Die profeet Habakkuk
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 4 viewsNotes
Transcript
Habakkuk 1
Habakkuk 1
Liewe brs en srs, Habakuk was ’n profeet wat geleef het gedurende die finale dekades van Juda, Israel se
suidelike koninkryk. Dit was 'n tyd van groot onrus, ongeregtigheid en afgodery. Die opkomende bedreiging van die Babiloniese ryk het op die horison verskyn, en Habakuk het die morele en geestelike verval van sy samelewing
aanskou.
Die Boek Habakkuk kan in drie dele verdeel word, naamlik 1. Hoofstuk 1: 2-5 wat handel oor die Habakkuk se klaaglied oor Israel se ongeregtigheid en God se antwoord; 2. hoofstuk 2: 6-20 wat gaan oor wat God oor Babilon uitspreek; en die derde gedeelte, naamlik hoofstuk 3 handel oor Habakkuk se gebed en oproep om op God se uiteindelike geregtigheid te vertrou.
Liewe brs en srs, in die eerste gedeelte begin Habakuk deur sy frustrasie en verwarring oor die geweld en ongeregtigheid wat hy rondom hom in Juda sien, uit te druk. Hy vra waarom God blykbaar onverskillig en stil is te midde van die onrus. God antwoord Habakuk en openbaar dat Hy aan 'n plan werk wat die profeet sal verstom. Spesifiek, God vertel Habakuk dat Hy die Babiloniërs, 'n wrede en onstuimige nasie, sal gebruik om oordeel oor Juda te voltrek. Hierdie antwoord daag Habakuk se begrip van geregtigheid en God se weë uit.
Liewe brs en srs, hierdie deel van die boek (hoofstuk 2: 6-20) bevat 'n reeks weeë wat deur God oor Babilon uitgespreek word. Hierdie weeë beklemtoon die uiteindelike straf en ondergang van die Babiloniese ryk as gevolg van hul arrogansie, geweld en afgodery. Ten spyte daarvan dat Babilon as 'n instrument van oordeel teen Juda gebruik word, maak God dit duidelik dat Babilon se eie boosheid nie ongestraf sal bly nie.
Liewe brs en srs, in die derde en finale hoofstuk is 'n gebed deur Habakuk, wat ook 'n psalm van vertroue en hoop in God is. Ten spyte van die benarde omstandighede en die dreigende oordeel, kies Habakuk om in die Here te juig en krag in Hom te vind. Hierdie hoofstuk beklemtoon die temas van geloof en vertroue, aangesien Habakuk besluit om op God se uiteindelike geregtigheid en soewereiniteit te vertrou, selfs wanneer Sy weë nie ten volle verstaan word nie.
Liewe brs en srs, u sal onthou in die geval van Nahum, het die profeet ‘n openbaring gekry oor wat God met Nineve gaan doen oor haar doen en late. Hababkkuk aan die anderkant is in ‘n gesprek met God oor die ongeregtigheid wat hy in Juda sien en raak gefrustreerd dat God nie ingryp en die situasie verander nie. In Habakkuk 1:2 “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?” Jy kry die idee dat Habakkuk eintlik moeg is vir wag - dit is te lank - hy wil ‘n einde sien aan die ongeregtigheid - dit is ook wat Dawid vir God gevra het in Psalm 13:2 “Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?” Dit is duidelik dat die verwoesting en geweld wat Habakkuk sien en ervaar net te veel geword het - Liewe brs en srs, si dit nie hoe ek en u elke voel wanneer ons die geweld en ongeregtigheid hier in ons land sien nie - die moord van kinders die afgelope tyd hier in ons woonbuurt - het u nie ookal met God gepraat oor die geweld en gevra hoelank gaan dit nog aanhou nie - of liewe brs en srs, het dit so algemeen geraak dat dit nie meer vir ons raak nie - solank hierdie gebeure nie naby ons deure is nie - is dit ok - Liewe brs en srs, dit is nie ok nie - of hierdie kinders aan ‘n bende behoort het of nie, hulle was ook God se kinders - dan gee God Sy antwoord aan Habakkuk in Habakkuk 1:5–6 “Die Here het geantwoord: Kyk na die ander nasies: julle sal verstom staan oor wat julle sien. Ek gaan nog tydens julle lewe iets doen wat julle nie sal glo as dit vir julle vertel word nie. Ek gaan die Galdeërs laat kom, die wrede, woeste nasie wat dwarsoor die aarde rondtrek om lande te verower wat nie hulle s’n is nie.”
Liewe brs en srs, God se tyd is nie ons tyd nie - Prediker 3: 1-11, “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ’n tyd om gebore te word, ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek, ’n tyd om ’n lewe te neem, ’n tyd om ’n lewe te red, ’n tyd om af te breek, ’n tyd om te bou, ’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans, ’n tyd om klippe weg te gooi, ’n tyd om hulle bymekaar te maak, ’n tyd om te omhels, ’n tyd om weg te bly van omhelsing af, ’n tyd om aan te skaf, ’n tyd om te laat wegraak, ’n tyd om te spaar, ’n tyd om weg te gooi, ’n tyd om te skeur, ’n tyd om toe te werk, ’n tyd om stil te bly, ’n tyd om te praat, ’n tyd om lief te hê, ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog, ’n tyd vir vrede. Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ’n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in ’n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog…” God waarsku ons eintlik in Spreuke 21: 5 om nie oorhaastig te wees nie (“Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek”), want ons ken mos die gesegde “haastige hond verbrand sy mond”. Liewe brs en srs, omdat God is Sy woord aandui dat ons nie moet haastig wees nie, beteken nie dat God apaties staan teenoor geweld nie - God gee eintlik kans dat mense self moet regmaak waar hulle verbrou het of dat ons as Sy kinders moet hand bysit om regtemaak waar ons kan - ons is almal immers dissipels van die lewende God. Ons kan nie handjies gevou sit en toekyk hoedat geweld seevier nie - ons moet kyk wat ons kan doen - want ons is God se hande en voete hier op aaarde.
Daarom, Liewe brs en srs, lees ons in John 9:4 “So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie.” - dan is dit “nag” - dit is alles verby en ons kan daar niks aandoen nie.
U sien liewe brs en srs, vir Habakkuk het dit geblyk of God nie weet of ag gee op die ongeregtigheid en geweld nie, maar God was reeds aan die werk. Daarom, Liewe brs en srs, moet ons altyd onthou God sluimer of slaap nie - Hy is aan die werk, net soos hier in ons gebied - God is teenwoordig. Amen.