Jong Volwassenes - Yitro

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 5 views
Notes
Transcript

Eksodus 20:1-23

Die Wet van die Here.
1 TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
Hier sien ons het YHVH direk met die volk gepraat terwyl hulle aan die voet van berg Sinai vergader was. Nou hierdie byeenkoms was 'n unieke, omrede die volk nog nie van Abba Vader af direk gehoor het nie, maar deur ‘n instrument soos Moses. Abba Vader praat hier met elkeen van die Israeliete, Hy gee vir hulle Sy ketuba, huwelikskontrak. Hy praat met hulle, op hulle vlak, teen die versoekings wat hulle alledaags in die gesig staar. Maar ons sal later lees in vers 19, dat na hierdie gesag van Abba Vader aan hulle openbaar is, het die mense gevrees en versoek dat Moses as tussenganger optree, sodat hulle nie direk van Abba Vader af moet hoor nie.
Nou voor ons oor elkeen van die gebooie gaan is dit net so goed om te besef dat Abba 'n duidelike uiteensetting gee van wat Hy van Sy volk verwag. Abba se wet was ook radikaal anders as dié van die heidense nasies rondom Israel. Die feit dat Abba Vader ook self met Sy kinders spreek, maak Hy dit duidelik dat dit nie Moses se wet was nie, maar Abba se wet. En hierdie wette wat Abba vir Sy kinders gee is daar vir Sy kinders se beskerming, gesondheid, om Heilig en afgesonder te lewe, om ‘n bruid te wees vir die bruidegom. Hierdie wette wys vir ons waar ons tekort skiet en ons behoefte om ons Verlosse te aanvaar en vir Hom te leef. So in kort dien hierdie instruksies van Abba Vader as ‘n beskermende versperring, om ons op die regverdige pad te hou, dit is tweedens daar om ‘n spieël te wees, om ons sonde te openbaar, sodat ons kan raaksien wat daar in ons is, wat Abba nie behaag nie. En dit dien as ’n Gids wat wys, wat Abba Vader se wil vir ons lewe is en die karakter eienskappe wat Hy in ons elkeen wil vind.
2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
Voordat Abba enige opdragte gee, herinner Hy Israel aan hulle verlossing uit Egipte. Dit wys dat Abba eers genade betoon en dan Sy volk roep tot gehoorsaamheid. Abba het nie die wette gegee terwyl Israel nog in slawerny was met die belofte dat as hulle dit volg, Hy hulle sou red nie. Hy het hulle eers bevry en toe die wet gegee. Abba se verlossing lei tot ‘n reis waar jy in gehoorsaamheid moet wandel.
3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Hierdie eerste gebod vloei logies uit die vorige vers: As God alleen Israel verlos het, moet Hy alleen aanbid word. Hy eis absolute lojaliteit. Vandag het ons ander afgode: geld, mag, roem, plesier en onsself. En daarom bring hierdie gedeeltes tot op hierdie punt om te dink, is daar afgode, soos geld wat ons dink ons red? Of dink ons, dit wat ons bereik is onsself? Want dit is die soort adgode wat Abba Vader van wil ontslae raak in elkeen van ons.
4Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
5Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Abba se jaloesie is ‘n passie om Sy kinders na Hom toe te trek. Dit is liefde in aksie—Hy weet dat enigiets anders as Homself ons skade aandoen. Wanneer 'n volk of familie in afgodery verval, dra die gevolge oor na komende geslagte. Dit is nie dat Abba onskuldige kinders straf nie, maar dat hulle dikwels dieselfde sondige patrone herhaal.
6en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Enigiemand wat Hom liefhet en gehoorsaam, ervaar Sy guns. Waar die oordeel net drie of vier geslagte raak, strek Sy seën oor duisende geslagte. Dit wys dat Sy liefde en genade swaarder weeg as Sy straf. Liefde vir Abba gaan hand aan hand met gehoorsaamheid. Soos Yeshua sê in Johannes 14:15: "As julle My liefhet, bewaar My gebooie."
7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. Abba beveel dat die sewende dag (Saterdag) ‘n dag van rus moet wees. Hierdie rus was vir almal – insluitend kinders, slawe, vreemdelinge en selfs diere. Abba het beveel dat werk oor ses dae gedoen moes word, maar die sewende dag moes as ‘n heilige rusdag apart gehou word. En hierdie Sabbatdag is gebaseer op Abba se skeppingspatroon – Hy het die heelal in ses dae gemaak en op die sewende dag gerus. Dit dui op die belangrikheid van rus in Abba se teenwoordigheid en refleksie.
9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
10maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
11Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.
13 Jy mag nie doodslaan nie.
Yeshua het dieper gegaan in sy verduideliking van hierdie gebod in Matteus 5:21-26, waar Hy duidelik maak dat hierdie gebod nie net op die daad van moord fokus nie, maar ook op haat in die hart. Daarom moet ons nie net die uiterlike daad van moord vermy nie, maar ook die innerlike gevoelens van haat en boosheid wat daartoe kan lei.
14 Jy mag nie egbreek nie.
Die woord "egbreuk" is afgelei van die Latynse "ad alterius torum", wat beteken "na iemand anders se bed gaan", wat die misdaad van egbreuk duidelik beskryf, maar In die Nuwe Testament word egbreuk verder verduidelik (Galasiërs 5:19), Yeshua het gesê dat selfs om na ‘n vrou te kyk en haar te begeer, wat in die gedagtes of hart ‘n misdaad is, reeds as 'n sonde beskou word (Matteus 5:27-30). Ons is nie onskuldig net omdat ons nie die kans gehad het om die daad self uit te voer nie.
15Jy mag nie steel nie.
Ek dink wat ons ook baie keer mis is, dat dit insluit om nie van Abba te steel nie. Ons moet Abba Vader met ons finansies, verhoudings, werk eer, sodat ons nie skuldig is aan diefstal van Hom nie (Maleagi 3:8-10). Ons steel van Abba deur onwillig te wees om onsself aan Hom toe te wy, of ‘n area van ons lewe nie aan Hom toe te wy nie.
16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
Nou ‘n valse getuienis kan ook wees om ‘n valse indruk te skep, deur stil te bly oor iets wat nie waar is nie en deur te Laster..Die Nuwe Testament sê dit eenvoudig – moenie leuens vertel nie (Kolossense 3:9). Leuens en valshede wat hoort by die ou mens, toe jy nog in Egipte was, nie die nuwe lewe wat ons in Yeshua het nie, waar ons in verbond wandel nie. Ons weet dit is die vyand wat ons aanmoedig om leuens oor te dra (Johannes 8:44 - sê hy is die vader van die leuen); en Yeshua was self die slagoffer van vals getuienis (Markus 14:57), wat in sekere opsigte die sonde was wat Hom na die kruis gestuur het.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Hierdie vers fokus op die hart en die begeertes wat dit aanwakker. Die Hebreeuse woord vir begeerte ("hamad") wat beteken om na iets te smag, en dit word verkeerd wanneer dit op iets is wat aan iemand anders behoort. ‘n Begeerte begin met die oog wat 'n op voorwerp gefokus is, die gedagtes wat dit bewonder, die wil wat daarna verlang, en uiteindelik die liggaam wat streef om dit te besit. Selfs al neem iemand nie die laaste stap nie, begin die proses van begeerte reeds. ‘n Begeerte kan op alles gerig wees: die huis, vrou, besittings, vorertuig. En wys op 'n ontevredenheid met wat jy het, 'n jaloesie teenoor ander wat iets beter besit. Hebreërs 13:5 leer ons dat tevredenheid met wat ons het, noodsaaklik is, want Abba het beloof om ons nooit te verlaat nie. Die vyand laat ons dink,dat dit wat ons nie het nie, is ‘n bewys is dat Abba nie daar is nie - maar weereens soos ons vroeer gesien het, is hy die vader van die leuen.
Daar is 'n direkte verband tussen die tiende gebod en die eerste gebod oor afgodery, want diegene wat nie tevrede is nie, leef soos afgodsdienaars, opsoek na dit wat hulle vlees sal bevredig. Paulus herinner ons in Efesiërs 5:5 dat ‘n gierige mens geen deel het aan die koninkryk van Abba Vader nie.
18En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op 'n afstand bly staan.
Ons sien ‘n bangheid om dood te gaan in die vlees, sodat die Gees leiding vat. Netso wil Abba hê moet ons nie weggstap, wanneer die vlees inderduk word, want dit is waar ons doodgaan in onsself, sodat Sy Wil deer ons kan voortgaan.
19En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons.
Hulle het besef dat om direk met Abba in kontak te wees, ‘n dieper bewustheid van hul eie onvolmaaktheid sou bring en Sy heiligheid beklemtoon word. Moses het egter hierdie intieme ontmoeting begeer, want Hy wou al sy vertrou in Abba plaas en Sy lewe in Abba se hande plaas. Hy was nie skaam om sy onvolmaaktheid in die gesig te staar en op ‘n pad van heiligmaking te stap nie… Die vraag is, is ons dalk bang om ons tekortkominge in die gesig te staar en vir Abba te vra, “Abba vat my op die pad van Heiligmaking?”
Die volk het belowe om die woord van Abba te gehoorsaam deur Moses. Maar hulle het hierdie belofte nie nagekom nie. Later het Israel die wet volgens hulle wil aangepas om dit makliker te maak om te gehoorsaam, wat die doel van die wet weggevat het. Israel wou 'n tussenganger hê om hulle tussen Abba en hulleself in te stel, uit vrees vir die gevolge van direkte kontak met Abba.
20Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.
Die Israeliete het die manifisterende teenwoordigheid van Abba gvrees, maar Abba het in die toets bedoel om hulle te leer. Om hulle te leer dat Hy die God is wat oor hulle heers en regeer, Hy is die een wat vir hulle sal veg en versog, Hy is die een wat hulle wil afsonder van die heidene en heilig maak vir Sy groter doel. Israel het hierdie toets nie geslaag nie. Binnen ongeveer 40 dae het hulle 'n goue kalf verafgod.
21So het die volk dan op 'n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.
Hierdie vers beklemtoon die verskil in hoe die volk en Moses die teenwoordigheid van Abba ervaar het. Die volk was bang en het 'n afstand gehou van Abba se teenwoordigheid, terwyl Moses 'n sterk begeerte gehad het om na Abba toe te gaan. Hy het 'n unieke verhouding met Abba gehad, iets wat die gewone Israeliet nie gehad het nie. Moses het, deur sy lewensomstandighede en direkte openbaring van Abba, die balans tussen Abba se krag en Sy genade verstaan.
Verder, in die tweede deel, word daar beklemtoon dat Moses na die donker wolk waar Abba was, toe gegaan het. Dit wys nie net op Moses se moed nie, maar ook op sy ervaring van vergifnis en herstel deur Abba, van ‘n prins wat moord gepleeg het, na sy ontmoeting met Abba self by die branende bos. Moses was nie volmaak nie, maar hy het geleer dat Abba ‘n lewendige, intieme verhouding met Hom soek, en Abba Hom sal toevou met genade. Nie op grond van dit wat kan regmaak nie, maar op grond van Abba se genade.
22Toe sê die Here vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.
23Julle mag naas My geen silwergode maak en geen goue gode vir julle maak nie.
Abba het dit duidelik gemaak dat Hy die Tien Gebooie vanuit die hemel aan Israel gespreek het, nie op enige ander manier nie. Dit het by die berg Sinai gebeur, maar die woorde het van die hemel af gekom, wat die heiligheid en majesteit van Sy teenwoordigheid beklemtoon.
Omdat Abba Homself nie aan Israel in enige vorm of beeld geopenbaar het nie, moes hulle nie enige ander gode van silwer of goud maak nie. Hulle moes nie probeer om iets anders as Abba te verheerlik of as gelyk aan Hom te stel nie. Die gebod beklemtoon dat geen ander god langs YHVH mag bestaan nie, omdat Hy uniek en onvergelykbaar is.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.