Midrash - Terumah

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 58 views
Notes
Transcript
Eksodus 25 begin met Abba Vader se opdrag aan Moses om ‘n offergawe (terumah) van die volk in te samel vir die bou van die tabernakel. Dit is ‘n belangrike gedeelte, want dit toon hoe Abba Vader ‘n plek van aanbidding onder Sy volk wil vestig.

Ons sien Abba beveel Moses om ‘n vrywillige offergawe te ontvang van die Israeliete (Eks. 25:1-9)

Hierdie offergawe moes bestaan uit: goud, silwer, koper, fyn linne, pers en skarlaken wol, ramvelle, akasiahout, olie vir die lampe, speserye vir die salfolie, en edelstene.
Die doel van die offergawe was om ‘n heiligdom (tabernakel) te bou sodat Abba Vader onder Sy volk kon woon (vers 8).
Nou elkeen van hierdie materiaale wat ingesamel word, het soveel betekenis en strek soveel dieper, wat Roelf ook aanraak in van sy Parashah’s, maar om net te kyk na die goud silwer en koper. Sien ons goud verteenwoordig die glorie en reinheid van Abba Vader, Roelf brei ook uit daaroor in die week se Parashah, dan kyk ons na silwer, Silwer dui op verlossing en die prys wat betaal word vir die mens se sondeskuld. Dit wys vooruit na Yeshua, wat die ware losprys betaal het (1 Petrus 1:18-19). Ons sien in (Eksodus 30:11-16) Abba het beveel dat elke man ’n halwe sikkel silwer moes gee as ‘n losprys vir sy siel wanneer ‘n volkstelling gehou word. Dan kyk ons na koper, Dit dui op sonde-oordeel en reiniging deur ‘n offer. Net soos vuur die offer verbrand het, so verwyder Abba Vader sonde deur oordeel en reiniging. Hierdie drie metale wys hoe ons as gelowiges nader aan Abba Vader beweeg: Ons begin by die koperaltaar – Ons bely ons sondes en word deur Yeshua gereinig. Ons word gevestig in Sy verlossing deur die prys wat Hy vir ons betaal het - wat verwys na die silwer voetstukke en ringe van die pilare. En dan kom Ons by die goud – dit is waar ons Sy heerlikheid ervaar en woon in Sy teenwoordigheid.
So ons moet eers gereinig word (koper), deur die losprys wat vir ons betaal is op die pad van Heiligmaking wandel (silwer) en uiteindelik in Sy heerlikheid wandel (goud)!

Die Bou van die verbonds Ark (Eks. 25:10-16)

Die ark moes van akasia-hout gemaak word en met goud oorgetrek word (vers 10-11).
Dit moes vier goue ringe hê, sodat pale daardeur gesteek kon word vir dra-doeleindes (vers 12-15).
Binne-in die ark moes die Getuienis (die Wet van God) geplaas word (vers 16).

Die Versoendeksel en die Gerubs (Eks. 25:17-20)

Die versoendeksel moes van suiwer goud wees en dieselfde breedte en lengte as die ark hê (vers 17).
Twee gerubs (engele) moes aan weerskante van die versoendeksel wees, met hulle vlerke oor die ark gesprei (vers 18-20).
Dit was op die versoendeksel waar Abba met Moses sou spreek (Eks. 25:22).
Met die instruksies wat Abba Vader aan Sy volk gee om die Tabernakel te bou, wys dit ons dat Abba naby Sy volk wil wees, Hy wil nie van ver sit en kyk hoe Sy kinders wandel en van ver instruksies gee nie, nee Hy wil in hulle midde wandel en Sy hart met hulle deel. Abba gee ook Sy instruksies om netso uitgevoer te word vir hulle beskerming en om onder Sy sambreel van voorsiening te bly. Abba wys ons soveel genade dat Hy met Sy kinders wil wandel in intimiteit, na hulle 430 jaar in Egipte gebly het, groot geword het en hulle praktyke aangeleer het, omrede Hy die skeppingsdoel raaksien waarvan hulle verblind was in Egipte.
Dit wat vir my hier uitstaan is hoe Abba sy kinders se karakters kom vorm want Abba het die Egiptenare se harte so kom aanraak dat hulle alles wat vir hulle waarde gehad het aan die Israeliete gegee en die Israeliete het dit uit Egipte geneem die woestyn in. Nou vra Abba Sy kinders om dit te offer vir Sy gebruik. En die Israeliete kan dink maar dit is ’n teken van oorwinning oor Egipte en dit is hulle sin. Maar Abba wil dit neem om vir hulle iets beter skep, iets wat Sy teenwoordigheid sal ten toon stel. En netso word ons ook daagliks gevorm deur Abba Vader, om ons te toets of ons bereid is om op te offer, dit wat Abba vir ons mee toe vertrou vir Sy gebruik. 
Het Abba Vader enige iemand veplig om ‘n “terumah” te gee?
Waar het hulle ‘n “terumah” gekry?
Eksodus 25:1-2 sê:
"Die Here het met Moses gespreek en gesê: ‘Sê vir die kinders van Israel dat hulle vir My 'n offergawe (terumah) bring; van elkeen wie se hart hom gewillig maak, moet julle My offergawe neem.’”
Nee, Abba het nie enige persoon verplig om ‘n terumah te gee nie. Hy het die opdrag gegee dat die offergawe slegs van dié moes kom wat gewillig was. Dit beteken dat dit ‘n vrywillige bydrae was, nie ‘n verpligte belasting of heffing nie.
Die Israeliete het hul goud, silwer, koper, materiaal en ander waardevolle items van Egipte gekry: Toe hulle uit Egipte getrek het, het God hulle guns gegee by die Egiptenare, wat vir hulle goud, silwer en ander waardevolle items gegee het (Eksodus 12:35-36).
En ons weet vandag dat ons daardie Tabernakel verteenwoordig. Dit lees ons in  1 Kor 6:16 “..... want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.”
Paulus sê in 1 Kor 3:16 “Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.”
M.a.w ek en jy is nou die Tabernakel, die tempel van Abba Vader waar in Hy woon.
2. Wat is die Hebreeuse woorde vir "tabernakel" en watse
prentjie skets Abba Vader vir ons hierin?
Die Hebreeuse woord vir "tabernakel" is die woord “mishkan” wat beteken “dwelling place” maar as jy gaan kyk na die beskrywing is die mishkan meer die struktuur wat die tent ophou. 
Dan kry ons nog ‘n woord in Hebreeus vir die Tabernakel naamlik "ohel” en dit is die tent gedeelte wat gespan is oor die struktuur, die bedekking “the covering” en dit is letterlik hierdie prentjie van ‘n tent wat gestrek is van een punt en oor gestrek is na ‘n ander punt. 
Die “rootwoord” van “ohel” is die woordjie “ahal” wat mens op presies dieselfde manier spel in Hebreeus wat beteken: "dit wat uitstraal of skyn.” Dit wat ‘n mens sien is die bedekking wat skyn. So as jy hierdie twee Hebreeuse woorde “ohel” en “mishkan” se betekenis saam sit as hierdie plek waar Abba Vader wandel dan sê dit vir ons: ‘As ons in die teenwoordigheid is waar Abba Vader woon, bedek Hy ons, sodat ons kan skyn en dis waar Hy ons beskerming sal wees en dis waar ons dan Sy Lig sal wees wat helder skyn in hierdie donker wêreld.’
En so kan ons hierdie beskrywing van die Tabernakel sien in hoe Abba die kinders van Israel beskerm het, hoe Hy hulle gelei het, en hoe die vuurkolom en wolkkolom sigbaar was vir al die nasies rondom hulle.
3. Wat is die eerste ding wat Abba Vader vir Moses se om te bou
in die Tabernakel bo op berg Sinai? Hoekom dink jy spesifiek
dit?
In Eksodus 25:8-10 sê Abba Vader vir Moses:
👉 "Hulle moet vir My 'n heiligdom maak, sodat Ek onder hulle kan woon. Volgens alles wat Ek jou laat sien, die voorbeeld van die tabernakel en die voorbeeld van al sy voorwerpe, so moet julle dit maak. Hulle moet dan ‘n ark van akasiahout maak..."

Die Eerste Bouwerk: Die Ark van die Verbond

Die eerste ding wat God vir Moses sê om te bou, is die Ark van die Verbond (Eksodus 25:10-22).
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.