doen
    • Die duiwel is jou teenstander nie mense nie

Hoor en doen (Jak 1:22) → beginsels → God se wil vs eie wil → voorsorg vir die vlees (Rom 13:14) → vertrou op die Here steun nie op eie insig nie (Spr. 3:5) → menslike wysheid → demonies (Jak 3:13-15) → teen God se beginsels en wil = ’n stryd → moet weerstaan word (1 Pet. 5:8-9).

Stryd = teen die duiwel nie mense nie (Ef. 6:12) → duiwel = dief | teenstander | leuenaar | bedrieër →

Vestings:

    • Verwerping → woede/ OCD
    • Drugs ←
    • Alkohol ←
    • Bitterheid ←
    • Pornografie ← etc.

Teen die kennis van God:

    • Ongeloof
    • Godsdienstig

“Default setting” = eerste reaksie wanneer in die moeilikheid is → Bid? + eie plan?

NLV Jakobus 1:22-25

22 Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself.

23 Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen.

24 Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het.

25 As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ’n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.

AFR53 Romeine 13:14

14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

AFR53 Spreuke 3:5

5 Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

AFR83 Jakobus 3:13-15

13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.

14 Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.

15 Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,

AFR83 1 Petrus 5:8-9

8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

NLV Efesiërs 6:12

12 Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose regeerders en maghebbers, teen die geeste wat heerskappy in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes.

NLV 2 Korintiërs 10:4-5

4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente,

5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

V: Wat gaan maak dat jy hierdie môre en tot in ∞ toe doen?

Anders gestel: Wat gaan verhinder dat jy hierdie môre en tot in ∞ toe doen?

Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.