Jong Volwassenes Pekukdei

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 4 views
Notes
Transcript

1 Konings 7:51-8:21 & Openbaring 15:5-8

So die laaste vers in 1 Konings 7 sit uiteen dat Salomo al die instrumente wat sy pa laat bou het in bring. Nou in die vers, waar dit verwys na die “geheiligde gawes” maw die instrumente wat Dawid laat maak het, asook die silwer en goud. Is die woord “qodesh”. So alhoewel Dawid nie self die geleentheid gehad het om die Tempel te bou nie, het hy die beste wat hy gehad het en dit wat hy kon maak vir die tempel apart gehou, geheilig vir Abba se gebruik. Ons lees ook in die vers, dit was in die skatkamer van Abba Vader gebring. Nou Dawid se lewe getuig van Sy begeerte om die beste vir Abba te bring, en alhowel hy foute gemaak het, het Hy repent en net Abba se begeerte nagejaag.
Net soos Dawid sy beste vir Abba gegee het, selfs al kon hy nie self die tempel bou nie, word ons ook geroep om dit wat ons het—ons talente, tyd en passies—tot eer van Abba Vader te gebruik. Ons mag dalk nie altyd die eindresultaat van ons werk sien nie, maar ons getrouheid en gewilligheid om ons “geheiligde gawes” aan Hom toe te wy, het oorerflike waarde. Dit herinner ons dat ons nie net vir onsself leef nie, maar dat ons alles wat ons doen as 'n offer aan Abba kan bring.
Dan in 1 Konings 8 lees ons van Solomo wat die hele Israel vergader in die 7nde maand wat in hierdie gedeelte na verwys is as die maand van Ethanim, en vandag is dit bekend as die maand van Tishri, wat basies is tydens die fees van trompette en fees van Tabernakels. Die woord wat hier gebruik is Ethanim wat net een keer in die hele Woord voorkom beteken “enduring”, “constant” en “ever flowing”. Hierdie betekenis van die maand waarin Solomo en die Israeliete die Tempel klaar maak, saam met die feeste wat daarop gevuur word, is dit ‘n perfekte refleksie van Abba Vader wat Sy kinders beskerm en in hulle midde wil woon, as hulle Hom gehoorsaam. Daardie liefdie en hartsbegeerte om in Sy kinders se midde te wees is “Ever-flowing”. Van die bou van die Tabernakel tot op hierdie punt waar die Tempel opgerig word, is Abba dieselfde. Hy vul ook die Tempel soos die Tabernakel, presies dieselfde.
Verder lees ons van die ark wat saam ander instrumente gebring is vanuit die Tabernakel na die tempel toe. Solomo en die gemeente van Israel het toe offers voor die ark geoffer, soveel so dat dit nie eers getel kon word nie. Toe het die priesters die ark in die Tempel in gebring, in die allerheiligste. In die ark was slegs die kliptafels van Moses. Toe die priesters uit die tempel beweeg het daar ‘n wolkkolom die tempel toe gesak en die tempel gevul. Die wolk het veroorsaak dat niemand diens kon doen nie, omrede die tempel gevul was. Dit sluit presies aan by wat ons lees in Eksodus 40:34-35 “34Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die Here het die tabernakel vervul,35sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die Here die tabernakel vervul het.”
Die wolkkolom wat die tempel vul, dui op Abba se aanvaarding en teenwoordigheid in dit wat Moses, Besaleël en Oholiab uit gehoorsaamheid gebou het. Net so, as ons lewe aan Hom toegewy is en dit wat ons in Sy koninkryk bou Hom alleenlik verheerlik, sal Hy ons vul met Sy Gees.
Dan van vers 12 af lees ons hoe prys Salomo Abba Vader vir Sy getrouheid en die vervulling van Sy beloftes. Solomo herinner die mense aan die ark, wat Abba Vader se teenwoordigheid en die belofte van Sy voortdurende getrouheid aan Israel, wat weereens netso aansluit by die naam van die maand waarin hulle is. Salomo vra toe daarna Abba Vader om Sy belofte aan Dawid te hou, sodat sy nageslag op die troon van Israel mag heers, mits hulle in gehoorsaamheid voor Hom wandel.
Dan in my Openbaring 15 vers 5 en 6, sien Johannes die opening van die tempel van die tabernakel in die hemel, wat verwys na die hemelse uiteensetting van die tabernakel, gebaseer op die patroon wat Abba Vader aan Moses gegee het (Eksodus 25:8-9, Hebreërs 8:9). Dan uit die tempel kom sewe engele wat die sewe plae bring. Hierdie engele is nie op hulle eie gesag nie, maar kom direk uit die teenwoordigheid van Abba en sy troon, wat dui op Abba se oordeel wat vanuit Sy heilige teenwoordigheid uitgevoer word. Die engele is gekleed in suiwer helder linne en het goue gordels om hul bors, wat ‘n simbool kan wees van Abba se oordeel wat suiwer en regverdig is.
Dan in Openbaring 15:7-8 ontvang die sewe engele van een van die vier lewende wesens sewe goue bakke, vol van die toorn van Abba Vader. Dan word die tempel gevul met rook wat uit Abba se heerlikheid en krag kom, wat beteken dat niemand in die tempel kon ingaan nie, totdat die sewe plae van die engele voltooi was. Dit herinner aan toe Moses nie die Tabernakel kon ingaan nie, omdat die rook van die wolk van Abba se heerlikheid, die tent gevul het (Eksodus 40:34-35). Die feit dat niemand die tempel kon betree totdat die oordeel voltooi was, dui daarop dat Abba se oordeel onomkeerbaar was en niks kon dit keer nie.
Net ‘n laaste gedagte
Die bou van die Tabernakel en die tempel het vir my kom uitlig hoe lief Abba Vader Sy kinders het, want Hy het nie die Tabernakel of tempel laat bou omdat Hy ’n huis nodig het nie, maar omdat Sy kinders Hom nodig het. Elke deel van die Tabernakel is gemaak sodat Sy kinders Hom kan nader, sodat ons Hom kan beter leer ken en sodat ons onder Sy beskerming kan wandel en nie vas sit met die dinge van die wereld nie. 
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.