Roelf (Snr)
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 13 viewsNotes
Transcript
Dit is vir my ‘n voorreg om vandag Oom Roelf en tannie Santru geluk te wens met hulle 50ste huweliks herdenking. Ek ek wil graag met julle deel watse parallel hulle lewe aan my laat dink.
Soos ons weet is Oom Roelf ‘n fantastiese golf speler (erkennings) en netso goed soos ‘n golfspeler kan wees, het ‘n kaddi ‘n unieke en belangirke rol in golfspeler se lewe.
Nou ‘n kaddi is nie net daar om ‘n sak te dra nie maar om die golfer te ondersteun, strategies te beplan, by te staan en te help met die onderhouding van sy toerusting. ‘n Kaddie is daar wanneer daar op sonnige velde en deur stormagtige winde gespeel word. Deur tye waar die wind van die lewe teen hom kan waai, waar elke hou uitdagend kan wees. Tog, elke keer as hy om sy sy kyk, is sy kaddie daar—sy getroue metgesel—altyd gereed met bemoediging, geduld en wysheid.
‘n Kaddie is daar om die golfer op koers te hou. Saam het hom deur die slaggate van swaarkry en die hindernisse van onsekerheid te beweeg.
Vandag, vyftig jaar later, staan Oom Roelf en tannie Santru op die 18de putjie van hierdie goue mylpaal en kyk terug op ’n pad gevul met oorwinnings, lewenslesse en ’n onbreekbare band. Hulle het bewys dat ’n groot wedstryd nie net oor perfekte houe gaan nie, maar oor die geselskap wat jou deur elke tree van die pad ondersteun.
Vandag vier ons hierdie kampioen-gholfspeler en sy toegewyde kaddie, want hulle het saam die mooiste spel van almal gespeel—die spel van liefde—en hulle het gewen!
Ek wil graag vir interesantheid ook noem, 50 het ‘n besonderse betekenis in die Woord. Ons lees in Levitikus 25:10 van die 50ste jaar ‘n Jubeljaar. ‘n Jaar van vryheid, herstel en seën, waar mense wat slawe was, bevry is, en grond wat verlore gegaan het, teruggegee is. Dit was ‘n tyd om dankbaarheid te toon en YHVH se genade te erken. En daarmee wil ek graag ‘n seën uitspreek oor oom Roelf en tannie Santru, dat hierdie jaar en seisoen waarin julle beweeg ‘n tyd sal wees waarin julle Abba Vader se vrede en vreugde sal ervaar, maar ook om terug te reflekteer op die reis waarop Hy julle gevat het, ‘n reis waarop Sy liefde aan julle oor en oor bewys is
En net soos ‘n Jubeljaar ‘n nuwe begin was, is ‘n 50ste huweliksjaar ‘n herbevestiging van liefde en ‘n viering van YHVh se seën oor ‘n verbintenis wat rotsvas is.
Ons kan ook kyk na die Hebreeuse letter Nun, watse waarde 50 is (נ), wat verwys na getrouheid en vrugbaarheid. Dit verwys na nederigheid en die vermoë om op te staan na enige beproewing. En so is julle huwelik ‘n uitbeelding van getrouheid aan mekaar, oorwinning oor uitdagings en nederigheid wat ‘n sterker verhouding met Abba Vader gebou het.
En so is julle huwelik ‘n lewende getuienis van ‘n verbond wat gebou is op ‘n rots—‘n liefde wat storms trotseer en standvastig bly.
Gelukkige 50ste huweliksherdenking!
