Jesus se skielike verskyning
Sermon • Submitted • Presented
0 ratings
· 15 viewsNotes
Transcript
John 20: 19-25
John 20: 19-25
Liewe brs en srs, elke jaar is daar Bybelse dae waarna ons uitsien. Ons berei ons daarvoor voor en wanneer ons dit herdenk voel ons tevrede. Die kruisiging en opstanding van ons Here Jesus Christus is so ‘n gebeurtenis. Elke jaar, vandat ons gebore is en is begin hoor het van passnaweek sien ons daarna uit, want elke jaar bring iets nuuts. Hierdie jaar was sonder weerga so ‘n herdenking. Ek het vir u op ‘n vorige keer gevra hoe sou u gevoel het om in die direkte teenwoordigheid van die Here te wees - wat sou u gedoen - daarom moet dit vir die dissipels en ook vir die mense wat altyd saamgedrom het, ‘n absolute wonderlike ervaring gewees het.
Liewe brs en srs, in die gelese gedeelte sien ons die dissipels sit daar in hulle vertrek bang en beangs want hulle weet nie wanneer die Jode ook na hulle sal kom om ook vir hulle om die lewe te bring nie, want hulle het nie eens omgegee om Jesus te laat kruisig nie. Hulle het nog so gesit, toe Jesus deur ‘n geslote deur stap en hulle groet “vrede vir julle” (John 20:19). Ek is seker sommige moet seker net daar inmekaar gestort het van vrees, want wie op dees aarde kan so deur ‘n toe-deur stap. Want die toe-deur moes beskerming aan hulle gebied het, en nou - daar staan ‘n “persoon” in hulle midde. Voor hulle tot verhaal kon kom wys Jesus sy hande en Sy sy vir hulle - die bangheid verander in blydskap - en dan herhaal Jesus sy eerste woorde aan hulle “vrede vir julle”, maar Hy voeg by “soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook”. (John 20: 21). Hierdie “vrede” is nie die normale vredesgroet nie, maar hierdie vredesgroet bring ook blydskap - want u moet onthou hulle het reeds die boodskap ontvang dat Jesus lewe, en dat hulle vir Jesus moet wag - maar hulle bangheid vir die Jode het die ontmoeting met Jesus oorskadu - as we would put it - they could not think straight - being afraid of the Jews was too overwhelming” - maar dit is Jesus wat die bangheid en blydskap verander - maar Hy verhoog hulle blydskap, volgens Lukas 24:41 “Toe hulle van blydskap en verwondering nog nie kon glo nie, sê Hy vir hulle: “Het julle hier iets om te eet?”” - nou het hulle Jesus se stem gehoor, hulle het Sy merke gesien en nou eet Jesus saam met hulle gebakte vis (Lukas 24: 42) - nou het hulle die wetenskaplike bewyse dat die “persoon” wat daar in hulle midde is, is Jesus die opgestane Here. Dit moes al die twyfel en onsekerheid by hulle weggeneem het - wat van ons?
Liewe brs en srs, John 20 vers 21 hou drie aspekte in, 1. Jesus se groet (vrede vir julle); Hy lewe; en 3. die opdrag om die boodskap te gaan versprei. Aspekte 1 en 2 is baie duidelik, daarom gaan ek nou kortliks fokus op 3.
Liewe brs en srs, die opdrag is eintlik ‘n herhaling van die aanvanklike opdrag wat Jesus reeds in Matthew 10:5–15 “Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en die volgende opdragte aan hulle gegee: “Moenie met ’n pad na die heidennasies toe afdraai nie en moenie in ’n dorp van die Samaritane ingaan nie. Gaan liewer na die verlore skape van die volk Israel toe. Gaan verkondig: ‘Die koninkryk van die hemel het naby gekom.’ Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet. “Moenie vir goud of silwer of koper in julle beursies sorg nie en moenie vir die pad ’n reissak aanskaf of nog ’n kledingstuk of skoene of ’n stok nie. ’n Arbeider is tog geregtig op onderhoud. “As julle in ’n stad of dorp kom, stel dan vas by wie julle daar kan tuis gaan en bly by hom totdat julle die reis voortsit. As julle in die huis kom, wens die mense vrede toe. As die huismense se gesindheid goed is, handhaaf julle vredewens vir die huis. Maar as hulle nie goedgesind is nie, trek julle vredewens dan terug. As iemand julle nie ontvang nie en nie na…” Die opdrag in John 20 is dus nie iets nuut nie, Jesus het hulle eintlik net herinner om nie hulle opdrag te vergeet nie - maar Jesus het wel iets anders gedoen voordat Hy hulle uitgestuur het - John 20:22 “Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!” Nou is hulle gevul met die Heilige Gees - die Heilige Gees is volgens John 14:17 en John 16: 7 die Trooster of Helper - Trooster is die Parakletos - helper in alle fasette - regshulp, verdediging, advokaat, bemiddelaar of iemand wat voorspraak doen en daarom word daar oof na Trooster as Gids, raadgewer en Leermeester verwys.
Liewe brs en srs, as God se verteenwoordigers op aarde, het God aan ons die opdrag gegee om altyd met ‘n blye gemoed sy boodskap van hoop aan die hopelose wereld te verkondig - almal is nou ingesluit - Jood en nie-Jood - want Hy het ons ook toegerus om as Trooster of Helper op te tree - Hy het ons daartoe bemagtig. Kom laat ons ons tyd so gebruik om God se hande en voete hier op aarde te wees. Ons is reeds toegerus. Die Here seen u. Amen.
