Jesus die lig in ‘n donker wereld
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 58 viewsNotes
Transcript
John. 8: 12 - 20
John. 8: 12 - 20
Liewe brs en srs, die teksverse vir oordenking is vers 12 en 20, maar voor ons na die teksverse kyk, kyk ons eers na ‘n paar tekste uit die Ou Testament wat verwys na Jesus as die lig van die wereld.
Daniel 2:22 “wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig.”
Isaiah 9:1 “Die volk wat in donkerte geleef het, het ’n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het ’n lig geskyn.”
Isaiah 60:3 “Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”
Liewe brs en srs, dan kom Jesus in John 8:12 en se die volgende “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”” Liewe brs en srs, ons het vandag die son en die maan om vir ons lig te gee - die maan gedurende die dag en die son gedurende die dag - dink daaraan - wat sou gebeur het indien God nie die son en maan gskep het nie - alles sou in donkerte gehul gewees het - ons sou nooit op die aarde bestaan het nie - net soos die son en maan lig gee in die hele wereld, so gee Jesus lig in hierdie sondige wereld - Jesus doen dit nie net vir die ISREALIETE nie, maar vir elke sondaar op hierdie planeer aarde. wat ‘n wonderlike voorreg uit die genadehand van ons Here Jesus Christus - ek en u is vandag verheug daaroor - maar wat het tweeduisend jaar gelede gebeur - die Fariseers het dit in twyfel getrek - wie is Hy dat Hy Homself die lig van die wereld noem - Jesus was egter reg vir hulle en het baie gou hulle twyfelagtige optrede in die wind geslaan - Alles wat hulle probeer weerle het, het Jesus met ‘n opregte antwoord na hulle laat terugkeer (John. 8: 13-19). Hulle feitlike weerleggings het Jesus met feitlike antwoorde terug na hulle laat keer. Daarom dat ons in Lukas 2:32 lees dat waar Lukas aandui Jesus is “’n lig tot verligting van die nasies en tot eer van U volk Israel.”” en dan lees ons in Malachi 4:2 “Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van geregtigheid skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.” Liewe brs en srs, daar bestaan geen twyfel dat hierdie Son van Geregtigheid uitnemend en heerlik is - Jesus is ‘n fontein van lig - want Hy verlig elke mens wat verlig wil wees - Jesus dwing niemand nie - Hy nooi ons om saam met Hom te beweeg, in die lig want Hy is die lig. Daarom ten spyte van alles wat Jesus probeer het, kon Hy die Fariseers nie oortuig nie, want hulle het hulle eie ideologiese idees van Jesus gehad - want hulle wou Hom nie volg nie, maar gevange neem sodat hulle Hom kon doodmaak - want ons lees in John 3:19 “En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg.” Net soos tweehonderde gelede wat Jesus gepoog het om die mense te kry om Hom te volg, so poog Hy vandag nog om ons te kry om Hom te volg - vir wie volg U?
Johannes sluit die gedeelte af in John 8:20 “Hierdie dinge het Hy gesê in die vertrek waar die offergawekiste gestaan het. Hy was toe besig om die mense in die tempel te leer. En tog het niemand Hom gevange geneem nie, omdat sy tyd nog nie gekom het nie.” In hierdie teks gedeelte is daar twee punte wat na vore kom - Jesus het 1. die dissipels geleer en 2. in die plek of gedeelte van die tempel waar die offerkis gestaan het. Jesus kon dus sien wat mense offer. Jesus let op die ryk mense gooi baie in, nie omdat hulle graag wou nie, maar om hulle medebroers en susters te beindruk en dan sien Jesus hoe die arm weduwee alles ingooi wat sy het, omdat sy werklik glo die Here sal voorsien. liewe brs en srs, ons het nie nodig om Jesus te beidruk nie, Jesus ken ons vermoens en ons harte - Uit die gedeelte is dit duidelik dat die Fariseers nie gekom het om na Jesus se lesse te luister of daar was om te leer nie - want hulle was reeds te slim en “volleerd”. liewe brs en srs, Jesus sit vandag nog by die offerkis en kyk - wat gooi ons in - hoe is ons gesindheid teenoor die gee van offergawes - doen ons dit met murmurering of gee ons dit met ‘n blye gemoed - ons moet egter onthou Jesus soek nie ons offergawes per se nie. maar ons harte - daarom lees ons in Matthew 6:21 “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.””
Liewe brs en srs, God het vir ons Die Bybel laat nalaat, sodat ons elke dag uit die Bybel kan lees en sodoende meer van Hom kan weet en leer - want dit sal ons help om die spoor van die Son van Geregtigheid te bly - Liewe brs en srs, hoeveel keer het u al u voete teen dinge gestamp - buite die huis of selfs binne die huis - Die Son van Geregtigheid sal ons help om in Jesus se voetspore te volg sonder dat ons ons voete stamp, aldus die psalmdigter van Psalm 119 en met spesifieke verwysing na vers 105 “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” Watter wonderlike vooruitsig. Glo en houvas daaraan dat Jesus die lig in u donker wereld is. Amen.
