Pekudei - פְקוּדֵי

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 35 views
Notes
Transcript

Pedukei - פְקוּדֵי
Peh, Quf, Vav, Dalet, Yod
Die letter Peh is die 17de letter van die Alef-Bet en verwys na ‘n “mond” en simboliseer die krag van woorde. As mens die letter Peh uit mekaar haal bestaan hy uit die Kaf (handpalm) en Yod (Abba Vader se regterhand, Yeshua se gesag). So as mens die twee letters in die Peh saamstel verteenwoordig dit beskerming, outoriteit en die vermoë om lewe of dood te spreek uit die mond (Spreuke 18:21). Vir die wat spreek, as ‘n spreekbuis vir Yeshua, is daar beskerming soos om in die handpalm van Abba Vader te wandel. Vir die wat spreek as ‘n spreekbuis van Satan is daar nie beskerming nie.
Yeshua gee ons gesag om dissipels te maak en die Woord te verkondig (Matteus 28:19). In Rigters 3:16 sien ons dat die Hebreeuse woord “Peyah” verwys na ’n twee-snydende swaard – ’n beeld van Abba se Woord, die autoriteit van Yeshua en die mondstukke wat daardeur optree as ‘n twee-snyende swaard. Genesis 4:11 wys dat die mond ook kan vernietig, terwyl Genesis 8:11 wys hoe die duif se olyftakkie lewe en hoop bring.
Soos Moses 80 jaar oud geword het, wat ooreenstem met Peh se getalwaarde, moes Hy onderdanig wees aan Abba en Sy mondstuk wees. Abba het hom as ‘n instrument opgerig, en netso wil Abba ons op Sy tyd ons oprig. Die vraag is, is ons bereid om elke woord wat ons spreek, te spreek met onderdanigheid aan Abba, om Hom eer te bring en om ‘n bron van lewe te wees vir ander? Ons woorde dra outoriteit en moet Yeshua se liefde en verlossing verkondig, sodat ons ander na Hom lei.
Die letter Quf, die 19de letter van die Alef-Bet, het ’n numeriese waarde van 100 en simboliseer heiligheid en afgesonderdheid. Die oorspronklike piktogram prentjie van die letter herinner ons aan ’n sonsopkoms, wat aansluit by verskeie Bybelse verwysings oor lofpryssing en ‘n soeke na Abba Vader.
In Psalm 119:145 beskryf Dawid hoe hy voor dagbreek uitroep na YHVH, terwyl Psalm 113:3 bevestig dat Sy Naam van sonsopkoms tot sonsondergang geprys moet word. Interessant genoeg begin die woord “Kadosh” (Heilig) met Quf, wat wys hoe Abba Vader afgesonder is van sonde.
Die woord Quf bestaan uit Kuf, Vav en Peh, wat saam ’n numeriese waarde van 186 vorm—dieselfde as die Hebreeuse woord “Elkana”, die Hebreeuse woord vir YHVH die skepper. Wat Abba Vader se Heiligheid en Almag beklemtoon en dat ons geroep word om Hom op ’n afgesonderde manier te dien.
Yeshua bevestig in Markus 10:30 dat wie vir Hom alles opgee, honderdvoudig (100) geseën sal word—wat aansluit by die numeriese waarde van die Quf (100).
Die letter Vav, wat die sesde letter van die Alef-Bet is, verwys na ‘n middel van verbinding. In Genesis 1:24-31 sien ons dat die mens op die sesde dag geskep is, wat hierdie letter direk met die mens verbind. Die oorspronklike prentjie van Vav is 'n spyker of tentpen, wat gebruik word om twee dinge saam te bind. Hierdie betekenis word duidelik in Yeshua se kruisiging: die spykers wat Hom aan die kruis vasgeslaan het. 'n Weg wat Hy gemaak het vir ons. Net soos die tentpenne die Tabernakel anker en verbind, is Yeshua die brug tussen hemel en aarde. Die eerste keer waar die Vav in die Woord voorkom, is in Genesis 1:1 in die sesde woord, ve’et (en), wat hemel en aarde verbind – net soos Yeshua dit vir ons gedoen het. Abba Vader het dus van die begin af voorsiening gemaak vir ons redding deur Sy Seun. Hierdie prentjie wys ons hoe Abba Vader intensioneel van die eerste woord af Sy plan vir verlossing openbaar – 'n liefdesverbond tussen Hom en ons.
Die vierde letter van die Hebreeuse Aleph-Bet en die vierde letter van die woord Pekudei, Dalet, verteenwoordig 'n deur of deurpost.
In Eksodus 12:7 word die bloed van 'n lam aan die deurposte gestryk, wat ’n geestelike prentjie vorm van hoe versoening plaasvind deur die bloed van Yeshua. Ons aksie is om Sy bloed te pleit oor ons lewens, sodat ons sonde nie langer vasbind nie. Hierdie daad bring ons in 'n plek van afsondering en intimiteit met Abba Vader.
Die Dalet simboliseer ook nederigheid, soos ’n mens wat voor 'n koning buig. Yeshua leer ons in Mattheus 20:26-27 dat ware grootheid in diensbaarheid lê. Wanneer ons Sy bloed toepas en Sy Woord bestudeer, bevestig ons ons verbond met YHVH en stap ons onder Sy beskerming.
Verder beteken "Delet" skeiding, soos in Genesis 19:6 waar Lot die deur sluit om sonde buite te hou. Die Dalet leer ons dus om sonde te vermy en in die lig van Abba Vader te wandel.
Die letter Yod is die tiende letter van die Hebreeuse Alef-Bet en dra die betekenis van volmaaktheid en goddelike orde. In die Woord sien ons die getal 10 verskeie kere as 'n teken van voltooiing—soos in die 10 keer wat God in Genesis 1 gesê het: “En God het gesê,” die 10 gebooie, die 10 geslagte tot Noag se vloed, en die 10 plae van Egipte.
Die Yod se oorspronklike prentjie is ’n arm en ’n hand, wat krag en outoriteit simboliseer. Die woord "Yad," wat van Yod afgelei is, word 1617 keer in die Bybel gebruik en wys op die hand van God en mens. In Genesis 3:22 verloor Adam sy goddelike outoriteit weens die sondeval, maar in Matteus 28:18-20 herstel Yeshua dit: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde."
Yeshua, die regterhand van Abba Vader, bring herstel aan die mens en vervul die prentjie van die Yod. Hy gee ons die mag om weer in verbond met God te leef. Die studie van hierdie letters openbaar die diepte van Abba Vader se Woord en Sy plan vir Sy kinders.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.