Jong Volwassenes (2)

Sermon  •  Submitted   •  Presented
0 ratings
· 16 views
Notes
Transcript

Mar 7:1-23

A. Seremoniële tradisies
1. In (Markus 7:1-5) sien ons godsdienstige leiers van Jerusalem wat kom om Yeshua te bevraagteken oor die dissipels wat versuim om die seremoniële hande was te onderhou. Toe kom die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, by Hom bymekaar. En toe hulle sien dat sommige van Sy dissipels brood eet met ongewaste, hande, het hulle hulle daaroor ongelukkig geraak. Want die Fariseërs en al die Jode eet nie tensy hulle hulle hande in ‘n spesiale manier was nie, volgens die tradisies van die oudstes. En as hulle van die mark af kom, eet hulle nie tensy hulle gewas het nie. Daar is ook baie ander gebruike wat hulle onderhou, soos die was van bekers, kruike en beddegoed. Die Fariseërs en skrifgeleerdes vra Hom toe: “Waarom wandel U dissipels nie volgens die oorlewering van die oudstes nie, maar eet brood met ongewaste hande?”
Hierdie was nog 'n amptelike besoek van die godsdienstige leiers om Yeshua se bediening te evalueer. Reeds vroeër (Markus 3:22) het 'n soortgelyke groep Hom beskuldig van demoniese magte en het hulle Yeshua reeds geoordeel.
b. “Eet brood met ongewaste hande”: Hierdie hande was tradisie was seremoniële reinigings en nie net ‘n higiëniese kultuur nie. Dit het gekom uit die opdrag aan die priesters om hulself te was voor diens in die tabernakel (Eksodus 30:19-21; 40:12). Die mense het hierdie priesterlike voorskrifte toegepas op alledaagse lewe.
c. Dit is hier waar die Tradisie geheers het in hulle lewe bo die Skrif: Hulle kritiek was gebaseer op menslike oorlewerings, nie op Abba se wet nie. Die Jode het die oral torah soms hoër geag as die geskrewe Woord (Deuteronomium 4:2 – “Julle mag niks byvoeg by die woord wat ek julle gebied nie.”).
d. Hierdie rituele het strenger geword soos meer en meer opinies bygesit is: Ortodokse Jode sou selfs tussen maaltye hul hande was. Rabby’s het geglo dat brood sonder ‘n seremoniële hande was “so vuil soos mis” was. Een rabbi is selfs amper dood van dors, omdat hy sy water gereserveer het vir seremoniële was in 'n Romeinse tronk ipv om daarvan te drink. Ek dink dit is so eronies, dat daardie tradisies hulle geestelike dood ook wieërspieel.
Psalm 24:3-4 sê: "Wie mag opklim na die berg van die Here? Wie mag staan in Sy heilige plek? Hy wat skoon hande en 'n rein hart het."
e. Terwyl die oorspronklike bedoeling was om ontsag te hê vir Abba se teenwoordigheid, het die gebruik daarvan die plek van Abba se Woord ingeneem. Soos Paulus waarsku: "Pas op dat niemand julle as prooi wegvoer deur filosofie en ydele misleiding, volgens die oorlewering van mense..." (Kolossense 2:8).
2. (Markus 7:6-9) Menslike tradisie bo Abba Vader se wil
Yeshua antwoord en sê: "Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af."
a. “Die engelse vertaling sê Yeshua noem hulle hypocites”: Want in die uiterlike het hulle probeer hulle wys, hulle lewe soos Vader se Skrifte, maar in die innerlike is daar ‘n leemte van Sy teenwoordighied. Ware aanbidding moet uit die hart kom, nie net uit die mond se belydenis nie (Matteus 15:8).
b. “Tradisies van mense”: Wanneer menslike tradisie gelykgestel word aan Abba se gebod, lei dit tot ‘n wetiese lewe, waar daar ‘n leemte van vrug is. (vgl. Kolossense 2:20-23).
3. (Markus 7:10-13)Die misbruik van die konsep van Korban - offergawe
-Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe —
Yeshua verwys na die Wet van Moses: "Eer jou vader en jou moeder" (Eksodus 20:12; Deuteronomium 5:16), maar die godsdienstige leiers het maniere gevind om hul verpligtinge teenoor hul ouers te ontduik deur hul besittings as 'n 'offer' vir Abba te verklaar (Corban).
Hierdeur het hulle Abba se Woord kragteloos gemaak deur hul tradisie – iets waarvoor Abba hulle reeds in Jesaja gewaarsku het (Jesaja 58:1-5).
4. (Markus 7:14-16) Yeshua leer die skare oor ware reinheid
Yeshua sê: "Daar is niks wat van buite af in 'n mens ingaan wat hom kan onrein maak nie; maar wat uitgaan uit die mens, dit maak 'n mens onrein."
a. Innerlike-reinheid teenoor uiterlike-ritueel: Soos 1 Samuel 16:7 sê: "Die mens kyk na die uiterlike, maar Abba Vader kyk na die hart."
5. (Markus 7:17-23) Yeshua verduidelik verder aan Sy dissipels
a. Wat binne is, maak onrein: Bose gedagtes, owerspel, moord, diefstal, hebsug en ander sondes kom uit die hart (vgl. Jeremia 17:9 – "Bedriegliker as alles is die hart, ja, verdorwe; wie kan dit ken?").
b. Gevolgtrekking: Ware gehoorsaamheid begin by 'n veranderde hart deur die genade van Abba (vgl. Esegiël 36:26 – "En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.").
Die woord Shemini beteken "agtste", en dit kom uit die eerste woorde van Lev 9:1 wat sê: "EN op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep.”
Agt kan verwys na ’n nuwe begin, want dit is die eerste dag van ’n nuwe week. Maar as ons ook kyk na die Hebreeuse Alphabet dan sien ons verteenwoordig dit die letter “Chet” nou die prentjie van die letter skets vir ons ’n prentjie van ’n deur, ’n weg na iets.
Ons sien in Noag se ark was 8 mense gered, 8 wat die nuwe begin was van Abba Vader se nasie. Net soos wat Abba die ark vir hulle ’n weg gemaak het kon hulle deur die deur van die ark beweeg en ’n nuwe begin hê. So die prentjie van die deur in die Hebreeuse letter pas nogal mooi by die deur van die ark waardeer die 8 beweeg het, en waar hulle nuwe begin, begin het. 
Die woord Shimini bestaan uit 5 letters (Shin - Mem - Yod - Nun - Yod). Die gamatria waardes van hierdie letters is (300 - 40 - 10 - 50 - 10) wat optel tot die waarde van 410. Nou daar is nog ‘n woord wat ook op tel tot die waarde van 410.
Die woord “Ararat”, wat die naam is van die berg waarop Noag se ark geland het. Wat ook verwys na ‘n nuwe begin vir Noag en sy hele nageslag. Netso kyk ons in die week se gedeelte hoe Abba Vader wil hê Sy kinders moet wandel saam met Hom, wat Sy kinders se dieet is en hoe hulle afgesonder moet wees vir Hom. ‘n Nuwe begin in die wandel en verhouding met Abba Vader.
Nou hoe trek dit deur na die konteks waar ons die week is? Ons is in die Levitikus gedeelte waar die Tabernakel gebou is en Abba Sy instruksies gegee het rondom die prosedures rondom die Tabernakel en nou kan die wandel saam met Abba plaasvind. Die priesterskap kan nou plaasvind reg rondom die Tabernakel. Dit is hierdie teken van ’n nuwe begin want die kinders van Israel het alles wat vir hulle belangrik was aan Hom gegee, die Tabernakel is gebou, hulle is gewas, hulle reg om intiem met Hom te wandel en dit is hier waar ’n nuwe begin plaasvind. 
So wat ons van hier af leer is, in die wandel met Abba, hoe daar versoekings ons van die pad af wegly, hoe die begeerlikheid van ons hart en die begeerlikheid van ons oë en die grootsheid van die wereld veroorsaak dat ons die hand van Pappa laat gaan en weggevoer raak met die dinge van die wereld. 
In die gedeelte sien ons ook kom Nadab en Abihu en bring “strange fire” voor Abba. Ons sien wat met hulle gebeur het en hoe die situasie hanteer is deur Moses en Aaron. 
So da die inwydingsseremonie (waarvan Nadab en Abihu deel was, en kon gesien het hoeveel ontsag daar moet wees), het die twee seuns van Aäron probeer om op hul eie manier Abba Vader probeer nader, afgesien van die spesifieke prosedures wat Abba aan Moses geopenbaar het. 
Miskien was dit uit ’n plek van trots, of ambisie, of jaloesie, of ongeduld wat hulle gemotiveer het. Wat ook al hulle motivering was, dit was nie uit gehoorsaamheid aan Abba nie.
Dit was ook 'n misbruik van spesiale wierook. Hierdie wierook is vir Abba as heilig beskou en dit moes nie deur iemand gebruik word om te eksperimenteer nie, nee, dit was om Abba te heilig. 
Ook as ons dieper kyk in onheilige vuur was dit 'n vuur wat nie van die brandofferaltaar aangesteek is nie; dit was vuur wat nie met die versoenings- en verlossingswerk van offerande verband hou nie. So Nadab en Abihu kon maklik dink, “vuur is vuur; solank dit brand, is dit reg.” Maar as dit kom by Abba is daar vir seker orde, en jy kan Hom nie nader op jou eie manier. 
Nou ons lees in vers 2 “'n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here.” Nou dit is dieselfde vuur wat ons sien in Lev 9:24, so die vuur van Abba wat eers Sy glorie betoon het, het nou oordeel betoon. So ons moet besef dat wanneer ons so intiem met Abba Vader wandel en Hy kragtige werke in ons lewens doen, moet ons besef dat dit ’n groot verantwoordlikheid is om net te doen wat Hy behaag, want daar kom groter oordeel oor die wat naby Sy glorie wandel. 
Ons lees verder in vers 3 “Toe sê Moses vir Aäron: “Die Here het gesê: Wie 'n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.”
Baie dink hulle kan hul eie pad voor Abba kom en hul eie ding in Sy teenwoordigheid doen. Maar Abba vereis om as heilig beskou te word deur almal wat naby Hom kom.
Moenie 'n fout maak nie: Ons kan na Abba Vader toe kom net soos ons is, maar ons mag nie na Hom toe kom op enige manier nie. Ons moet kom in die manier wat Hy voorsien het, die weg wat Yeshua vir ons gemaak het.
Nou hierdie gedagte speel netso oor in die Haftarah gedeelte waar David die ark wou gaan haal het en na Jerusalem gebring het. 
Dawid het baie van sy beste soldate bymekaargemaak om die ark te gaan haal omdat dit 'n belangrike stap was om 'n sentrale plek van aanbidding te voorsien.
Ons lees in 2 Sam 6:3 “Hulle het die ark van God op 'n nuwe wa gelaai en dit weggevat uit die huis van Abinadab op die heuwel.” Nou die vervoer van die ark op 'n wa was teen Abba se wil omrede die ark ontwerp was om gedra te word (Eksodus 25:12-15) en moes slegs deur Leviete gedra word (Numeri 4:15).
En Abba wou juis hê die ark moes gedra word, want die ark was niks anders as Abba se teenwoordigheid nie, Abba se teenwoordigheid moet met ontsag gedra word as die grootste verantwoordelikheid en daarom kon dit nie net op ’n meganiese wa gelaai word nie, want daar is niks Meganies aan die intimiteit met Abba nie. Dit is tussen jou en Hom. 
Dan lees ons verder in vers 5 “Dawid en die hele Israel het uitbundig voor die ark van die Here gedans, begelei deur liedere, liere, harpe, tamboeryne, ratels en simbale.”
So die atmosfeer was vreugdevol en opwindend maar die probleem was dat niks daarvan Abba behaag het nie, want dit was alles in ongehoorsaamheid aan Sy woord.
Related Media
See more
Related Sermons
See more
Earn an accredited degree from Redemption Seminary with Logos.