John 12: 1 - 21
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 14 viewsNotes
Transcript
Jesus word gesalf
Jesus word gesalf
Liewe brs en srs, in hierdie gedeelte lees ons van Maria wat baie duur nardussalf op Jesus se voete uitgegiet en Sy voete met haar hare afgedroog het. Die olie was reukvol want dit het die hele huis deurtrek. Dit is nogal interessant want in Matthew 26:6–13 lees ons die volgende “Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het ’n vrou by Jesus gekom met ’n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet. Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so ’n verkwisting?” vra hulle. “’n Mens kon die reukolie vir baie geld verkoop het en dit vir armes gegee het.” Jesus het dit gemerk en vir hulle gesê: “Waarom maak julle dit vir die vrou moeilik? Sy het ’n goeie daad aan My gedoen. Die armes het julle altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie. Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis. Dit verseker Ek julle: Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ’n herinnering aan haar.”” Hierdie vrou se naam word nie genoem nie. So Maria het Jesus se voete gesalf en die onbekende vrou Jesus se hoof. Meer interessant beide is vroue wat die hoof en voete gesalf het. Beide het nie omgegee hoe duur die olie was nie, maar het dit nodig geag om die daad te doen. Wat meer merkwaardig van Maria was dat sy nie omgegee het om haar nederigheid te wys deur Jesus se voete met haar hare af te droog nie. Ons moet in ag neem in daardie dae was vrouens se hare altyd bedek, dit was die tradisie, maar sy moes die oopmaak en losmaak om die daad te doen. Dit is duidelik dat die vrouens besig was om die goeie aan Jesus te doen, terwyl mans besig was om Sy dood te beplan, selfs sy eie dissipels het deelgeneem en verder was hulle ook besig om die vroue te kritiseer - die reukolie kon verkoop gewees het en die geld aan die armes gegee word, aldus Judas Iskariot. Dit is dieselfde Judas wat die kassier van die dissipels was en by tye hom self gehelp het, maar nou kamtag besorgd is oor die armes. Want hulle ongeveer ‘n jaar se geld vir ‘n werker gekry het indien hulle die olie verkoop het. Hulle kon dus baie armes gehelp het. Jesus se respons In John 12: 8 klink nogal eienaardig (“Die armes het julle tog altyd by julle, maar vir My het julle nie altyd nie.”” )
Liewe brs en srs, ons moet nie Jesus se respons verkeerd verstaan nie - dit is nie dat die armes minder belangrik is nie - Jesus sal van daardie tyd af nie meer lank saam met hulle gewees het nie - sy kruisiging, sy opstanding en daarna sy hemelvaart en dan is Hy vir ewig saam met Sy Vader - ‘n baie kort tyd - maar die armes - hulle is nog steeds vandag saam met ons.
Liewe brs en srs, indien ek u sou vra - sou u graag met Jesus op aarde wou wandel - is ek oortuig die antwoord sou onomwonde “Ja” wees. Ons sou alles in ons vermoe gedoen het in die direkte teenwoordigheid van Jesus gewees het - maar noudat Jesus aan Sy Vader se regterhand sit is ons nog steeds tevrede - want ons weet Hy tree daar vir ons in.
Liewe brs en srs, die vraag is wat leer ons uit die gedrag van die vroue? - om nederig en om te gee. Wanneer dit by Jesus kom moet ons nie afskeep nie, ons moet altyd ons beste gee - kyk maar na sportsterre - hulle oefen dag en nag om alles “perfek” te doen. Op Goeie Vrydag herdenk ons die perfekte geskenk aan die kruis - en ons - watter perfekte geskenk het ons in “stoor” vir Jesus, slegs gebreekte of gekraakte kleipotte (2 Kor. 4: 7), maar Jesus neem ons net soos ons is. Kom ons maak seker Jesus maak self die kleipot reg. Amen.
