Nahum 3: 1 - 19

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 28 views
Notes
Transcript

Nineve se val:

 Liewe brs en srs, Nahum 1 begin met 'n beskrywing van God se mag en krag. Dit beklemtoon dat God 'n jaloerse en wrekende God is, wat toornig is oor diegene wat teen Hom opstaan. Die hoofstuk beskryf hoe God die natuur beheer, met die wind en storms wat sy opdragte uitvoer. Dit beklemtoon ook dat God goed is en 'n toevlug bied vir diegene wat op Hom vertrou, maar Hy sal sy vyande vernietig. Die hoofstuk eindig met 'n belofte van bevryding vir Juda en die vernietiging van Nineve.
 Liewe brs en srs, Nahum 2 beskryf die naderende aanval en vernietiging van Nineve. Die hoofstuk begin met 'n waarskuwing aan Nineve om voor te berei vir die aanval. Dit beskryf die chaos en geweld van die aanval, met die vyande wat die stad binneval en die inwoners wat vlug. Die hoofstuk beklemtoon die totale vernietiging van Nineve, met die paleis wat geplunder word en die stad wat verwoes word. Dit eindig met 'n beskrywing van die eens magtige stad wat nou leeg en verlate is.
 Liewe brs en srs, Nahum 3:1- begin met 'n verklaring oor Nineve,- Nineve word  beskryf as 'n stad van bloed, vol leuens en plundering, en hierdie geweldadigheid veroorsaak dat daar altyd slagoffers is. Die sondes van Nineve is baie, en sy harde behandeling van oorwonne mense het God se toorn getrek. Die beeldspraak wat gebruik word, sluit in die geraas en chaos van swepe, rammelende wiele, van die aankomende oorlogsmajinerie en die flikkerende swaarde.
 
Liewe brs en srs, verder verklaar God dat Hy teen Nineve sal optree, sy naaktheid sal ontbloot en die nasies sy skande sal wys. Die ondergang van Nineve word vergelyk met die lot van Thebe (No-amon), 'n Egiptiese stad wat eens magtig was maar aan die hand van sy vyande geval het. Ten spyte van sy voordelige posisie, is Thebe verwoes, en Nahum waarsku dat Nineve 'n soortgelyke lot in die gesig staar.
 
Liewe brs en srs, die hoofstuk eindig met 'n gedetailleerde beskrywing van Nineve se naderende ondergang. Die stad sal verlate, dronk en swak wees, met totale vernietiging so volledig dat niemand sy verlies sal betreur nie. Die val van Nineve sal katastrofies wees, met geen genesing van sy wonde nie.
Liewe brs en srs, hierdie verse skets gesamentlik 'n prentjie van die totale en onomkeerbare vernietiging van Nineve, en beklemtoon die redes vir sy ondergang en die volledigheid van sy verwoesting.
Liewe brs en srs, daar is vir ons drie belangrike lesse wat Nahum 3 vir ons wil leer:
 1.   God se oordeel oor sonde: Nahum  beklemtoon dat God sonde nie ongestraf laat nie. Nineve se geweld, bedrog en afgodery het God se toorn getrek, en Hy het besluit om die stad te vernietig. Dit dien as 'n waarskuwing dat God regverdig is en sonde sal straf.
Liewe brs en srs, ons moet versigtig wees wanneer ons na uitlatings luister wat mense se. So ‘n uitspraak is “God haat die sonde, maar het die sondaar lief”. Is dit werklik so - In Romeine 1: 18 lees ons “God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk.” en in Johannes 3: 36 lees ons die volgende, naamlik “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”” Dit is duidelik dat God sonde sowel as die sondaar haat. Daarom gee God ons telkemale die geleentheid om reg te maak - die sonde te haat en ook te poog om nie te sondig nie.
 2.    Die verganklikheid van menslike mag: Nineve was 'n magtige stad, maar ten spyte van sy rykdom en mag, kon dit nie God se oordeel vryspring nie. Die hoofstuk herinner ons daaraan dat menslike mag en rykdom verganklik is en nie kan red van God se oordeel nie.
Liewe brs en srs, vandag is magsbeheptheid aan die orde van die dag - en daarmee gepaard rykdom - hoe meer mag - hoe meer rykdom - en dit is juis hierdie persone wat vir die kinders vandag die rolmodelle is. Ons het gesien hoe sterk mense in die Bybel tot ‘n val gekom het - dink maar aan Adam of Simson of Dawid wat per geleentheid moes vlug vir sy lewe. Liewe brs en srs, ons kyk in ons samelweing hoedat sterk rykmense wat voorstaanders van geweld is op dieselfde manier sterf. Daarom skryf Paulus in Romeine 8: 13 “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ’n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.” en ten opsigte van rykdom, skryf Matteus soos volg in Matthew 6:20–21 “Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.””
3.   Die uiteindelike geregtigheid: Nahum 3 eindig met die beskrywing van Nineve se totale en onomkeerbare vernietiging. Dit beklemtoon dat uiteindelike geregtigheid sal seëvier, en dat diegene wat onreg gepleeg het, uiteindelik hul verdiende loon sal ontvang. Ons ken mos almal die gesegde “boontjie kry sy loontjie”.
Liewe brs en srs, baiekeer wil mense sake met geweld regmaak. Ja, wanneer ons die Ou Testament lees, was daar baie geweld, want God wou sy mense beskerm het teen bosheid - daarom dat die vyande altyd aan die verloorkant was. Met die geboorte van die Here Jesus het hierdie prentjie verander. Jesus het nooit geweld bevorder nie - In die Ou Testament, en in die besonder in die volgende tekste kom die volgende voor:
Exodus 21:23 “As sy blywend beseer is, is die straf: ’n lewe vir ’n lewe,”
Levitikus 24:19 ““As iemand ’n medemens beseer, moet aan hom presies dieselfde gedoen word:”
Spreuke 30: 22 - “Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie; vertrou op die Here, en Hy sal jou help.”
Spreuke 24: 29 “Moenie sê: “Soos hy aan my gedoen het, sal ek aan hom doen, ek sal hom terugbetaal vir wat hy gedoen het” nie.”
Klaagliedere 3:30 “laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind.”
Brs en srs, maar dan lees ons Matthew 5:38–42 ““Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.””
By Jesus gaan dit oor liefde vir mekaar en teenoor mekaar. Daarom liewe brs en srs, geweld is nooit die oplossing nie. God het sy dissipels geleer en daarom is Hy bereid om ons toe te rus met wysheid en insig sodat ons nugter oor sake met mekaar kan gesels en op daardie manier die probleme aan te spreek - dit is Jesus se wyse.
Liewe brs en srs, Jesus wil ons ook leer om ons nooit te verlekker in die swaarkry van ander nie. Toe Nineve sy bure verreniweer het, was hy in sy noppies - God het ‘n behae daarin. God het slegs het behae in die welstand van ons almal - want ons almal is God se kinders.
Liewe brs en srs, reg aan die begin van Jesus se onderwysing aan Sy dissipels, se Hy vir hulle in Matthew 5:6 “Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.”
Liewe brs en srs, mag die Here Jesus Christus ons altyd die krag en genade gee, om te poog om nie sondig nie, in liefde en vrede te lewe en altyd te streef om die regte dinge te doen. Amen.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.