Midrash Beshalach

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 3 views
Notes
Transcript

Eksodus 13:17-14:23

Eksodus 13:17-22
Die week se gedeelte se naam is Beshalach, Besalach wat beteken “om te laat trek” wat ons lees in Eksodus 13:17.
Die woord Beshalach bestaan uit vier Hebreeuse letters: Beit, Shin, Lamed en Chet. Beit (ב) verteenwoordig 'n huis en 'n geestelike familie. Shin (ש) simboliseer vuur en die verterende krag van Abba Vader. Lamed (ל), die herderstaf in die Herder se hand, wat wys hoe Hy Sy volk lei en onderrig. Chet (ח), teken ook ‘n prentjie van Abba wat saam ons stap op die pad van Heiligmaking na dit wat Hy nog altyd vir ons bestem gehad het. As ons Hom net sal vertrou, sal ons daar uit kom.. So in die letters van die woord Beshalach sien nie net ‘n verhaal van die uittog uit Egipte nie, maar ‘n beeld van Abba Vader se plan van verlossing, loutering, onderrig en ‘n nuwe begin vir Sy kinders. Ons sien hoe Hy Sy volk vorm as Sy huis, hulle lei met Sy herderstaf, hulle leer deur beproewings, en uiteindelik ‘n nuwe begin gee. Dit is ‘n herinnering dat ons ook op ‘n geestelike reis is, een waarin ons geroep word om deel van Sy huis te wees, Sy vuur in ons lewens toe te laat, Sy leiding te volg en deur Yeshua ‘n lig in ‘n donker wereld te wees.
In die gedeelte sien ons hoe Abba Vader die Israeliete uit Egipte bevry het, maar nie op die maklikste roete deur die land van die Filistyne nie, want Abba Vader het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte. In plaas daarvan het Hy hulle op ‘n langer, droeer pad gelei, ‘n pad wat hulle geloof sou bou en Sy voorsiening sou wys. Baie keer lei Abba ons nie op die maklikste pad nie, maar op een wat ons leer om volkome op Hom te vertrou. As ons in vers 17 kyk na die woord lei, is dit in Hebreeus die woord Nachah, wat Roelf so mooi in sy Parashah verduidelik het, waar die herder nie net ‘n bepaalde rigting gee nie, maar vooruitgaan en Sy skape lanks stille waters lei. Roelf noem ook dat dit ‘n prentjie is van Abba wat nie net tevrede is om net toe te kyk hoe Sy kinders verlos word nie, maar waar Hy tree vir tree wil saam beweeg. Moses het ook Josef se bene saamgevat, in vervulling van Josef se geloof in Abba se belofte om sy nageslag na Kanaän te bring. Die eerste kamp was by Sukkot, wat “hutte” of “skuilings” beteken, ‘n simbool van Abba se beskerming en voorsiening. Gedurende die reis het YHVH Sy teenwoordigheid en leiding verseker deur ‘n wolkkolom bedags en ‘n vuurkolom snags, dit het nie net die pad gewys nie, maar ook beskerming en Abba se teenwoordigheid voorgestel, wat met hulle was. Hierdie wolkolom en vuurkolom was tekens van Abba se getrouheid en Sy belofte om altyd met Sy volk te wees, net soos Yeshua later belowe het: “Ek is met julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matteus 28:20).
Eksodus 14:1-23
Sien ons hoe Abba Vader Israel spesifiek lei na 'n plek waar hulle in die vleeslikke vasgekeer lyk—met die Rietsee voor hulle en Farao se leër agter hulle. Maar Abba het hierdie situasie gebruik om Sy mag en glorie te openbaar. Hy verhard Farao se hart, sodat hy met sy leër agter Israel aanjaag. Toe die Egiptenare nader kom, het Israel bang geword en begin kla by Moses. Ons lees in vers 12 “Ons het jou mos in Egipte gesê om ons te laat staan dat ons vir die Egiptenaars werk. Dit is vir ons beter om vir hulle te werk as om hier in die woestyn om te kom.” En sien ons het hulle verkies om terug te gaan na slawerny eerder as om in geloof te staan.
Dit wys hoe vinnig ons twyfel wanneer ons Abba se beloftes vergeet.
Moses se antwoord in Eksodus 14:13-14 is ‘n bewys van sy geloof:
"Moenie vrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van YHVH.. Hy sal vir julle stry, Bly julle kalm.."
Net so moet ons leer om Abba te vertrou, selfs wanneer ons "vasgekeer" voel.. En so beveel Abba Moses aan om sy staf oor die see uit te strek, en deur 'n sterk oostewind, maak Abba die waters oop, sodat Israel op droë grond deurgaan. Intussen beskerm die wolkkolom hulle teen die Egiptenaars. Toe Farao se manne hulle agtervolg, word hulle uiteindelik deur die waters vernietig toe Abba die see laat terugvloei. En so is hierdie uittog uit Egipte ‘n bewys dat geen wêreldse mag Abba Vader se plan kan keer nie en dien as 'n profetiese beeld van hoe niks Yeshua se verlossing wat Hy betaal het, van ons kon weerhou nie—soos Israel uit Egipte se slawerny bevry is, so verlos Abba Sy volk uit geestelike gevangenskap deur Sy bonatuurlike krag en genade.
1.Wat beteken die naam “Pi-Hagirot”?
Die naam Pi-Hagirot (Hebreeus: פִּי הַחִירֹת) kan vertaal word as "Mond van Klowe/kanale”.
"Pi" (פִּי) beteken "mond" of "opening".
"Hagirot" (הַחִירֹת) kan verwys na of "kloof/pas".
Geografies dui dit op 'n pas tussen berge, wat voorstel dat Israel vasgekeer is, met die Rietsee voor hulle, want daar is nie meer ‘n fisiese weg voor hulle nie. Simbolies kan dit verteenwoordig dat dit ‘n situasie is waar menslike ontsnapping onmoontlik lyk, maar waar Abba bonatuurlike verlossing bring. Dit beklemtoon hoe Abba Sy volk deur die moeilike en onmoontlike situasies lei om Sy mag en glorie te openbaar.
Maar as ons kyk na die rootwoord van “hagirot” - kry ons “khoor” wat beteken “a crevice of a serpant” of die put van ‘n slang. En dit sluit so mooi aan by die gedeelte want, die kinders van Israel kom by die punt waar hulle by die punt van die vyand se put is, daar waar hy hulle wil vasvang en vernietig, maar Abba het ‘n ander plan, vir Sy kinders maak hy ‘n bonatuurlike weg uit hierdie vasgevangde put van die vyand. Netso het Yeshua vir ons die weg gemaak, ook bonatuurlik om uit die put van die vyand weg te stap, en weg te beweeg daar waar die vyand ons wil vernietig.
2. Die rietsee was ’n pad na vryheid vir Israel, maar vernietiging vir die Egiptenare. Hoe sluit dit simbolies aan om gedoop te word?
Netsoos die uittog deur die rietsee ‘n pad na vryheid vir die Israeliete was. Net so is doop ‘n oordrag van een toestand na ‘n ander—dit simboliseer die neerlé van die ou lewe van slawerny aan sonde en die opstanding in ‘n nuwe lewe in Yeshua (Romeine 6:3-4).
Die water van die Rietsee het Israel geskei van hul ou lewe in Egipte, net soos doop ons skei van ons sondige verlede. Egipte simboliseer die wêreld en sonde; die Egiptenare wat verdrink, verteenwoordig die vernietiging van die ou natuur. In 1 Korintiërs 10:1-2 word Israel se deurgaan deur die rietsee beskryf as ‘n doop tot Moses—‘n voorafskaduwee van ons doop in Yeshua.
Soos Israel vry geword het om vir Abba Vader te leef, word ons deur die doop vrygemaak om in ‘n nuwe verbond met Hom te wandel.
3. Abba Vader het die pad deur die rietsee geopen. Hoe is dit ‘n prentjie van Yeshua as die enigste weg tot redding?
Die opening van die pad deur die Rietsee is ‘n prentjie van Yeshua as die enigste weg tot redding. Net soos Israel geen ander uitweg gehad het as deur die see nie, is Yeshua die enigste weg tot Abba Vader (Johannes 14:6).
Abba Vader self het hierdie pad geopen: Israel kon hulself nie red nie; Abba Vader het ‘n bo-natuurlike weg gemaak waar geen weg was nie. Net so het ons geen redding sonder Yeshua nie—Hy is die deur waardeur ons moet gaan (Johannes 10:9).
Die Rietsee het Israel finaal geskei van Egipte, net soos Yeshua ons van sonde bevry (Romeine 6:6-7).
Die water het Israel na ‘n nuwe lewe gelei, maar dit het die Egiptenare verwoes. Net so bring Yeshua lewe vir dié wat in Hom glo, maar oordeel oor diegene wat Hom verwerp (Johannes 3:18).
Soos Israel moes vertrou dat Abba Vader hulle deur die see sou dra, moet ons ook in geloof deur Yeshua wandel as ons enigste Verlosser.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.