Ononderhandelbare Prioriteit
Prayer - The Good, The Bad & The Ugly • Sermon • Submitted • Presented • 51:35
0 ratings
· 21 viewsFiles
Notes
Transcript
Select all the text in this box and paste your sermon here...
Onondelhandelbare Prioriteit
Ons kernteks is Matteus 6:6-13 en veral soos dit in The Message staan.
Bybeltekste en vertalings
- Matteus 6:6-13 (AFR33/53)
- 6Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. 7En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. 8Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 9Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 11gee ons vandag ons daaglikse brood; 12en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; 13en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
- 1 Thessalonisense 5:17 (AFR33/53)
- 17Bid sonder ophou.
- Fillipense 4:6 (DB)
- 6Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel. Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitlê nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie.
- Lukas 11:9 (NLV)
- 9“En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word.
- Effesiërs 3:20 (NLV)
- 20Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra.
