Mat. 21: 1-17

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 5 views
Notes
Transcript

Intog van Jesus in Jerusalem

Matthew 21:1 DIEBYBEL:A19331953
EN toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:
Matthew 21:2 DIEBYBEL:A19331953
Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ’n eselin vind wat vasgemaak is, en ’n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.
Matthew 21:3 DIEBYBEL:A19331953
En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.
Matthew 21:4 DIEBYBEL:A19331953
En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:
Matthew 21:5 DIEBYBEL:A19331953
Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ’n esel, ja, ’n jong esel, die vul van ’n pakdier.
Matthew 21:6 DIEBYBEL:A19331953
En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;
Matthew 21:7 DIEBYBEL:A19331953
hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.
Matthew 21:8 DIEBYBEL:A19331953
En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.
Matthew 21:9 DIEBYBEL:A19331953
En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!
Matthew 21:10 DIEBYBEL:A19331953
En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man?
Matthew 21:11 DIEBYBEL:A19331953
En die skare sê: Dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa.
Matthew 21:12 DIEBYBEL:A19331953
EN Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.
Matthew 21:13 DIEBYBEL:A19331953
En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ’n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit ’n rowerspelonk gemaak.
Matthew 21:14 DIEBYBEL:A19331953
En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.
Matthew 21:15 DIEBYBEL:A19331953
En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig
Matthew 21:16 DIEBYBEL:A19331953
en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?
Matthew 21:17 DIEBYBEL:A19331953
En Hy het hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betánië en daar vernag.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.