Wet van God - Exodus 20

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 14 views
Notes
Transcript

Exodus 20:1–2 AFR1983
Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.
Exodus 20:3 AFR1983
Jy mag naas My geen ander gode hê nie.
Exodus 20:4 AFR1983
“Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.
Exodus 20:5 AFR1983
Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat,
Exodus 20:6 AFR1983
maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam.
Exodus 20:7 AFR1983
“Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.
Exodus 20:8 AFR1983
“Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.
Exodus 20:9–10 AFR1983
Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.
Exodus 20:11 AFR1983
Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.
Exodus 20:12 AFR1983
“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.
Exodus 20:13 AFR1983
“Jy mag nie moord pleeg nie.
Exodus 20:14 AFR1983
“Jy mag nie egbreuk pleeg nie.
Exodus 20:15 AFR1983
“Jy mag nie steel nie.
Exodus 20:16 AFR1983
“Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie.
Exodus 20:17 AFR1983
“Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.